Sanco vaar uit teen plaasmoorde én bendegeregtigheid

Die Solidariteit Beweging het ’n bewusmakingsaksie teen plaasmoorde by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou (31 Oktober 2017). Foto: Reint Dykema

Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco het Sondag uitgevaar teen plaasmoorde sowel as die gepaardgaande gemeenskapsgeregtigheid.

Sanco het dié uitsprake gelewer ná die gewelddadige aanval op Arend Corbett (26) en ʼn plaaswerker en vriend, Lenyara Thsotetsi, wat saam met hom was.

Die organisasie het hom ewe sterk uitgespreek oor die plaasaanval en die aanranding van twee verdagtes deur die gemeenskap.

Maroela Media het vroeër berig een verdagte is in ʼn hospitaal dood.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte was een van twee verdagtes wat erg beseer was toe hulle deur boere in die omgewing aan die polisie uitgelewer is. Die twee verdagtes is na die Dihlabeng-hospitaal in Bethlehem geneem, waar een van hulle aan sy beserings beswyk het. Die ander een is steeds onder polisiebewaking in die hospitaal.

“Plaasaanvalle moenie verpolitiseer of rassig gemaak word nie. Ons kan dit sien met die aanval van Corbett en Thsotetsi – dit raak almal. Dié wat plaasaanvalle as rasgemotiveerd klassifseer, is opportuniste wat alles deur die prisma van ras sien en gedryf word deur die bitterheid van vergane mag en voordeel.”

Sanco het vir Corbett en Thsotetsi ʼn spoedige herstel toegewens. Hy het bygevoeg dat die vertoning van apartheidsimbole en die verbranding van die nuwe Suid-Afrikaanse vlag nasionale eenheid en versoening ondermyn.

Arend Corbett. Foto: Verskaf.

Maroela Media het vroeër berig Elsa Corbett se seun, Arend (26), is drie keer in die gesig geskiet nadat hy en ʼn plaaswerker deur vyf mans op ʼn plaas in Ficksburg in die Vrystaat aangeval is.

Corbett het gesê dit is “groot genade” wat haar kind lewend gehou het. Die voorval het omstreeks 16:30 Donderdag plaasgevind toe Arend, die plaasbestuurder, saam met Lenyara Thsotetsi, ʼn plaaswerker en vriend, huis toe gery het om onderdele te gaan oplaai.

“Hy het net voor die motorhuis stilgehou en die deur oopgemaak toe sy hond, Sokkies, ongelooflik begin blaf. Volgens hom het hy net opgekyk om te sien wat is aan’t gebeur, toe kyk hy in ʼn vuurwapen vas,” het sy vertel.

Volgens Corbett het die vyf aanvallers vir Arend gesê om op sy maag te lê en om sy lewe te smeek. “Hy het op sy knieë neergesak en die wapen was hier om en by ooghoogte. Hy het die geleentheid aangegryp om die man wat die geweer vashou te oorrompel. In die struweling is daar vyf skote afgevuur.”

Corbett sê Thsotetsi het ook uitgespring en teen die aanvallers begin veg. “Sokkies het hulle ook gebyt en weg van Arend af probeer trek.” Arend kon daarin slaag om die vuurwapen by een van die aanvallers af te neem. Hy het dit op hulle gerig en die sneller getrek.

“Daar het nie ʼn skoot afgegaan nie. Hulle het uiteraard nie geweet daar sal nie ʼn skoot afgaan nie en het op die vlug geslaan ná Arend een van hulle met die geweer geslaan het,” het Corbett vertel.

Arend is drie keer in die gesig geskiet. “Die een skoot is by sy mond in en by sy wang uit, sy wangbeen is vergruis. Die ander skoot is so onder sy neus in en by sy slaap uit. Die ander skoot is ook tussen sy mond en neus in. Sy een tand is uit en sy gesig is verskriklik geswel, hy lyk nie goed nie.”

Arend en Thsotetsi is albei met messe gesteek en met knopkieries geslaan. “Thsotetsi het met die meswonde aan sy knieë en hande gehardloop om hulp te ontbied. Arend het oor die radio in sy bakkie geroep om hulp. ʼn Klomp mans van die omgewing het agter die aanvallers aangehardloop en kon daarin slaag om twee verdagtes vas te trek.”

