SA’ner (92) se deportasie tydelik opgeskort

Myrtle Cothill (regs) en haar dogter, Mary Wills. Foto: Steve Reigate via The Guardian Online

Myrtle Cothill (regs) en haar dogter, Mary Wills. Foto: Steve Reigate via The Guardian Online

Die deportasie van ʼn sieklike 92-jarige Suid-Afrikaanse vrou, wat deur haar enigste dogter in Engeland versorg word, is tydelik opgeskort.

Myrtle Cothill sou Dinsdag na Suid-Afrika moes vlieg nadat haar versoek om in Engeland te bly, afgekeur is, berig die BBC.

Meer as 75 000 persone het ʼn petisie onderteken waarin versoek is dat Cothill in die Verenigde Koninkryk kon bly.

Cothill se dogter, Mary Wills (66), en prokureur het gesê die departement van binnelandse sake het die deportasie nou tydelik opgeskort, terwyl hulle op nuwe mediese verslae wag.

Maroela Media het vroeër berig Cothill ly aan hartprobleme, sigverlies en gehoorprobleme en het geen familie in Suid-Afrika nie. Haar dogter versorg haar al sedert Februarie 2014 weens haar swak gesondheid. Ten spyte van dié gesondheidsprobleme het sy onlangs ʼn brief ontvang wat haar ingelig het om onmiddellik planne te maak om die land te verlaat nadat haar visumaansoek nie geslaag het nie.

Lees meer: BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Vlugtelinge wat Europa oorstroom is eerder welkom. Snaaks hoe die Engelse se koppe werk, indien hulle werk.

DPJ ·

Regtig om menslike redes en niks ander kan die vrou maar by haar geliefde dogter aan bly tot haar afsterwe nie.

Liewe heksie ·

Ai Tannie ek hoop regtig jy kan daar bly jou family is al wat saak maak op so n hoë ouderdom

Grotman ·

Ek stem algeheel met jou saam. Maar ons almal weet die Britte is nie vrek slim nie. Wat se skade kan die vrou nou eintlik vir hulle gee? Pateties!

Berhalet Beukes ·

Sy is nie ‘n las op die Britse regering nie, sy doen geen mens skade nie en dit sou onmenslik wees om haar na hierdie siek land van ons te stuur waar sy eintlik geen heenkome het nie. Mag hulle haar deportasie geheel en al terug trek.

Albert Marais ·

Sulke gevalle moet eintlik direk aan Nigel Farage, leier van die Ukip party , uitgewys word. Hy sal gou werk daarvan maak, Een van die min Engelse wat sy sout werd is.
Bly nog steeds n groot skande, gesien in die lig van die komende Britse referendum.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.