Sandton-polisiebeampte verkrag stiefdogter

Argieffoto

ʼn 36-jarige polisiebeampte, verbonde aan die Sandton-polisiestasie, is Maandag tot tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van sy 17-jarige stiefdogter.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod), het gesê die beampte, ʼn konstabel, het sy stiefdogter in Mei verlede jaar in Ivorypark verkrag.

“Die polisie het ʼn saak van verkragting aanhangig gemaak en Opod het die ondersoek oorgeneem. Die beampte se verhoor het op 10 Februarie in die Johannesburgse hooggeregshof begin,” het Dlamini gesê.

Die hof het die beampte op 27 Februarie skuldig bevind op twee aanklagte van verkragting. Hy is vandeesweek tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.

Die beampte se naam word weerhou om sy stiefdogter se identiteit te beskerm.

“Opod is tevrede met die vonnis, aangesien geregtigheid vir die slagoffer geskied het en die roofsugtige figuur uit die samelewing verwyder is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarel Strydom ·

Watse geregtigheid vir die slagoffer? Die man gaan vrygelaat word op Parool en die slagoffer se vonnis is lewenslank.

Katryn ·

Kan ek as ouma ‘n simpel vraag vra? Wat se polisie-mag het ons deesdae? As jy die radio aansit: het ‘n mag mannetjie iets verkeerd gedoen? Hoe kan ons veilig voel met sulke “beskerming” jongmense verlaat die land! En ons ou crocks bly agter??? Hoe gemaak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.