SA’ner belig plaasmoorde ná oorwinning tydens UFC-buiging

Dricus du Plessis. Foto: Twitter.

Suid-Afrikaanse sportliefhebbers het die afgelope paar maande min gehad om oor te glimlag, maar Dricus “Stillknocks” du Plessis het soos ’n Elvis Blue-liedjie gemaak en vir almal weer rede gegee om te glo.

Die 26-jarige uitblinker in gemengde gevegskuns het amok in sy Ultimate Fighting Championship-buiging teen Brasilië se Markus Perez gemaak toe hy die geveg in die eerste ronde op Dana White se Fight Island in Abu Dhabi gewen het.

Perez het gedurende die voorafgaande weegsessie sy gesig soos die Joker opgemaak, maar dit was Du Plessis wat ná net meer as vier minute laaste gelag het.

Hoewel die meer ervare Perez sterk begin het, het Du Plessis vinnig sy voete gevind en op die aanval oorgeslaan. Een van sy opstoppers het die Brasiliaan góéd getref en die gevegbeampte het kort daarna die aksie stopgesit.

Hy is ook een van die EFC se sterre en is vol lof vir sy Suid-Afrikaanse ondersteunerspan. Foto: Verskaf.

Dit was ’n verstommende oorwinning vir die man wat in Pretoria aan sy vaardighede slyp en hy het ná afloop van die geveg ook sy stem oor plaasmoorde dik gemaak.

“Suid-Afrika gaan tans deur ’n moeilike tyd met plaasmoorde wat hoogty vier; mense word daagliks vermoor,” het Du Plessis gesê.

Hy het bygevoeg dat die internasionale gemeenskap dalk nie van alles bewus is nie en dat hy sy platform wil gebruik om mense in te lig.

“Kom ons stop die plaasmoorde. Ek wil hê die wêreld moet sien wat in Suid-Afrika gebeur. Dit is só ’n mooi land en dit word deur dinge soos dié geruïneer. Kom ons staan saam as land om dit te oorwin.

“Ek is gereed vir die groot verhoog en binnekort sal die hele wêreld weet wie Stillknocks is,” het hy vóór die Perez-geveg gesê.

Nou ja, ná gisteraand het hy baie nuwe ondersteuners gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
Lourens

Veels geluk met jou oorwinning Dricus, en dankie dat jy jou stem opbring oor die plaasmoorde.
Die boere het nodig dat dit wêreldwyd laat hoor word.
Baie seën vorentoe.

Dries

WONDERLIK, WONDERLIK .Buig nie die knie soos Pienaar en sy trawante nie

Adeline

Hierdie man is tweemaal ‘n HELD, eerste in Sport en tweede in sy Hart (gees) as ‘n ware dapper BLANKE Suid-Afrikaner en het eerstens gebruik gemaak van sy vuiste en tweede van die SWAARD in sy mond wat seker wêreld wyd ‘n groot indruk en verskil vir BLANKE Suid-Afrikaners gemaak het – Hy het definitief meer leierskap kwaliteite en trots om BLANK Suid-Afrikaner te wees. Daar is soveel ander leiers van die voos vrot politiek wat praat praat praat, en niks verander nie die moorde gaan rustig voort terwyl hulle kompromie probeer aangaan en daadwerklike verandering vind nie plaas nie.… Lees meer »

Trotse Boervrou

Dricus, dankie is so klein woordjie maar dankie dat jy sonder skroom opgestaan het en op hierdie platform jou stem laat opklink het teen plaasmoorde. Baie respek vir jou. Hoop ander sportmanne en -vroue volg jou dapper voorbeeld.

Danie

Baie dankie die wereld moet weet wat aangaan in die land! Dis ons land ook malema maar jy breek af maar ons bou gelukkig vinniger op!