Die burgerregtegroep Sanco (South African National Civic Organisation) het Sondag gesê hy hoop ʼn nuwe loonaanbod sal ʼn einde bring aan die landswye busstaking.
Die organisasie het partye gemaan om die loononderhandelings, wat ʼn dooipunt bereik het, te finaliseer om die uitgerekte busstaking tot ʼn einde te bring, het Jabu Mahlangu, woordvoerder vir Sanco, gesê.
Die onderhandelingsraad en die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het ʼn aanbod van 8.75% vir die eerste jaar en 8.25% vir die tweede jaar voorgestel, het hy verduidelik. Werkers staak al byna ʼn maand lank, en eis ʼn verhoging van 9%.
Mahlangu het gesê pendelaars kan nie bekostig dat die busstaking verder voortduur nie. “Dit vir sommige van hulle maande duur om te herstel van die impak wat die staking gehad het op hul uitgawes.”
Alhoewel ander openbarevervoerverskaffers uit die staking voordeel getrek het, is pendelaars die swaarste getref. Hulle het in sommige gevalle laat opgedaag by die werk, of laat by die huis gekom, hul veiligheid was in gedrang en sommige het werksverliese gely. “Sommige pendelaars moes hoërentekoerslenings aangaan om die ekstra uitgawe te dek,” het Mahlangu bygevoeg.
Soos ek verstaan kry die drywers nie betaling tydens die staking.
Hulle staak nou al vir een maand.
So hulle verloor een maand se salaris. Dit is 8,3 % van hulle jaar se salaris.
Dit wil sê die al kry hulle nou hulle sin het hulle klaar die verhoging se geld verloor
Vrugteloos en bloot “stupid”
En die arme pendelaars verloor ook deur ure in rye te wag vir taxis
Die stakers kan nie logies dink of sommetjies maak nie.Almal is beslis ongeskool!
Ek wonder wat gaan almal doen as die buseienaars net besluit om al die busse te verbrand en hul deure toe te maak. Party plekke bied geen verhogings aan nie, en dan moet mens maar tevrede wees as jy jou werk wil behou. Iets is beter as niks in baie gevalle.