Sanco: ‘Zille moet afgedank word’

Helen Zille. Foto: Helen Zille, Facebook

Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco het Saterdag gesê Helen Zille moet afgedank word uit haar pos as Wes-Kaapse premier.

Dit kom nadat die DA gesê het Zille het ʼn kennisgewing ontvang van die party se voorneme om haar van alle party-aktiwiteite te skors. Jabu Mahlangu, Sanco se nasionale woordvoerder, het Zille se voorgenome skorsing as ʼn “klug” bestempel.

“Ons is glad nie beïndruk met Zille se skorsing nie, want die DA se dissiplinêre prosesse is net toesmeerdery. Soos hulle met Dianne Kohler-Barnard, Chris Roberts en Ramsay se sake gedoen het, sal die federale uitvoerende komitee net ʼn uitspraak lewer wat haar rassistiese ego sal streel en die regse binnesirkel van die party gerusstel dat die party steeds hul gemaksone is,” het hy gesê.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Saterdag tydens ʼn mediakonferensie in Johannesburg gesê die party het besluit om Zille te skors na aanleiding van haar uitsprake op Twitter oor kolonialisme. Die DA se leierskap het Zille daarvan beskuldig dat sy die party se grondwet oortree het toe sy vroeër vanjaar in ʼn reeks twiets bevraagteken het of “elke aspek van kolonialisme sleg was”.

Zille het later in ʼn verklaring teruggekap deur te sê daar is teenstrydighede in die brief wat deur James Selfe, die voorsitter van die DA se federale uitvoerende komitee, aan haar gestuur is en die verklaring wat deur Maimane gemaak is. In die brief het Selfe haar tot 6 Junie gegee om redes te verskaf hoekom sy nié geskors moet word hangende die uitslag van haar dissiplinêre verhoor nie. Maimane het dit egter in sy verklaring duidelik gestel dat haar skorsing reeds van krag is.

Die DA het daarna ʼn opvolgverklaring uitgereik waarin hy gesê het Zille het inderdaad 72 uur tyd om vertoë te rig hoekom sy nie geskors moet word nie voordat die party ʼn finale besluit oor die saak sal neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

w ·

Zuma en Guptas steel miljoene en Z nogi afgedank en Guptas woon cosy in SA

Leendert ·

Lees my kommentaar wat ek sopas heel bo-aan die berig van gister, ‘Zille kap terug’ geskryf het, Maimene het aangejaag.

al ·

Ons wag vir die bedanking/skorsing van ons geagte prezzie.
Dan praat ons weer SANCo. Bepaal jul eerder by werklike skandale wat die land se ekonomie grond toe laat duik.

Pieter ·

Stem 100% saam met Zoom Zoom. Kom anc ons maak n billike ooreenkoms. Raak ontslae van zuma (wat se bedrog en skandes Zille sn by myle oorskry) en eers dan kan sy uitgeskop word.

dirk L ·

kerneels,jy is Zille veel verskuldig. jy besef dit nie eens nie.

GR ·

Was dit nie vir die kolonialiste sou die heer Jabu nie eers kon lees of skryf nie,

apie ·

Van wanneer af is die waarheid verkeerd. Waarheid bly waarheid of dit ongewild is of te not. soos die ingelse sê “deal with it”

John ·

Mmusi gaan nog harder skree… die keer na die ’19 verkiesing want wit stemme en wit geld gaan ‘missing’ wees. ‘Enjoy you lonely little party…’

Michael ·

Hy het nie wit stemme nodig hy gaan regeer dmv ‘n koalisieregering as almal net stem maak nie saak DA/vf+ almal moet net stem en teen die anc

theo ·

dit is vir my n treurige dag dat mmusi vir die propaganda van die anc geval het. Die swart mense by my werk is nie gepla oor wat Zille gesê het nie. Hulle praat met my oor my weermag dae, dan vertel ek vir hulle dat die anc kommunusties was, hulle verstaan dit ook nie, want wat nou gebeur is vir hulle ‘n “eye opener” van die ware anc.

Hennie ·

En intussen geniet almal die paaie, geboue, universiteite, infrastruktuur en voorspoed wat die setlaars kom vestig en onderhou het.