Arend het meswonde aan sy onderarmholtes en in sy sy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Callie ·

Hou op doekies omdraai. Help Maroela en Afriforum. Hoeveel wit boere is in die land. Hoeveel swart boere is in die land. Hoeveel wit en hoeveel swart boere is vermoor. Asb Maroela, kom ons kry perspektief.

Oom Koos ·

Plaasaanvalle is wel rasgemotiveerd. Die wit boere wat die grond “gesteel” het, is ALTYD die primêre teiken. Swart plaasarbeiders wat ook aangeval word, word geteiken en “gestraf” omdat hulle sg. “sell outs” vir die wit boere is. Ek was al geskok oor watse lelike name ANC ampsdraers gee vir swartes wat vir wit mense werk. Name wat, as wit mense dít sou gebruik, tot reuse boetes en selfs tronkstraf sal lei.

Antjie ·

Hoe op aarde weet Sanco die beweerde aanval op twee vd vyf verdagtes was gemeenskapsgeregtigheid? Sover ék verstaan het hulle al vyf moorddadiges agternagesit. Hulle het duidelik met moeite twee vasgetrek. Almal is dankbaar daardie twee is nie terug na ʼn township met hul idees vd wêreld nie. Dis só jammer daar is steeds drie moorddadiges op vrye voet om verder te moor en plunder. Hul poging was dus nie sterk genoeg nie. As die polisie dit probeer het en een doidgeskiet het, was die media toegeefliker. Dis tyd ons almal gee sulke steun aan alle sulke pogings. Dis duidelik nie weerwraak omdat hulle swart is nie, maar ʼn poging om moordenaars te vang!

Ander Annie ·

Stuur asseblief hierdie berig aan die Minister van Polisie sodat hy kan ophou om plaasmoorde te hang asn die klok van Afrikanernisme. Plaasmoorde het nie ‘n kleur nie. Julius Malema moet weer eens aangekla word by die Menseregte Kommissie vir sy onverantwoordelike uitsprake. Dit het tyd geword dat Politici ophou met verbale diaree en ‘n oplossing vind.

Leahim ·

Point taken en ek betwyfel nie dat alle rasse aangeval word nie maar die manier waarop die mense gemartel word met kokende olie en met strykysters gemartel word voor hulle vermoor word laat my twyfel of die motief altyd roof is.Ek wonder hoekom SANCO nie ook uitvaar teenoor malema ,mbalula want dit is hulle wat ras gebruik om haat aan te wakker en vergeet ook nie van nr 1 nie

Cherokee ·

Natuurlik is jy heeltemal reg, Leahim. Roof is immers nooit die hoofdoel nie maar slegs ‘n bonus.

marous ·

Natuurlik is dit ras gedrewe . Dis swart op wit en dit gebeur op plase …elke dag . Die hele wereld weet dit , maar sal dit nooit erken nie.

schalk ·

Moenie net kyk na wie aangeval word nie!!!! Kyk na wie doen die aanvalle???? Is dit blankes wat die aanvalle doen? NEE!!!! So hoekom mag ons dit nie rasgebonde maak nie???

Kobus ·

Sanco ek weet nie wie julle is nie.ek worry ook nie.hoefeel swart mense is dood die laaste maand in plaas aanvalle.en hoeveel wit mense is dood gemartel.nou se julle dit is nie ras nie.maak oop julle oe man.julle weet nie wat aangaan nie.

Rooijan ·

So wat Amanda vir ons sê is dat as die werkers iets steel op ń plaas moet die boer maar sluk en stilbly anders gaan hy aangeval word. Of as dit sleg gaan met die boerdery moet hy maar net iewers die geld uitkrap en bonusse betaal want die werkers verstaan nie dat bonusse verdien word agv bo verwagte resultate nie. As sy maar net na haarself luister.

Lance ·

Ek sit nou so en dink by myself.,die boere wat aangeval en vermoor word omdat meeste van hulle nie die nodige veiligheidsmaatreëls toegpas het nie.Hoekom gaan afriforum nie uit na meeste plase en maak die plaasboere meeste oud van die sekuriteit tegnologie bewus wat jy vandag kry nie,en stig ń vonds sodat ons die boere wat dit nie kan bekostig,kan help .Want vir elke boer en mens wat onnodig dood gemaak word huil my hart.Verskoon my afrikaans ek bid en bid en met Rhamaposa se laaste kommentaar ek weet nie meer wat om te dink nie .Sterkte aan almal.

