SAMRK ‘vriend’ vir ongedokumenteerde leerders

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) het Dinsdag toestemming ontvang om as ʼn vriend van die hof toe te tree in ʼn saak waar die Sentrum vir Kinderregte die minister van die onderwys voor die hof daag om die reg op onderwys vir ongedokumenteerde leerders te verseker.

“Die SAMRK is hoopvol dat hierdie litigasie broodnodige duidelikheid oor die omvang en betekenis van die reg op basiese opvoeding vir ongedokumenteerde leerders sal gee,” het hy in ʼn verklaring gesê.

“Ondanks die leiding wat deur internasionale menseregteliggame gegee is, wat bevestig dat die reg [op onderwys] gewaarborg is vir alle mense ongeag hulle wetlike status, verskaf die regstelsel in Suid-Afrika tans nie voldoende beskerming aan sulke leerders nie.”

Die SAMRK sê menseregte is aan alle mense gewaarborg en om kinders toegang tot basiese onderwys te verbied sal vernietigende gevolge vir die betrokke individue en die land as geheel inhou.

“Daarom is hierdie saak belangrik om te verseker dat die land homself in ooreenstemming met internasionale menseregtestandaarde bring. Dit is ʼn noodsaaklike stap om universele toegang tot die reg op basiese onderwys, niediskriminasie en waardigheid, asook die regte van die kind in Suid-Afrika te verseker.”

Die saak sal in September in die Grahamstad-hooggeregshof in Makhanda begin.

Die SAMRK sê dat hy intussen sal voortgaan om betrokke te raak by relevante belanghebbendes oor beleidshervorming en tydelike maatreëls om te verseker dat die regte van kinders beskerm en gehandhaaf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Dus moet ons belastingbetalers opdok vir onwettige immigrante se kinders se skoolgelde!?

Cora Simpson ·

Basiese onderwys vir KINDERS.. Maar daar is 19 tot 23 jariges wat selfs eie kinders het op die skool banke. Trek ‘n streep by 18 jaar en kry skole vir volwassende “kinders” op die been

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.