Samwu-lede ruk môre op na dié munisipaliteit

Pikitup-werknemers wat deel is van die vakbond Samwu op 8 April 2016 buite Samwu House in Johannesburg se middestad (Foto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) het aangedui dat van sy lede Donderdag na die kantoor van die Midvaal-munisipaliteit suid van Johannesburg sal opruk om ʼn memorandum te oorhandig.

Die memorandum handel glo oor toestande waarin werkers moet werk.

Papikie Mohale, Samwu se woordvoerder, het gesê die optog volg nadat talle kwessies al met die munisipaliteit bespreek is en glo geïgnoreer is. Samwu-lede wat by die munisipaliteit werksaam is, het verlede jaar ʼn gewelddadige betoging gehou en dienslewering onderbreek selfs al was die staking as onwettig verklaar. Die Midvaal-munisipaliteit wat Meyerton, Daleside, Randvaal, Henley-on-Klip, Walkerville en De Deur insluit bied dienste aan meer as 111 000 mense en meer as 29 000 huisgesinne.

Mohale het gesê die memorandum sluit in aantygings van wanadministrasie, kwessies rondom die toekenning van tenders, rassisme, seksuele teistering en kwessies rondom aanstellingsprosesse.

Werkers sal volgens Mohale teen 09:00 bymekaarkom en die memorandum om 12:00 oorhandig.

Mohale het verder aangedui dat lede vir ʼn onbepaalde tyd elke dag van 07:30 sal betoog in die parkeergebied van die munisipaliteit.

Albert de Klerk, die munisipale bestuurder, het intussen bevestig dat Samwu die munisipaliteit van die betoging in kennis gestel het. Hy inwoners verseker dat die munisipaliteit alles in sy vermoë gedoen het om te verseker dat dienslewering onverpoosd voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

willie ·

Met al die stakings wanneer werk die mense dan? Geen wonder dienste is so agtergeblewe nie! PATETIES

TDW ·

Ja, hierdie midvaal word deur die DA onderhou, dis die beste munisipaliteit in die omgewing. Die een reg langsaan, Emfuleni(ANC), het soveel skuld dat die mense van volgende week af beurt krag gaan hê. Emfuleni het al die trix in die boek probeer om saam te smelt met midvaal, want midvaal het geld agv goeie administrasie en emfuleni is die teenoorgestelde. Die staking is net nog ‘n stap na chaos. (Midvaal se geld wat hulle kry is minder as emfuleni s’n, maar emfuleni(ANC) wil alles hê)
Maroela, doen asb nog ‘n berig hiervan, maar gee asb hierdie feite, sodat ons lesers kan verstaan hoekom daar regtig gestaak word. Dis altyd die goeies wat in die slag bly na so ‘n staking. Wie betaal hulle vir hierdie staking (leë beloftes miskien?)

Lollie ·

Net in ń ander berig word gepraat van die duisende werkloses. Hierdie mense wat alewig ontevrede is en dan strike en alles omvergooi, laat hulle net hulle baadjies vat en loop! Die huidige werkloses sal wat wil gee om ń werk te hê! Gee iemand anders ń kans wat WIL werk om ook kos op die tafel te kan sit. Indien enige onderneming so iets kon doen sou almal mooi in hulle spore getrap het en nooit daaraan gedink het om te strike nie maar die ANC het dit mos gewettig. Chaos!!!!

Eddie ·

Lollie, ek stem 100% met jou saam. Gee die jobs vir die wat wil werk en laat die klomp stakers sonder salaris klaarkom. As hy wil staak is hy in elk geval nie ernstig oor sy werk nie.

nieBAFUnie ·

Hierdie sogenaamde redes vir die staking is net die verskansing om wetteloos en vernietigend op te tree. Hoop daar is nie kultuur-historiese geboue in die nabyheid nie.

John ·

Die ANC gaan tot 2019 meer en meer DA-munisipaliteite teiken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.