Samewerking sal korrupsie in kiem smoor, sê Radebe

Jeff Radebe. Foto: GCIS

Algehele samewerking is nodig om korrupsie die nekslag toe te dien, het die minister van beplanning, monitering en evaluering, en die voorsitter van die nasionale beplanningskommissie, Jeff Radebe, Sondag gesê.

Radebe het by ʼn teenkorrupsiebyeenkoms in Pretoria gesê almal in die staat moet saamwerk en hul onderskeie kundigheid, vermoëns en hulpbronne inspan om korrupsie finaal tot ʼn einde te dwing.

Die Nasionale Ontwikkelingsplan het weer erken dat korrupsie ʼn knelpunt is wat slegs met deursettingsvermoë en groepsamewerking stopgesit kan word.

Radebe sê daar is dus ʼn nuwe strategie ontwerp wat gaan help om korrupsie in die privaat én openbare sektor te bestry.

“Ons moet te alle tye met integriteit optree en gesamentlik werk om te veg teen hierdie verswakkende plaag wat ons land se status besoedel en ʼn grap maak van die grondwetlike waardes wat ons liefhet.

“As regering is ons goed bewus van die omvang van hierdie taak, sowel as die deurdringende skeptisisme en wydverspreide negatiewe persepsies waarmee ons pogings om korrupsie te beveg, beskou word. Na ons mening is daar geen grondslag vir hierdie negatiwiteit nie, veral as die talle inisiatiewe wat ons in werking gestel het, in ag geneem word, asook die meer as beskeie sukses wat ons in die loop van die stryd daarteen aangeteken het,” sê Radebe.

Deel van dié nuwe strategie is ook om amptenare wat hulle al vantevore aan korrupsie skuldig gemaak het, aan die pen te laat ry.

Radebe sê die staat beoog steeds om teen 2019 niks minder nie as altesaam 120 amptenare vir korrupsie vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Stephanus ·

Begin met jou president zuma en kla kom aan vir korrupsie Radebe!!

Cherokee ·

En ek is ook nie seker van jouself want, jy is anc.
Stefaans, ek volg nou jou voorbeeld en praat met hulle in MM want jy sê hulle lees hier.

Swanna ·

Ek se ook so. Begin by JULLE hoe bome en begin om hulle uit te kap dan sal die kleinjie somer self vrek.

humor ·

Min Radebe u praat van morelewaardes wat in sekere geledere nie gevind kan word nie. Maar tog het ons waadering vir wat u se. n Goeie vertrekpunt sou wees by die heraangestelde hoof van Eskom.

Vryheid ·

Ja Lucy die woorde uit my mond gevat. Die korupsie is so diep gewortel, jy kan nie net die blare van die siek boom snoei nie dit moet wortel en al uitgetrek word.
Hoe verander jy die persone wat klaar die korupsie gepleeg het- gunste is gekry en dit moet weer terug gegee word, ek sal nie praat as jy nie praat……

Johanna Botha ·

Kry die mense nie skaam dat hulle sulke voorstelle moet maak en dit nie deel is van hoe daar normaalweg gewerk word nie …dis n skande …what next !

Johan. H. ·

Te min te laat, Jy is deel van die klik….. Nou skielik moet dit en dat gedoen word, Want julle sien daar is niks meer om te steel nie.,…Ons sien deur julle.
Ek hoop die minder slim mense in die landelike gebiede sien ook deur julle…

Johann ·

Die arrogante vermetelheid! Om die woord integriteit te durf noem? 120 amptenare voor 2019? Net Zuma en sy Zumaikies oortref daai getalle voor Vrydag.

Rats ·

En wie is op die anti korrupsie kometee?, Jeff Rade, Dhlamini van SASSA. Need to say more? so al wat ek kan sê is die komitee is n klug, vat die anti voor weg dan stem ek saam.

John ·

?… daar is geen grondslag vir negatiwiteit nie ?.. Eerlikwaar. Die oom weerspreek homself. Watter patetiese sirkus toer nie reeds die afgelope 23 jaar deur die land nie… Die opkoms is swak en toegang is al gratis, eetgoed is op die huis, die leeus eet gereeld van die toeskouers op en die sirkustent fladder in elke dwarrel die lug in op, maar die sirkusbaas byt vas… in die hoop op beter dae… met ‘n nuwe bestuur, nuut getooi en beloftes van groter staanplek vir die opkoms se merc’s… En die klein Indiese olifantjie se naam is Gupsie… te oulik…

Justice ·

Kom dit van Zuma se nommer 1 man in die Presidensie – wie probeer hy beindruk?

snoefie ·

nee mnr radebe, dit is nodig dat jy en ander soos jy EEN AMP EN NET EEN BEKLEE om wat jy doen, goed te doen. op daardie manier skep julle sommer werksgeleenthede ook. praat van selfsug as hulle daar in die parlement sit as veelvoudige fakkeldraers en salaris wat met elke fakkel kom.

Mickey ·

Teen 2019 is die koffers in elk geval so leeg dat die probleem homself klaar opgelos het. Jy kan nie iets steel wat nie meer daar is nie.

marous ·

120 Amptenare teen 2019 ? Is dit nou vir gevalle van meer as R10 biljoen alleenlik ? As agbare Radebe sy mond oopmaak val daar snaakse gebrabbel uit…. “geen grondslag vir negatieweteit nie” Party mense was baie lank op universiteit ….in ‘n glas bottel …..

Piet Pille ·

Mnr Radebe babbel vir die oningeligtes. Klink dieselfde as oom zumpie wat reken en verkondig dat Dlamini Zuma sterk staan teen korrupsie en nie omgekoop sal word. Ha Ha met ‘n van soos Zuma?

EB ·

Hoekom het dit begin….en was dit gelos om uit te kring tot. waar dit vandag is?
Daar is geen manier hoe dit sal ophou ook nie. Julle het eenvoudig nie die integriteit nie!

Johannes Meintjes ·

Ek stem met die mening saam dat korrupsie nie korrupsie kan genees nie. Selfs ons gemeenskappe, besighede en kerke het in sekere opsigte al korrup, oneerlik, oneties en onvrugbaar begin raak. Die boom (kerk, regering, ekonomie en gemeenskap) word aan sy vrugte (en sy wortel) geken.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.