Die South African National Civic Organisation (Sanco) het die versoek, dat universiteitstudente na hul klasse moet terugkeer om die 2016 akademiese jaar te probeer red, verwelkom.
Studenteleiers het dié versoek gerig tydens ʼn roudiens vir die studenteaktivis Benjamin Phehla van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT), wat gesterf het toe ʼn motor hom tydens die betogings getref het.
“Die aankondiging deur Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy mediumtermynbegrotingtoespraak dat R17 miljard oor die medium termyn beskikbaar gemaak gaan word, is ʼn waarborg wat studente moet oorreed dat daar ʼn toewyding is om hul regmatige saak aan te spreek,” het Jabu Mahlangu, nasionale woordvoerder van Sanco, gesê. “Die vernietiging van hoëronderwysinstansies, wat noodsaaklik is om ons toekomstige leiers voor te berei, is dus ongewens.”
Mahlangu het gesê die opskorting van lesings by sommige universiteite is ʼn teken dat die bestuur van sommige instansies oorweldig is deur die krisis, en dit het handuit geruk toe universiteitinfrastruktuur en privaat eiendom vernietig is en visekanseliers in sommige gevalle doelbewus verneder en mishandel is.
“Toelatingsgeleenthede vir nuwe studente kan beperk word indien die huidige akademiese jaar nie gered word nie,” het hy gesê.
Hy doen ʼn beroep op universiteitstudente, as toekomstige leiers, om die nalatenskap van Oliver Tambo te bevorder en om sy strewe na kennis na te streef.
Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.
Leiers in wat??? Klipgooi en brandstigting.
Nee, Het nie so n leier nodig nie.
Omw om wat te red hul kan hulself nie red van die gemors wat hulself gemaak het nie
Min van sport moet asb kyk na die kwotastelsel tov van die studente wat deelneem aan SA se nuwe sport . Klipgooi en Brandstigtong .
En hoekom doen hy nou eers die oproep? Intussen is daar al weer miljoene der miljoene rande se skade aangerig. Ek glo nie dat rasseverhoudings in ons land al ooit so swak was soos nou nie. As ek `n werkgewer is – ek is nie een nie – sal ek vir seker baie mooi in `n voornemende werksoeker se agtergrond ingaan voordat ek oorweg om hom/haar aan te stel. As hulle dit toe kon doen, gaan hulle dit vir seker weer doen as hy/sy eers in my diens is. Eise, eise en eise stel. En dan dreig en begin afbreek as hulle nie hulle sin kry nie.
Die betogende studente sal nie toelaat dat die universiteite gaan probeer om die akademiese jaar te voltooi nie. Nie ‘n manier nie, anders verloor hulle. Hulle gaan als doen wat hulle kan om ook die eksamens te ontwrig. Hoekom? Hulle kan nie bekostig dat net sekeres deurgesit word nie, dan bly die betogers agter, wat in alle geval nie gaan slaag nie, tien-teen-een is hul universiteitloopbane dan verby. Die akademiese jaar moet vir almal nie slaag nie, sodat alle studente in dieselfde bootjie sit, dat hulle weer volende jaar toelating kan kry.
In watter Era leef ons, Wêreld oorllog? Moord en dood seëvier wêreld wyd!