Samwu aangekla ná stadsaal brand

Foto: Twitter via Arrive Alive

ʼn Klag van opsetlike saakbeskadiging is teen die munisipalewerkersvakbond Samwu en sy provinsiale sekretaris, Thabang Tseoua, aanhangig gemaak nadat die Bloemfonteinse stadsaal Woensdagaand in ʼn brand verwoes is.

Devar Smit, VF Plus-raadslid in die Mangaung-metro-munisipaliteit, het in ʼn verklaring gesê die klag is Donderdag by die Parkweg-polisiestasie aanhangig gemaak.

Maroela Media het vroeër berig die stadsaal is heeltemal verwoes in ʼn brand wat ontstaan het kort nadat Samwu-lede by die gebou vergader het. Samwu-lede by die Mangaung-metro-munisipaliteit staak al weke lank weens ontevredenheid oor salarisse.

Simon Mathe, Samwu se algemene sekretaris, het egter Donderdag ontken dat enige van Samwu se lede by die brandstigting betrokke was en beweer Samwu se lede was reeds weg uit die omgewing toe die gebou vlamgevat het.

Smit het in ʼn verklaring gesê die VF Plus het vroeër by monde van raadslid dr. Elizabeth Snyman-Van Deventer vir Samwu gemaan om sy lede in toom te hou nadat stakers ook onder meer elektrisiteitsdrade in woonbuurte soos Botshabelo en Dan Pienaar geknip het. “Tseoua het op die aanmaning gereageer deur enige bewerings van geweld deur Samwu-lede ten sterkste te ontken en te sê die VF Plus suig hierdie aantygings uit hul duim,” het Smit gesê.

Volgens Smit het Tseoua ook aan ʼn plaaslike koerant gesê indien die VF Plus glo dat Samwu by die brandstigting betrokke was, moet hulle die saak by die polisie aanmeld. “Dit is dan presies wat ons vandag gedoen het. Dit was mnr. Tseoua en sy organisasie se plig om hul lede gedurende hierdie uitgerekte staking in toom te hou en hulle is aandadig aan die verwoesting van ʼn besonderse erfenisbate en ander eiendom en moet strafregtelik aangekla word,” het Smit gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Dries ·

Daar brand die Stadsaal ook geheimsinnig dalk is dit ” fopnuus”

Pieterlewismuts ·

Dit het lankal nodig geword dat die organiseer der van “oproer” aanspreeklik gehou word vir skade aan.openbare of privaat eiendom tydens be tog Ing geweldadige of te not

Anoniem ·

Hulle kry vir ten minste 10 jaar geen verhogings nie. Die geld wat so gespaar word, kan gebruik word vir die herstel van die stadsaal.

Jordaan ·

En sny sommer ‘n klomp poste ook, helfte doen in elk geval min of niks

Spyker ·

Wat van tronkstraf vir hulle!!! As dit ek was wat wit is sou ek tronk toe gaan vir dit, bietjie tyd dat die speelveld gelyk gemaak word vir almal!!!! Dit is mos n demokratiese land of hoe nou?!!!!!

broos ·

nee wat…..hoekom moet alles weer van vooraf opgebou word? laat hulle sonder ‘n gebou , EN sonder werk sit! as hulle wil werk moet HULLE die gebou weer van vooraf opbou. hulle is vinnig om alles te vernietig maar wil dan na die tyd kammastig huil en bakhandjie staan

Ysbeer ·

Nou dink hulle vir een oomblik dat die vakbond vir die skade gaan betaal. Wat n groot grap!

jaco ·

SAMWU is geaffilieer by COSATU en COSATU is in alliansie met die ANC. Die ANC beheer Bloemfontein se stadsraad en die SAPD en die howe. So eintlik kla die ANC die ANC aan. Dit gaan ‘n interessante saak wees…

Andre ·

Wat ek nie kan verstaan nie is hoe die klag van sabotasie uit die wetboek verdwyn het. Is dit nie wat dit was nie? Saakbeskadiging klink of iemand met ‘n kettie ‘n klip deur die gebou se venster geskiet het. En wanneer treinspore of kabels gesteel word? Ek weet blykbaar nie wat die twee terme beteken nie.

Marius ·

Julle wat alles so lekker aan die brand steek…….. Weet dit….Eendag gaan JY brand…….in die HEL!!!!!!!

Albert ·

Einde v/d Dag kan dit wees dat die belasting betaler gaan opdok.Vra maar net?

Zirk ·

My simpatie lê by VF+ wat die klag aanhanging gemaak het. Die wet sê; hy wat beweer moet bewys. Is daar al ooit ‘n vakbond skuldig bevind op die klagtes van saakbeskadiging, brandstigting, sabotasie, diefstal, publieke oproer ens. Weinig, indien enige. Daarom wil ek hulle sterkte toewens. Vakbonde is in wese destruktief en hulle kom weg met moord, want hulle weet hulle gaan skotvry daarvan afkom.

nieBAFUnie ·

Die uwe Simon Mathe(Samwu Alg Sekr) se stelling dat hul lede nie vir die brand verantwoordelik is nie is ‘n duidelike onderskatting van alle redelike verstaanbare en verstandelike kommunikasie. Ons en jy weet dit is ‘n klomp onbeheerbare stakers wat hierby betrokke is. As dit nie jou lede is nie ,wie is dan in hegtenis geneem of wys die skuldiges uit soos dit enige wetsgehoorsame burger betaam. Dus, verander die klag van opsetlike saakbeskadiging na hoogveraad en sabotasie en gooi die sleutel weg!! Almal in die land is nie BAFU nie.

Sw ·

Ñ Anargis kan baie maklik destruktief raak. Hoekom? Want dit wat hy afbreek en verwoes is nie sy eiendom nie en dit raak hom glad nie finansieël nie.
Dis tyd wet verander word wat die oortreder sal dwing om finansieel by te dra tot die verwoesting wat hy veroorsaak het.

Basjan ·

Iewers is iets aan die broei. Die brande (Bloemfontein en Knysna) is net ‘n misleidingsplan om die aandag af te trek van ander, groter moeilikheid wat besig is om plaas te vind of wat gaan plaasvind.

a ·

Ek hoop van harte daar is iemand by Parkweg wat brandstigting kan ondersoek en bewys. Die polisie was op die toneel toe die brand begin het en daar is steeds geen duidelikheid wie dit kon wees nie. Wie het daai deur gesluit wat hulle probeer oopbreek het? Is die persoon opgesluit? Of moet ons steeds bang wees dat hy nog toy-toy of verder vure maak? Stel ons gerus, asseblief!

Pietie ·

Hierdie tipe vakbonde ontken gewoonlik / altyd aanspreeklikheid vir die wandade wat voortspuit uit hul optredes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.