Sanco maan munisipaliteite om Eskom-skuld te betaal

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Die South African National Civic Organisation (Sanco) het Saterdag ʼn beroep op munisipaliteite gedoen om hul Eskom-skuld te vereffen om te verhoed dat talle elektrisiteitsverbruikers sonder krag sal moet klaarkom.

Dit volg nadat Eskom kennisgewings aan verskeie munisipaliteite in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap gestuur het om hulle in te lig dat hul kragverskaffing binnekort opgeskort sal word indien hul grootmaat-kragrekeninge nie betaal is nie.

Jabu Mahlangu, woordvoerder van Sanco, het gesê dit is nie regverdig dat gemeenskappe ongerief moet verduur weens beweerde wanadministrasie of munisipaliteite se onvermoë om uitstaande skuld te betaal nie. Hy het ook beklemtoon dat munisipaliteite by hul betalingsplanne moet hou wat hulle met Eskom ooreengekom het.

“Om gereelde kragonderbrekings en kragafsluitings te verduur sal verbruikers met geen ander keuse laat as om te eis dat elektrisiteit direk by Eskom aangekoop word om die risiko van elektrisiteitsaankope deur munisipaliteite uit te skakel nie,” het hy gesê.

Mahlangu het Eskom aangemoedig om sy skuldinvordering doeltreffend te handhaaf en te verseker dat skuldvlakke tot ʼn minimum beperk word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieter dp ·

Hoe gaan die klein dorpies dit reg kry. Daar is te veel wat krag verniet kry en te min om hul te dra. Dis lè ek die skild by die regerinde regering met hul wanatmenistrasie en wegee beloftis.

DPJ ·

Julle moet nou dophou wat word van die storie.
Verkiesing vir plaaslikeregering is op hande.

Johann Marx ·

Waarom het enige iemand nog ‘n munisipaliteit nodig? Laat die inwoners self hulle woonbuurte bestuur en onderhou…..dan sal jy gou sien wat die probleem regtig is. Op die oomblik betaal die inwoners van Johannesburg R3 BILJOEN per jaar meer as wat hulle moet vir elektrisiteit………..om Jo’burg Metro se verliese met “gratis” krag aan informele nedersettings te dek. Ek kan nie langer meedoen aan hierdie gemors nie…

Wat-ek-lees ·

Jy is reg Johann, mislikepalityte is middelmanne.
#Municipalities must fall.

Ina Smith ·

Ons betaal elke liewe maand duisende RR’s aan ons elkektrisiteit rekeninge , Ons Munisipaliteit betaal nie Eskom nie die gelde word vir ander doeleindes gebruik , waarom moet mense wat wel betaal ly onder wan bestuur en nie betalende persone se skuld , ander gebiede betoog en maak amok dan word hul agterstallige gelde afgeskryf?? en ons wat wel betaal sn word afgesny as jy R50 agterstallig is ??Ons moet ten duurste betaal vir ( Pre -Paid ) meters en ander kry verniet ? en dan betoog hulle daar oor ook want dan moet hulle betaal vir die elektrisiteit ?? ek is nie verantwoordelik vir my Munisipaliteit se wan bestuur en bedrog wat sommige persone pleeg nie nes ander persone wat wat betaal in die dorpies wat agterstallig is nie .

Uys ·

Eskom moet net die krag sny van die amptenare wat in die onderskeie munisipalityd werk asook die wat gratig krag kry nie die hele dorp nie.

alida ·

Wat is die doel van ‘n Munisipaliteit? Mens kan Eskom nie verkwalik dat hulle die krag afsny nie maar dit ten koste van die inwoners wat gereeld betaal. Eskom moet die kragstasies in stand hou maar kan dit nie doen sonder die fondse nie. Sluit dan die Munisipaliteite wat wanbestuur word en dank die amptenare af wat so steel. Die winter is op hande en ek voorspel weer chaos. JZ het natuurlik NIKS gesê van dienslewering nie. Hy moes standpunt ingeneem oor die Munisipaliteite se wangedrag.

Realis ·

Ek stel voor Eksdom stuur agterstallige rekenings aan die mynyster van plaaslike regering en dring aan op betaling binne dertig dae anners piemp hulle hom by zupta.

alida ·

Ek dink ook Eskom moet die Minister direk kontak. Miskien doen hulle dan iets. Maar dan stel hulle weer ‘n ondersoekspan aan wat maande en slefs jare kan vat om hulle werk te doen. Mens is regtig met jou hande in die hare.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.