Sanco vra einde aan monopolie oor skoolklere

skoolskoene-2

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco het Sondag ʼn einde versoek aan monopolieë wat skoolklere verskaf.

“Buitensporige pryse deur verskaffers is deel van die strategie om armes uit openbare skole, wat goeie hulpbronne het, te hou,” het Jabu Mahlangu, woordvoerder van Sanco, gesê. Meeste skole berei voor om vandeesweek met die 2018- akademiese jaar te begin.

“Onderwysowerhede moet die politieke wilskrag bymekaar skraap om dié netelige kwessie aan te roer, want skoolhoofde, en in sommige gevalle selfs lede van skoolbeheerliggame, trek persoonlik voordeel uit langtermynkontrakte met verskaffers,” het hy bygevoeg.

Hy doen ʼn beroep op die Mededingingskommissie om sy ondersoek oor die hoë koste van skoolklere af te handel. “Invloedryke individue binne skoolgemeenskappe is deel van die veldtog om duur skoolklere te behou wat in die meeste gevalle op ouers afgedwing word.”

Volgens hom sal voorgeskrewe basiese skooldrag bemagtigingsgeleenthede skep vir koöperasies binne armer gemeenskappe. “Só veldtog binne openbare geen-fooi-skole sal werk skep en ook die swaar las verlig vir arm ouers.”

Hy bevraagteken waarom geen-fooi-skole steeds duur skoolklere moet hê wat vir meeste ouers onbekostigbaar is, veral in dié kategorie skole. “Die hele waardeketting moet armoede, werkloosheid en ongelykheid binne gemeenskappe in ag neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Piet ·

Geen skooldrag is die oplossing. Nou deesdae is skoolklere net ‘n geld maak storie.
Wapens word verander sodat die ouers net weer skoolklere moet gaan koop.

Marli ·

Ek stem nie saam nie Piet, skooldrag is ‘n moet maar dit moet prakties en goedkoop wees, veral wat laerskoolklere aanbetref. Wat is fout met ‘n gholfhempie en kortbroekie of ‘skort’ vir die meisies? As kinders gewone klere begin dra gaan dit in ‘n kompetisie ontaard oor ‘brands’ en dit gaan beslis duurder uitwerk as skooldrag.

Belaglik ·

Dit raak in vandag se lewe onbekostigbaar duur om jou kinders reg deur die jaar ordentlik aan tetrek met die hoe skooldrag pryse. Dan nie eers gepraat van al die ekstra klere vir KDA en LO en goed nie, as jou kind nie die regte drag dra nie dan word daar punte aangeteken.Wat van die arm ouers wat dit nie kan bekostig nie. Nee ons land kan beslis na ons skoolklere onkostes en skoolvondse begin kyk.

Witjas ·

Die Argentynse skooldrag-model is prakties. Dis ‘n arm land wat nie diskriminasie op grand van arm/ryk skoolkleredrag dudld nie.

Hul oplossing. Almal dra gewone klere, maar verpligtend moet almal ‘n wit oorjas oor dit dra. Almal dus uniform en klere verniel nie.

Hanna ·

Gesinsbeplanning! Dis die antwoord. Bakhand-kultuur kan nou maar einde kry.

Anoniem ·

Bekostigbare skoolklere is die antwoord, bv. standaard grys broeke ens. Klasseverskil en kompetisie oor kleredrag gaan groot kopsere veroorsaak en ouers nog meer geld kos indien skoolklere totaal geskrap word.

Kwaaitjie ·

Sou veel makliker gewees het sonder skooldrag. Dit is verskriklik duur.
?

Hans ·

Hoekom nie net terug gaan na die ou grys skooldrag wat mens orals kan koop en nie net by sekere winkels nie. Skole kan dan besluit tussen grys hemp of wit hemp. dit is orals beskikbaar. Ek het al meeste van die jare gebruik gemaak van die skool se klere bank, koop dit daar teen nominale bedrag en as dit nie meer pas nie word dit eenvoudig net geruil plaas van weg gegooi. So het my kinders deur laerskool en hoerskool gegaan.

