Sanef ‘teleurgesteld’ ná hof in EFF se guns beslis

Julius Malema, leier van die EFF.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het sy teleurstelling uitgespreek in ʼn gelykheidshofbeslissing oor ʼn intimidasiesaak wat in die guns van Julius Malema en die EFF gemaak is.

Die gelykheidshof het Donderdag Sanef se aansoek om Malema en sy ondersteuners te verbied om joernaliste in die openbaar en op sosialemediaplatforms te intimideer, van die hand gewys.

Sanef en die verslaggewers Barry Bateman, Pauli van Wyk, Adriaan Basson, Max du Preez en Ranjeni Munusamy het die aansoek ingedien.

Hulle het aangevoer Malema en sy ondersteuners pleeg haatspraak wanneer hulle met joernaliste praat.

Sanef het ook die hof gevra om die EFF te beveel om in die openbaar aan die betrokke joernaliste om verskoning te vra.

“Sanef is teleurgesteld dat die beslissing nie ons guns was nie, maar ons hou vol dat ons heeltemal geregtig daarop was om die hof te nader ná verskeie voorvalle waar die EFF joernaliste gedreig en hulle geïntimideer het,” het die redakteursforum in ʼn verklaring gesê.

Sanef sê hy verwelkom kritiek op joernaliste van enige lid van die publiek, maar waarsku teen boeliery en intimidasie.

“Ons doen ʼn beroep op dié kritici om met die media in gesprek te tree op ʼn manier wat nie neerkom op intimidasie of die bedreiging van joernaliste se lewens nie.”

Sanef sê ook hy gaan voort met sy pogings om met die EFF en alle ander politieke partye te gesels oor aanvaarbare reëls oor die kwessie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

daniel ·

Dit wil voorkpm asof die regbank nie altyd so onpartydig is soos veronderstel word nie.

Harry ·

Nou wat het julle andersins verwag?
Almal weet watter soort “hof” hierdie is – ontbloot eerder hierdie hof en sy narre, sodat hul ware agendas bekend kan word.

AJ. ·

Die EEF, ANC en al hulle Kaders kan se en maak net wat hulle wil en kom weg daarmee.
Dit gebeur onder die sogenaamde Demokrasie in ons land en die Hof beskerm hulle almal.

Heksie ·

Wonder wat die bedraggie was vir die “bribe” wat betaal is vir hierdie uitspraak ..

Wielspore ·

‘n Regter maak ‘n beslissing op grond van bewyse wat in die hof gedien word, as party A se bewyse sterker is as party B sin, dan sal die regter ‘n beslissing maak ten gunste van party A.
Gaan soek eerder die rede vir die beslissing by SANEF omdat hulle saak swak voorberei en ingedien is. Die regter se besluit was dus korrek.

PJC ·

Wielspore dit is soos dit veronderstel is om te werk maar as jy gereeld na hofsake kyk of luister sal jy agterkom dat dit deesdae dikwels gebeur dat die wet of die grondwet tweede kom en die ideologie dan as die wenner uit die stryd tree. Dit gebeur van die laagste tot by die grondwetlike hof. Daar is baie regsgeleerdes wat hierdie mening huldig en dit ook staaf met voorbeelde. Voorsittende beamptes is dus nie so onkreukbaar van karakter soos wat almal voorgee nie. Die rede hiervoor is die wyse waarop die RDK die aanstellings doen. As gekyk word hoe die RDK tans funksioneer dink ek nie enigiemand het meer enige vertroue in hulle werkswyse nie.

PPP ·

Doen die selfde en se vir hom die selfde dan is dit haatspraak en jy moet nou tronk toe sy probleem is hy het nog nooit in sy lewe teen n geweer se loop vas gekyk nie en ek dink dit is tyd daar voor.

Jordaan ·

Sekere mense is onaantasbaar. Daarom verstaan ek nie Afriforum se strategie om die NVG te dwing om hom te vervolg nie. Daar is geen erns nie en hulle sal net deur die proses gaan om voor te gee dit is gedoen. Beter dat dit duidelik is dat hy nie deur die NVG vervolg word nie en dat Afroforum dan ‘n ernstige provaat vervolging kan instel.

Speedguard ·

Ja-nee Julius slaan die kitaar, so duidelik soos daglig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.