Sanco betreur prof. Wiechers se afsterwe

Prof. Marinus Wiechers. Foto: Forum Nuus

Die burgerregtegroep  Sanco het hul hartseer uitgespreek oor die dood van professor Marinus Wiechers.

“Suid-Afrika is beroof van ʼn nederige patriot, intellektuele reus en regskenner,” het Sanco Sondag in ʼn verklaring gesê.

Maroela Media het vroeër berig  Wiechers is Vrydagaand in die ouderdom van 81 oorlede. Wiechers was ʼn voormalige rektor van Unisa en is as een van Suid-Afrika se mees vooraanstaande grondwetkenners geag.

Volgens ds. Petrus Venter, predikant van die Gereformeerde Kerk Pretoria (Paul Krugerkerk), waarvan Wiechers jare lank ʼn lidmaat was, het Wiechers ʼn geruime tyd met hartprobleme gesukkel wat uiteindelik ook veroorsaak het dat hy probleme met sy ander organe ervaar het.

“Ons is hartseer oor die dood van prof. Wiechers en wil ons medelye met sy familie, kollegas, regslui en die akademici betuig oor die verlies van dié merkwaardige individu wat onder die wit Suid-Afrikaners getel het wat ʼn onskatbare toevoeging gemaak het tot Suid-Afrika se oorgang na demokrasie,” het Jabu Mahlangu, Sanco-woordvoerder, gesê.

Mahlangu het verder gesê toe Suid-Afrika hul weg uit die apartheidsmoeras wou vind, het akademici en grondwetkenners soos Wiechers die “onvermydelike weg” aangetoon. “Hy sal onthou word vir sy dapper leierskap,” het Mahlangu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.