Samsung steek stok in wiel van TV-plunderaars

Foto: AP Photo/Lee Jin-man

Samsung Suid-Afrika het gesorg dat plunderaars wat in Julie vanjaar Samsung-televisiestelle in KwaZulu-Natal (KZN) gebuit het, ʼn slegte “verrassing” gaan kry wanneer hulle dié toestelle probeer aanskakel.

Volgens Mike van Lier, direkteur van verbruikerselektronika by Samsung Suid-Afrika, is ʼn ingeboude versperringstelsel genaamd TV Block reeds op 11 Julie op alle toestelle wat uit hulle Cato Ridge-verspreidingsentrum in KZN gesteel is, geaktiveer.

TV Block is hoofsaaklik ontwikkel om televisiestelle onbruikbaar te maak wanneer dit op ʼn onwettige manier bekom is.

Die maatskappy het verduidelik dat TV Block in werking tree sodra die gebruiker van ʼn gesteelde Samsung-televisiestel dit aan die internet wil koppel om dit sodoende aan te skakel.

Sodra die televisiestel aan die internet gekoppel is, word dit deur Samsung se bediener geïdentifiseer aan sy reeksnommer en word die versperring geaktiveer, wat al die funksies van die toestel afskakel.

Sou dit gebeur dat ʼn kliënt se televisiestel verkeerdelik versper word, kan Samsung die toestel se funksies heraktiveer sodra ʼn koopbewys en ʼn televisielisensie getoon kan word.

“As organisasie erken ons die sleutelrol wat ons speel om ons kliënte gemoedsrus te gee. As ons saamwerk, kan ons die ongekende ontwrigting aan sakeondernemings, wat onlangs deur soveel van ons ervaar is, oorkom.

“Dié tegnologie speel ʼn positiewe rol te midde van dié uitdagings, en sal ook voortaan vir die bedryf en die kliënte van nut wees,” het Van Lier gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Misky ·

Oh jitte, hier kom vet pret en ek kan nie wag om te sien wat volg nie – ha ha ha ha

piet ·

En as jy die tv aanskakel sonder enige internet verbinding? So as jy nie die tv gebruik vir internetfunksies nie, beteken die versperring zero. Boonop dink ek die versperring chippie is al lankal deur die skelms uitgefigure/verwyder. Nee wat, dit gaan nie keer dat die tv gebruik word nie. Wat wel kan werk, is as die tv “by default” gedeaktiveer word by die fabriek en slegs geaktiveer kan word by die handelaar waar jy dit koop.

Windhond ·

baie van daai tv’s is met lang slap karre weggery, die maploeters wat die steelwerk gedoen het, het meeste van daai goed vir harde kontant verkoop, en n “SMART” Tv beteken elk geval boggerall sonder internet

Frieda ·

Die probleem is hulle kry toegang op een of ander manier soos met alles.

Mariana ·

Briljant, maar vir skelm sal daar altyd ander uitweg wees.

Boerkind ·

Is daar nie dalkies so iets vir ‘n patetiese, korrupte regering nie??

SjN ·

En die ariel waspoeier wil ook nie werk as attena vir TV nie, eish, bad luck.

Jr ·

Samsung moes liewerste stil gebly het oor dit. Want nou is daar kans vir n korrupte werker by Samsung om n miljoener te word as hy dit illegally by pass

Chuck ·

Ek vra onwillekeurig….en as dit nie aan internet gekoppel word nie? Ek glo dat die plunderaars meestal uit omstandighede kom waar internet ‘n luukse is, maar elke dak wys ‘n skottel antenna! So word hulle werklik gestop om die Tv te gebruik, Samsung? Ek twyfel sterk!

Swerwer ·

Pragtig, Flink gedink. Iemand het darem beheer geneem om hierdie wetteloosheid wat die Regering nie kan beheer nie te kortwiek!

Gert ·

Samsung moet die storie versprei dan hulle alle TVs sal aanskakel ongeag, maar persone moet ‘n vooraf afspraak maak. Laat die polisie bystaan en as die persone inkom arresteer hulle dan! In die VSA het dit gewerk toe die FBI aan honderde gesoekte kriminele bootskappe gestuur het dat hulle $ 10,000-00 gewen het!

Niel ·

en SABC mag dalk besluit maar dis ‘n oulike ding… as mense nie hulle tv lisensie betaal nie… hmmm

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.