Sandton-ma en seun vas vir dagga

Argieffoto

Die Valke het Donderdag ʼn ma (53) en seun (29) in Sandton in hegtenis geneem omdat hulle glo met dagga ter waarde van ongeveer R3 miljoen handeldryf.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê die Valke het inligting ontvang van ʼn geheime laboratorium waar dagga geplant en verwerk word by ʼn huis in die luukse voorstad Sandhurst in Sandton.

“Daar is op daggavervaardigingstoerusting, chemikalieë en daggaplante beslag gelê en die twee is in hegtenis geneem,” het Mulamu gesê.

Die beskuldigdes sal Vrydag in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklagte van handeldryf in dagga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Denise ·

Hel maar dit is baie geld glad nie n slegte idee om geld te maak nie mits dit die soort is wat mense help ek sal kan doen met n miljoen!!!!

Cherokee ·

Denise, om te kan doen met ‘n miljoen is voordat Zuma & kie die land se ekonomie beland het waar dit is…. ek sal kan doen met ‘n biljoen!!!

Casper Labuschagne ·

Hier op die plaas merk ek so van tyd tot tyd ‘n vreemde soort kakiebos op en ontstig die werkers so effe as ek die aaptwak uittrek. Mag ‘n mens nog die ou volksnaam “aaptwak” gebruik, of sal die Menseregtekommissie my daarvoor beetkry?

Nolis ·

Maar ons kan nie n bende van 7 plaasmoordenaars vas trek nie.

CAROL ·

Sjoe ja nee ek stem. Moes eerder maar eers a “loan” daar gaan maak het.

Cassie ·

Ek het al gehoor dat dagga saam met ande plante soos wynruit en willeals doeltreffend aan gewend word vir verskeie mediese kwale maar of dit wetenskaplik voordelig bevind is weet ek nie.Miskien kan iemand wat weet dit met ons deel.Hierdie twee het virseker nie mediese behandeling in gedagte gehad nie Maak dagga wettig vir mediese gebruik en die handel daarin sal drasties afneem

M A ·

Dagga ekstrak, gemaak van die hele plant, is geweldig genesend. Ek gebruik dit op my diere as ek iewers n ou plantjie in die hande kry. Dis jammer mense misbruik dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.