Sanco sê oor ‘Kill the boer’-aanval

Die bakkie waarop ‘Kill the Boer’ gespuit is. (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Burgerlike Organisasie (Sanco) in Noordwes het gesê hy ondersteun die ondersoek na die “bisarre aanval” waar ʼn plaasbestuurder se bakkie gevandaliseer en aan die brand gesteek is.

Maroela Media het vroeër berig Willie Nel (38) se plaasbakkie is oor die naweek op ’n plaas in die Buffelspoort-omgewing naby Marikana met die woorde “Kill the boer”, #Killyou en #Kill in rooi spuitverf bespuit voordat dit aan die brand gesteek is.

Paul Sebegoe, provinsiale voorsitter van Sanco, het gesê “geen steen moet onaangeraak gelaat word” om agter die kap van die byl te kom met dié voorval nie. Hy bevraagteken die egtheid van die misdaad. Sebegoe het gesê volgens Sanco se kennis vorm graffiti nie deel van die land se modus operandi tydens plaasaanvalle nie.

“Hierdie voorval, wat glo op Versoeningsdag plaasgevind het, is dus van spesiale belang vir ons, omdat ons die rasseverbintenis en alle vorme van geweld in ons plaasgemeenskappe veroordeel.”

Sebegoe sê versoening is tot dusver nie vir Suid-Afrikaners beskore nie, “weens die versuim van sommige medelandsburgers om dit as ʼn tweesydige proses te beskou waarby toegeeflikheid, toewyding, gedeelde waardes en ʼn gedeelde nasionale identiteit ingesluit word”.

“Die oplewing van rassisme, wat deur voorvalle van intimidasie en mobilisasie van kiesers manifesteer, insluitend geweld in plaasgemeenskappe, is die teenpool van versoening, eenheid, nasiebou en sosiale kohesie. Ons beskou dus hierdie voorval in ʼn ernstige lig, omdat dit alle tekens bevat van ʼn rassistiese plaasaanval en ons hoop dit is nie ʼn valse poging om huishoudelike geweld of versekeringsbedrog weg te steek nie.”

Hy het bygevoeg die “Skiet die boer”-slagspreuk het geen belang of plek in die huidige politieke bedeling nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Zukof ·

So, verstaan ek dit reg. Daar is nou al n modus operandi vasgestel oor plaasaanvalle, alhoewel die regeering en die liberale sosiale media dit ontken!

daniel ·

Sanco weet nogal heelwat van plaasaanvalle se modus operandi. Hoekom is hulle so seker dat dit nie n plaasaanval
was nie?.

Piet Lourens ·

Wat probeer hy se? Bly maar traag om die werklikheid in die oë te kyk en te aanvaar. Die boer moet op pas of hulle sluit hom toe oor val verklaring.

Li ·

Ek bevraagteken ook die egtheid van die aanval. As die bakkie gespuitverf en toe aan die brand gesteek is, wie het die foto geneem? En waar is foto van gebrande bakkie?

pieter ·

Kyk op die foto,voertuig het binne gebrand.Hulle het dit seker gevlus voor dit verder versprei het.

Beryl ·

@Li…as jy in “zoom” op die foto van die bakkie, sal jy kan sien, dit is gebrand.

Misky ·

Is daar dalk fout met jou oë @Li???? En kyk al die vorige berigte en foto’s voor jy so stelling maak

johan ·

hy het lank gespaar vir die bakkie en onlangs gekoop…..bly wees mens mag nie vloek hier nie…maar lees tussen die(@#@#)

Kas ·

As ek so na die bakkie kyk kyk dit nie of hy heeltemal uitgebrand het nie.Iemand kon agterna die foto’s geneem get.Net snaaks dat die spuitverf gedeeltes nie gebrand het nie.Hierdie modus operandi is nog nooit tydens ‘n plaasaanval gebruik nie.Die spuitverf het daar beland na die bakkie gebrand het want daar is nie eers rook op die spuitverf nie.Dinge is net te toevallg.

Talie ·

Weet jy, bakwerk brand nie so maklik soos n enjin met olie en sitplekke nie.

jakes ·

Die feit dat n slagspreuk op die bakkie gespuitverf is bewys dat die drek wat dit gedoen het, ten minste kan lees en skryf. Dit word egter bevraagteken of hy meer as n halwe breinsel het.

Francois ·

“SKIET DIE BOER” slagspreuk is n swaard met twee lemme.
Ngilalele ndoda…amabhuzu azodubula emuva!!!
Die boer sal terugskiet!

ANE ·

Mag die nét die volle waarheid en geregtigheid geskied, hierso

Gert R@Midstream ·

Verdere beriggewing oor die saak asseblief asseblief Maroela Media. U het my e-pos adres. Nie net plaasgemeenskappe nie maar in landsbelang omvattend.

Hein ·

Rassisme vorm nie deel van die bedeling nie – dis net skering en inslag van sy BELEID

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.