Colin ·

Stem saam, belaglike hoë skooldrag beteken niks. Almal kan grys en wit dra wat oral beskik baar is, en geen kind sal verneder voel of te wees nie

Jaco ·

Ek is die eienaar van n korporatiewe klere maatskappy wat onder andere skooldrag voorsien en produseer al vir 15 jaar en is dit vir my amper onmoontlik om by meeste skole in te kom selfs al is ons die helfde goedkoper as hulle huidige verskaffers en ons gehalte produk aansienlik hoër…ek was altyd onder die indruk dat mense met kinders baie welaf moet wees deur meer as dubbeld te sou wou betaal…erens is iets groot fout….

anneke ·

Jaco, dis nie die ouers wat jou weerhou om in die skole te kom nie, dis die ‘sisteem’. Iewers maak iemand geld, en dis nie die ouers of die onderwysers nie.

hendrik ·

Skooldrag word nou soos universiteitsboeke. vanjaar is dit uitgawe 1 en volgende jaar uitgawe 2. maw uitgawe 1 sal nooit weer gebruik word nie en dit kos n plaas se geld. Uitgewers verdien enorme somme geld en niemand kla daaroor nie.

Irene ·

Jy betaal amper R400 vir een rok dis veregaande gaan terug na grys rompie met jou skool se kleur hempie netens kry jy maroen kouse te koop nie niu moet jy ver ry in die ooste in Pretoria om te kry asb doen iets daar aan moet sommer die pkekke en skole se bame op media sit

Antie ·

Ek het my kind se hoërskoolklere by die skool se klerebank aangeskaf, my minder as R1000 gekos en skoolbaadjie ingesluit (R50 betaal daarvoor en nog splinternuut). By verskaffers kwotasies gaan aanvra en dit het R4880 beloop!!! En dit was voor hulle prysverhogings. Skoolkouse moes ek by hulle aanskaf omdat skoolkleure op grys kouse verskyn en dit was ‘n buitensporige bedrag van R310 vir 5 pare. Het met vriende gepraat wie se dogter ook gr8 toe gaan en hulle kwotasie na die verhoging was R5680!

Hans ·

Bly om te sien ek is nie die eenigste wat dit doen nie. Gaan was die klere mooi en maak net hier en da reg en sien daar. Daar is van ons hard werkende mense wat ook maar net nie als in die lewe kan nuut koop nie, veral wanneer jy enkel our is nie.

mariana ·

proebleem met die klere van my kinders se skool is.. dat di kwaliteit of liewer die tipe materiaal nie die skool se kleure bank haal ni.. want die syl broekies trek los teen die middle van die jaar.. grys broekies en rompies sal heel moontlik die klere bank haal en dus sou dit n wonderlike plan gewees het.. hopenlike verander meeste skole terug na klere wat makliker bekombaar is

PJC ·

Nooit gedink daar sal iets wees waaroor ek en Sanco sal saamstem nie.

Jacques venter ·

Een skool, in n arm gemerenskap waarby ek betrokke was. Het n klere fabriek by die skool begin waar werklose vrouens (ouers ) skoolklere vervaardig. Die skool koop goedkoop materiaal groot maat aan. Verskaf aan behoeftige ouers werks geleentheid en aan ander ouers bekostigbare skool klere.
Die genoemde skool het ook n klerebank waar skool verlaters aangemoedig word om hulle skool klere te skenk vir behoeftige leerders.
Met nbietjie inisiatief word baie probleme ogelos

J ·

Stem geen skool drag. Seuns en dogters net kortbroeke en golf hempie in die somer kaalvoet of plakkies. Winter sweetpakkie met tekkies

Vermeende ·

Goedkoop koop is duurkoop, gaan maak die som maar self.
Hoeveel kos 2 broeke/rompies en 2 hempies per jaar vir n skoolier, weeg dit nou op teen modiheese name brand klere uit Edgars waarva 2 stelle klere nie n jaar sal deursien nie.

Janine ·

Wens almal kan maar net Pep grysbroeke/rompe en wit hemde dra…elke skool kan net dan hul wapen op die wit hemp sit. Nou ‘n broek en hemp gekoop..R500..kan net een stel bekostig want binnekort moet die sweetpak gekoop word amper R700…moet nou al spaar vir EEN stel.

Rita ·

Daar is nie genoeg klere by die klerebank vir almal nie. Maar kyk eers, voor jy koop. Die skool kan dieselfde lap en patroon verkoop as die skooluniform. Mense wat goed kan naaldwerk doen, kan anders ouers wat nié kan nie, tydens die vakansie in een van die skool se klaskamers kom leer hoé om ‘n netjies uniform te maak. Ek sou . Ek het altyd my dogter sy skoolrokke gemaak. Gelukkig kon ek dieselfde skakering Teterex lap te koop kry.
Leer mense om self vis te vang. So onststaan daar dalk ‘n hele industrie van skoolklere onder ouders.

