Sanef: ‘Bring bewyse teen joernaliste’

Winnie Madikizela-Mandela. Foto: Dumisani Sibeko/ANA

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Vrydag diegene wat konkrete bewyse teen verslaggewers het wat na bewering die apartheidsregering ondersteun het, om dit in te dien en hul bewerings te staaf.

Dit kom ná bewerings deur wyle Winnie Madikizela-Mandela in Pascale Lamche se bekroonde dokumentêr, Winnie, dat verslaggewers deur die apartheidsregering betaal is om stories te fabriseer om haar beeld en nalatenskap te beskadig.

Vic McPherson, voormalige direkteur van die apartheidsregering se klandestiene strategiese kommunikasie-eenheid (StratCom), het in die dokumentêr besonderhede van Operasie Romulus aan die lig gebring – ʼn teenrewolusionêre strategie wat Madikizela-Mandela as sy primêre teiken in die oog gehad het.

StratCom was die apartheidsregering se vierjaarplan om die ANC te ondermyn en te verswak in die aanloop tot die eerste demokratiese verkiesing in 1994.

Sanef het in ʼn verklaring gesê hy neem kennis van die debat oor die rol van die media om valshede te versprei en sekere anti-apartheidsaktiviste te diskrediteer.

“Tydens die debat oor haar nalatenskap en ervaring as vryheidsvegter, word sommige verslaggewers daarvan beskuldig dat hulle spioene was, of operateurs wat probeer het om haar naam in oneer te bring deur stories te publiseer wat die apartheidsregering verskaf het,” lui die verklaring.

“Sanef erken ten volle die gewelddadigheid van die apartheidsregering en veldtogte waartydens valse inligting versprei is. Gegewe die konteks van hierdie leuens en propaganda, glo ons dit is kritiek dat konkrete bewyse ingedien word om dié bewerings te staaf dat spesifieke joernaliste die apartheidsregering se staatsekuriteit ondersteun het.”

Sanef het gesê sonder dié bewyse, is dit onverantwoordelik, gevaarlik en baie skadelik wat mediavryheid en die media-omgewing in sy geheel betref om sulke onbevestigde gerugte te versprei.

“Ons glo ook verslaggewers kan fisies in gevaar wees en hul geloofwaardigheid kan onnodig bevraagteken word. Diegene wat konkrete bewyse het van enige misstappe deur verslaggewers wat in daardie stadium gewerk het, moet na vore kom. Ons versoek ook dat gemoedere rustig sal wees, sodat ons ʼn sober debat kan hê oor die maniere hoe Mama Winnie se nalatenskap gekoester kan word en ons ʼn werklik demokratiese land kan bou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Christene

Ek kan dit glo. Dit gebeur in elke land, elke regering. Dit gebeur steeds. Kyk maar hoe lank het die media stil gebly oor die Guptas. Geld praat harder as waardes as dit by politiek kom.

Willem

Daar is ook beweer dat die NMFC, wat Winnie se lyfwagte was, almal lede van die destydse NI was om haar dop te hou. Ek het die verwysing na die berig geplaas, asook die naam van die persoon van NI wat die bewering gemaak het, dit is oral in die media berig vir almal om te sien, maar Meroela het dit raadsaam geag om hy kommentaar te sensor, en nou plaas hulle dié!

Antjie

Vic McPherson word in die berig genoem as die direkteur in daardie tyd, en die fluitjieblaser.

As dit SANEF meer pla as wat hulle net punte probeer verdien, kla die man aan vir bedreiging van joernaliste se lewens en geloofwaardigheid! Moenie kamtig dreig nie, doen dit! Ons as lesers wil graag die kaf van die koring geskei hê!

Andre

Daar is soveel leë woorde wat die wêreld ingestuur word oor Winnie Mandela … alles warm lug! Fake News om koerante te verkoop! Die arme omstrede vrou se dood word ‘gemelk’ vir goedkoop publisiteit deur ALMAL, en veral Julius Malema. As Julius Malema eg bedroef voel oor Winnie se dood behoort hy hom in sy ‘binnekamer’ af te sonder om in privaatheid te treur. Maar nee! Hy skree waansinnig ten hemele op publieke verhoë waar hy maksimum media blootstelling kan genereer. Ek soek nog na iets substansieël waaraan Winnie Mandela se nalatenskap beoordeel kan word … iets meer as ‘warm… Lees meer »

Gerhard

Is dit dalk die ANC se manier om van sy vyande ontslae te raak. Die ANC se Operasie Romulus.