Du Toit ·

Stig daardie vonds Lance. Ek ontwikkel surveillance tegnologie wat ek so goedkoop as moontlik wil weggee, maar dit gaan wel geld kos.

Eeic ·

Dit gan niks help nie. In elke aanval het die verdagtes ‘n manier gekry om rondom die sekuriteit te kom of om die boere uit te lok. Die enigste ding wat gan help gan wees om die boere die reg te gee om hulself te beskerm m.a.w. lig die verban op automatiese gewere se gebruik deur boere.

Leahim ·

Amanda ek het gekyk na die facebook insetsel en al wat ek kan se is die boere moet dan maar meganiseer en self die plaas bewerk en en ek wil ook byvoeg oor wat die dame sê Malema se elke dag iets leliks van my en ander mense dit beteken nie ons gaan hom by sy huis aanval en martel nie miskien is ons te beskaaf of miskien het ons die nodige dissipline om te weet wat die nagevolge gaan wees.

Geen genade vir moordenaars meer ·

Geen moordenaarsregte meer nie, menseregte van onskuldiges sal voorkeur geniet.

Cherokee ·

Baie dankie dat jy ons daarvan vertel. Mag ek aanvaar dat dit soos in onmiddelik gepraktiseer word? Gaan dit weer tye neem om in werking te tree of tref jy onmiddelike reëlings? Dankie tog daarvoor!

eric ·

wel dus vir sekernie roof n familie lid van my vroeer die jaar in n plaasaanval vermoor daar was baie om te vat maar niks is gevat nie?? nou as dit nie ras gemotiveerd is nie wat is dit dan?

Anoniem ·

Ek het nie EEN swart hemp of plakkaat gesien waarop “stop WIT plaasmoorde” geskryf was nie. Wie verpolitiseer nou eintlik die hele storie? Die einste mense wat so vuur spoeg! Kry ‘n bietjie integriteit in die lewe!

Johann ·

Verduidelik net asb vir my die obsessie met die Voortrekker Monument? As ek reg is was daar maar 250 mense by dìe byeenkoms, teenoor DUISENDE in die Kaap…by n NIE geskiedkundige blanke bastion nie? En dan wonder ons hoekom die ras issue voor die blanke deur getrek word?

Swyg nie ·

Plaasaanvalle is presies wat dit is: georkestreerde aanhitsing tot grondgryp en alles wat barbarisme verhef tot “regte.” En die wat kluitjies bak soos Sanco sal weldra uitvind dat verdoeseling geen plek het nie. Plaasaanvalle is georkestreerde terrorisme beslis. En die agenda het sy propaganda kaders wat oorbekend is buiten die wat agter die gordyn saamsmee. Dus Sanco, dit word laat.

Therese van Schalkwyk ·

Sanco sê: “Plaasaanvalle moenie verpolitiseer of rassig gemaak word nie … ”

Die hele 6de paragraaf is verbysterend!

Asof die betrokkenheid van Lenyara Thsotetsi, die lojale, dapper swart mede-plaaswerker, die onomwonde feit kan verdoesel dat álle plaasterroriste swart is?

Hoe op aarde is hierdie plaasterreur nié “rassig” nie? En hoe dúrf Sanco diegene, wat intens bekommerd is oor die meer-as-20-jaarlange-slagting onder die wit minderheidsgroep, beskuldig as “opportuniste wat alles deur die prisma van ras sien en gedryf word deur die bitterheid van vergane mag en voordeel”?

Die openlike, onverpose en indoktrinerende manipulasie van menings oor hierdie stadig maar seker uitwissing van blankes wat in SA aan die gang is, skrei ten hemele. Die Instituut vir Rasse-aangeleenthede en selfs enkele naasbestaandes van slagoffers weier om die waarheid in die oë te kyk.

Watter nut het internasionale bewusmaking te midde van hierdie gekheid?

Therese van Schalkwyk ·

Net ‘n laaste opmerking oor die politiek korrekte ontkenning wat hoogty vier:

Selfs al is daar volgens meningsvormers geen georganiseerde, doelbewuste volksmoord aan die gang nie, gaan die resultaat van gebeure tans presiés dit wees.
Dit is tog die logiese gevolg wanneer ‘n minderheidsgroep deur ‘n meerderheid uitgedelg word, dan nie?

TDW ·

Kan julle asb vir sanco vertel dat daar geen vlae gebrand is nie, maar die fotos wat rondgestuur is fotos was wat in 2012 geneem is. Baie dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.