Boetman ·

Die ANC en Mnr Ehrenreich hou van aspekte daarvan, Mnr. Maimane. Dít, op sigself, is afdoende bewys daarvan dat u ‘n gróót fout begaan.

Pierre de Villiers ·

Feit bly dat Maimane eitlik se dat hy ook niks goed te se het oor Jan van Riebeeck se aankoms in 1652 nie. Dit is as jy hoor hoe hy Zille se tweets hanteer.
ANC = DA!
Tog trou hy met `n kolonialis. Sy is dus ook nie `n goeie ding vir Suid Afrika nie.

Vinkie ·

Zille word geskors? wat van Zuma? hy is die grootste skelm wat ooit gebore is man. Plaasmoorde: kom ons gaan brand ook die swartes se huise af as hulle ‘n boer doodmaak. ALLES wat hulle doen is mos reg? Maar God sal vergeld. Watch this space…

pietie ·

Sanco het nog nooit die verskil tussen ideologie en waarheid verstaan nie.

Amanda ·

Ag siestog word groot, was dit nie vir kolonialise was nie een van ons van
dag waar ons is nie. Jul die ANC het nie die infrastrukteer daar gelê nie. Mnr Maimane moenie vergeet wie jou in die posisie van leier van DA geplaas het nie. Jy kan so vinnig daar uitgehaal word as wat jy daar ingekom het. Helen Zille bedank by die DA en begin jou eie party met net ‘n klomp dames, sodat ons die klomp breindood manne kan wys waar Dawid die wortels gegrawe het, het dames het hul nie nodig.

Amanda ·

Ag siestog word groot, was dit nie vir kolonialise was nie een van ons van
dag waar ons is nie. Jul die ANC het nie die infrastrukteer daar gelê nie. Mnr Maimane moenie vergeet wie jou in die posisie van leier van DA geplaas het nie. Jy kan so vinnig daar uitgehaal word as wat jy daar ingekom het. Helen Zille bedank by die DA en begin jou eie party met net ‘n klomp dames, sodat ons die klomp breindood manne kan wys waar Dawid die wortels gegrawe het, ons dames het hul nie nodig.

Anti spur ·

Mense sien die groter prentjie hier die meeste swart burgers wat stemreg het glo die DA is n wit party met ‘n swart leier nou skors hy vir Zille wat eintlik oorbodig is en hy wen die swart stemme en Zille gaan in elk geval op pensioen…….geniaal ???

Jacques Venter ·

Apie vra: “Wanneer is die waarheid verkeerd?”
As ek vir my vrou sê die buurvrou is baie mooier as sy, praat ek die waarheid maar dit maak DIEP SEER.
Swart mense het geweldig gelei onder kolonialisme. Deur dit te vergoeilik is om hulle diep seer te maak

Willemien ·

Ag nee rerig. In elke liewe nuusbrief is meer as die helfte van die artikels oor moord en doodslag op ‘n daagliksed basis in ons land. Plaas dat daar eerder iets daaraan gedoen word as oom aa gte hou kerm oor Helle Zille se afdanking of nie. Hoe op die aarde gaan dit in elk geval die kolonialisme wat dan plaas gevind het uit die weg ruim.!!!!!

Susan ·

As die DA die blanke stem wil behou, kry ons vorige OB aan boord. Sy het intergriteit en verstand. Konsentreer eerder op ‘n DA wat ons land kan vorentoe kan vat om met die ANC klaar te speel, en hou op tyd mors met die verlede en kolonialistme. Net soos ons nie meer kan huil oor wat die Britte aan ons gedoen het nie. Die verlede kan nie uitgewis word nie. Maar ons kan daarmee saam leef. Los vir Zille uit.

SARIE VAN HEERDEN ·

Die herrie oor Zille verstaan ek nie. As dit nie vir kolonisnisme was nie het ons nog in Donker Afrika gesit. Kennis en ontwikkelling is van buite na ons gebring. Dit was ‘n realiteit waarby ons almal net gebaat het.

Vlooi ·

Wat dan van Supra wat n Premier van n provinsie is. Wat die kinders so opgestook het dat huise afgebrand is en besighede vernietig is. Is dit nie ook n rede om afgedank te word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.