Samwu distansieer homself van ‘chaotiese’ Kaapstad-optog

Die Samwu-optog in Kaapstad se middestad op 6 Mei 2015. Talle straatverkopers se stalletjies is geplunder. Foto: @EWNReporter op Twitter.

Die Samwu-optog in Kaapstad se middestad op 6 Mei 2015. Talle straatverkopers se stalletjies is geplunder. Foto: @EWNReporter op Twitter.

Die munisipalewerkersvakbond Samwu het Donderdag gesê die plundery van straatverkopers se stalletjies tydens ʼn optog deur die vakbond was die werk van “opportuniste en misdadigers”.

“Ons distansieer onsself van hierdie voorvalle en glo dit is die werk van opportuniste en kriminele elemente wat straatverkopers wou uitbuit,” het die vakbond in ʼn verklaring gesê. “Ons veroordeel die stad se besluit om ʼn groot aantal gewapende polisiebeamptes te ontplooi wat slegs daar was om stakende werkers te intimideer.”

Die polisie het Woensdag met skokgranate op die Samwu-lede losgebrand toe chaos tydens die optog uitgebreek het. Straatverkopers se stalletjies is geplunder en rommel is in die strate gegooi terwyl lede van die vakbond na die burgersentrum opgeruk het. Die werkers eis salarisverhogings en vervoertoelaes.

Die vakbond het gesê sy lede is “gedissiplineerd en klasbewus”. “Daarom is ons oortuig dat nie een van ons lede aan die plundery deelgeneem het nie,” het Samwu gesê.

Die grondwetlike hof het in 2012 beslis dat vakbonde aanspreeklik is vir enige skade wat aangerig word tydens ʼn staking. Talle besigheidseienaars en straathandelaars het die hof genader ná ʼn chaotiese optog deur die SA Transport and Allied Workers Union (Satawu) in dieselfde jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Nestus Venter ·

Snaaks dat die “opportuniste en misdadigers” net uitkom as daar optogte is. En dan arm mense beroof. En niemand van die pligsgetroue vakbond hulle keer nie.

Hein Stander ·

Dit blyk dat ‘n klasbewuste gedisiplineerde barbaar maar net ‘n barbaar bly.

Peet Schabort ·

Eintlik moes die straatverkopers maar liewer nie daar gewees het. Hulle weet mos al by hierdie tyd wat gaan gebeur. Ook die vullishouers word nie teruggehou.
Sal mense ooit leer hul is in Afrika?

CHRISTA ·

Jy kan net vir hulle jammer voel! Hulle het NIKS tussen die ore nie!

J.Z ·

Die vakbond wil klaar hul hande in onskuld was en die skuld op die polisie pak,hulle het by die ANC geleer ,”moenie vir ons kyk nie, dit is nie ons nie,dit is net misdadigers” Of verwys hulle miskien nou na hul lede in die optog wat hulle gehou het? Of ook ontken hulle dat dit nie hul lede was wat in die optog was nie.

Hein Stander ·

Gelukkig is dit nie hierdie keer Jan van Riebeeck se skuld nie -al was hy daar naby opgemerk

pop ·

Satawu maar daar se julle dit nou self. oppertuniste en straatboewe. Is mos julle daai???????

carel ·

CRIMINALS………………………………Criminals………………………………criminals…………………that is all they are………………………

Macy ·

Criminal Animals…because humans beings are not like that. And I do not mean to insult good animals like dogs or cats…these are wild animals.

Marietjie ·

Whahahaha gedissiplineerd en klasbewus? Kan ek vir jou ‘n woordeboek bring om die woorde se betekenis op te soek? Waarom dan die veroordeling oor die Polise se teenwoordigheid? As julle aan niks skuldig is nie, is die Polisie mos eintlik welkom om julle te beskerm teen die opportuniste en misdadigers?

Griki ·

Het hulle dalk van die moeilikheidmakers in hegtenis geneem? Dan kan daar mos maklik vasgestel word of dit lede is of nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.