Sandton-vrou, dogter vasgetrek vir bedrog

boeie

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Ma en dogter van Sandton in Gauteng het Dinsdag in die landdroshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal verskyn op 35 aanklagte van bedrog.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê Shameem Joosub (65) en haar dogter, Fathima Joosub (29), is verlede week in dié provinsie vasgetrek nadat ʼn soektog van stapel gestuur is.

Volgens Gwala is daar sake van bedrog teen die ma en dogter in onder meer Kaapstad, Phoenix, Alberton, Douglasdale, Sandton en Pietermaritzburg.

Hy sê die verdagtes sou glo geld van kliënte steel nadat hulle besprekings vir ʼn pelgrimstog na die Sai Baba-sentrum in Indië deur die Ayka International Travels-maatskappy gemaak het.

“Wanneer die kliënte dan op die dag van hul reis by die lughawe aankom, sou hulle ingelig word dat hul kaartjies nie ten volle betaal is nie en hulle dus nie op hul reis kon gaan nie. Wanneer die kliënte die verdagtes probeer kontak het, was daar geen antwoord nie,” sê Gwala.

Volgens hom het die eerste van dié voorvalle Januarie 2017 plaasgevind.

Albei vroue word tot 22 Maart in aanhouding gehou terwyl ʼn ondersoek voortduur. Die polisie het intussen ʼn beroep op slagoffers gedoen om vorendag te kom. Enigeen met meer inligting word versoek om Jonathan Padayachee by 074 898 4636 of 033 387 9651 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

t ·

In vandag se tyd, met die geweldige hoeveelheid van inligting tot jou beskikking, is dit nie aanvaarbaar om nog ingedoen te word nie. Voor jy jou swaarverdiende geld aan ‘n ander oorhandig is dit darem seker nie te veel gevra om 10 minute op Google te gaan kyk of dit ‘n slenter is nie? Al hierdie slenters is reeds bekend.

Annie ·

Hulle het by die Guptas geleer van bedrog en toe boemrang dit vir hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.