Jaco ·

Ek stem saam skool kleure is duur maar wat my bekommer is hoekom is registrasie gelde by skole so duur? Party skole vra amper R2000 om n graad 1 kind te registreer…..waarvoor gaan die geld???

Meer kleur ·

Nie skooldrag nie maar gewone klere, al die grys en wit is al so afgesaag, bring kleur in die klere en julle sal sien dat die kinders meer opgewek is.

semaarnet ·

Ons was defintief nie onvrolik agv ons skool kleure wat grys en wit was nie. Kan ook nie sê dat ek opmerk dat hulle nou meer opgewek is met die klere wat hul nou dra nie. Elke skool kie snet n kleur en dan die wapen daarop. Kom die kind met net n gewone blou hemp by die skool sonder wapen op die sak dan is dit verkeerd en word huis toe gestuur of debiet punte word gegee. Gaan dit nou die kind regtig beter maak om net n wapen op sy sak te he?

MARLENE ·

kry slegs een skooldrag vir somer en winter vir alle skole reg oor land. dus vir laerskole en so ook vir hoerskole. dus as ouers trek bly skooldrag dieselfde. net wapen op baadjie kan verander word. so spaar jy al klaar baie by skool klere.

Pieter ·

Die skooluniforms is soos dissipline n moet in n afrikaanse skool punt.

Anel ·

Pieter ek stem saam met jou.
Verder, ouets het blykbaar nie ‘n probleem om honderde rande vir ‘n rok, romp, broek, skoene, noem maar op, met ‘n naam te beyaal nie, wat die kind dalk, op die meeste, twee keer gaan dra. Skoleklere, as oordeelkundig aangeskaf, word die hele jaar of langer gedra. My kinders het hul hoërskoolklere die 5 jaar gedra. Koop die einde van die jaar en nie aan die begin nie. En moennie alles op een slak koop nie.
Ek was gelukkig, ek het gesoek vir die regte matetiasl en kon my dogter se langbroeke maak, en glo my hulle het 100 keer beyer gelyk as die winkelbroeke. Ek het tot hulle truie en serpe gebrei en dit was warmer as die gekooptes. Hulle was mal oor hul truie en baie van die maats was jaloers. Wees net bietjie kreatief.
Jare terug het Uniwinkels patrone en materiaal vir die skoolrokkies verkoop. Al my rokkies was ook daardie tyd deur my ma gemaak.
Mdg dat ons nie gepla is oor klere met name nie. Uniforms=disipliene. Ook geen onderskeid tussen kinders nie. Wees net koopslim

Carin ·

My seuntjie gaan Gr.1 toe en ons het die naweek vir hom klere gaan koop. Twee stelle klere met 3 stelle kouse, ñ trui, Klere en tekkies vir MBK asook skool skoene. My bloedruk het tot in my skoene gesak toe die dame vir my sê die totaal is R3250. Dis letterlik een stel klere aan die bas en een in die was. Oor ñ paar maande moet ons weer koop vir die winter. Dan kom n tas nog by en skryfbehoeftes. Ek weet nie hoe behoeftige gesinne dit kan bekostig nie. Ek steun Sanco in hul versoek!

Iperthia ·

Skoolklere gee aan elke skool tog sy uniekheid, elke kind se trots. Skool klere hoef nie so onbekostigbaar te wees nie, en werk skep vir baie werklose mammas. By ons laerskool, het ons ‘n winkeltjie en fabriek waar daar werks geleenthede geskep word, waar Mamma’s die klere maak, hul kry opleiding om klere te maak. As ons kinders hul skoolklere net mooi oppas kan dit vir meer as een jaar gedra word, en hoef ons net aan te vul. Naskool in die middae sien mens hoe lê klere op die speelgrond wat kinders net neergooi, en Dan moet ouers week koop. Ek stem nie saam oor gewone klere nie. Kyk wat is die kostes verbonde aan klere, en Dan moet men’s meet gereeld klere koop, ek kan en wil myself net nie indink hoe kinders behoeftige kinders gaan spot oor hul nie branded names klere dra nie, en nie eens te praat oor as ‘n stel klere meer as 1 keer ‘n week gedra work nie. My gevoel is bly by skoolklere, koop dit soos benodig, maak gebruik van klerebanke, by ons hoërskool skenk matriek leerders hul klere. Skep ‘n fonds wat behoeftige kinders Kan sponser, spaar kinders se selfbeeld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.