Sanef sleep EFF gelykheidshof toe

Die EFF-leier, Julius Malema. Foto: ANA

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het ʼn klagte by die gelykheidshof teen die EFF ingedien omdat dié party na bewering joernaliste probeer bangpraat en dreig.

“Sanef het die hof genader ter verdediging van mediavryheid en om beskerming te verkry vir joernaliste teen volgehoue intimidering en dreigemente teenoor verslaggewers deur die EFF-leier, Julius Malema, en sy ondersteuners,” sê die forum in ʼn verklaring.

“Ons het nie die besluit om regsaksie teen die EFF in te stel ligtelik geneem nie. Ons glo aan die Suid-Afrikaanse manier van geskille om ʼn tafel besleg, maar Sanef kon nie daarin slaag om ʼn vergadering met … Malema en ander EFF-leiers te belê oor hul uitlatings wat ons as blatante haatspraak beskou nie.”

Sanef sê al het die party die laaste ruk ingewillig om met verskeie private maatskappye te beraadslaag, weier die EFF om voor die algemene verkiesing, wat na verwagting in Mei gehou sal word, met Sanef te praat. “Dit het ons gedwing om die hof te nader.”

Volgens Sanef is dit veral vroueverslaggewers wat deurloop onder die EFF se “stortvloed” beledigings.

“Joernaliste wat krities oor die EFF berig, is ‘h***e’, ‘hekse’ en ‘t**e’ genoem en beroep is op stoere EFF-ondersteuners gedoen om hulle te verkrag en aan te val,” sê Sanef.

Die partyleierskap se swye oor die magdom haatdraende uitlatings is oorverdowend.

“Party van die mense wat voorgee dat hulle EFF-ondersteuners is, het gedreig om joernaliste se woonadresse in die hande te kry. EFF-ondersteuners doen ook beroepe om sekere verslaggewers om die lewe te bring. Die partyleierskap se swye oor die magdom haatdraende uitlatings is oorverdowend.”

Malema het verlede maand buite die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria aan ondersteuners gesê sy party sal joernaliste voortaan monitor om seker te maak joernaliste van sekere mediahuise woon nie geleenthede van die EFF by nie.

Hy het die Sunday Times en sy verslaggewers gewaarsku om nie EFF-geleenthede by te woon nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johanna Botha ·

Gaap …gaan iets gebeur ? VBS ….ook niks gebeur nie ?

Thinus ·

Die hele EFF leierskap hoort in die tronk en nie in die parlement nie, want die hele spul is korrup. Daarom kan hulle net dreig en beledig want hulle ken nie van beter nie.

Ellisras ·

Verduidelik asb vir my. Ek verstaan nie. Daar is ‘n hofbevel teen jou. Jy ignoreer dit. En dan gebeur niks. Niks. Hoe werk dit?

Poot ·

@Ellisras
Kom ek vertel jou in ‘n neutedop hoe dit werk.
“Dit werk nie”

JK ·

So jul wil die joernaliste se woonadresse gee…maar toe Malema sin gepublish was, toe bedinges jul julself en kry vip protection? LOL. Mense moenie blind wees nie, die EFF en BLF is net voetsoldate vir die ANC.

Jerry ·

Die lee blikke met al die marxistiese idees, se idee is om wanneer hulle aan bewind kom deur anargie, almal wat hulle so hof toe gesleep het, deur die massas strate toe te laat sleep waar “open courts” gehou gaan word! Daar sal net aanklaers, regters en laksmanne teenwoordig wees, geen verteenwoordiging vir verdediging sal toegelaat word nie! Dit is dus noodsaaklik dat wanneer daar tans teen hulle opgetree word, daar nie met hulle gespeel moet word nie. Hulle moet uit die hof reguit hofselle toe en vandaar af reguit tronkselle toe en die bewaarders moet nadat hulle die selle gesluit het, die sleutels weggooi! Die howe moet die EFF se idees en uitsprake beskou as dade en hulle daarvolgens lewenslank vonnis, anders gaan selfs die howe, dit eendag berou!

1+1 ·

Hy moes meer deur sy ouers getug gewees het. Daarom doen hy net wat hy wil. Van kleinsaf met alles weggekom en die bose kringloop duur nou voort

Peet ·

Hoe dan nou? Die liberale media kon tot onlangs nie ophou publisiteit aan die EFF en sy mal leiers gee nie nie! Brand julle vingers nou??

aj ·

Die media se aanvanklike ‘troetel monstertjie (Malema)’ het nou verander in ‘n vuurspuwende draak wat sy ‘makers’ gaan insluk.

Die media het net een kans om hulle “selfgemaakte monster” te elimineer Kopaf of …..!

ES ·

Hulle moet die hele EFF en BLF onder soveel regsgedinge plaas dat hulle elke dag in die hof spandeer sodat hulle nie sulke nonsens kan kwytraak nie.

Cornelia ·

Ongelukkig is dit waar dat AL die malemas, TOEGELAAT word deur die regerende party, om alle ander opponerende partye, individue en spreekbuise, te viktimiseer met van die mees uitgesproke kriminele en ingrypende dreigemente denkbaar onder die son. Die REGBANK tree om een of ander rede “magteloos” en “geboeid” op teen uiterstes van vergrype en minagting van hofbevele. Wys jou net… Dit kan gedoen word.

Poot ·

Die oplossing is dood eenvoudig.
Die “bedreigde media” moet net ophou om die eff publisiteit te gee. Wat die oog nie sien nie maak die hart nie seer nie.
Hulle floreer op die media……al dreig hulle die media. Propoganda mense, dis al.
Maar ai tog….. die media soek mos altyd sensasie, daai sogenaamde “Scoop”.

Fryingfrog ·

Weet die pers dan nie dat die pen magtiger as die swaard is nie? Gebruik dit!

Cornelia ·

Media beriggewing oor RAMPE en TRAGEDIES verkoop papier teen die spoed van veldbrande wat deur storm sterkte winde aangedrye word. En die malemas is ALBEI. Op sy beurt lê Ramgphosa en “sonbrand” in hulle “passie.” Nou ja, nou weet julle hoe donker “nasiebou” se horisonne daar uitsien. Nasiebou! Transformeer! O wee, toe’s dit net een kleur. ROOI.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.