SA’ner deur na Wimbledon finaal

Raven Klaasen en sy dubbelspelmaat Michael Venus. Foto: Tennis SA/Twitter/ANA

Suid-Afrika se Raven Klaasen en sy dubbelspelmaat, Michael Venus van Nieu-Seeland, het na die finaal van die Wimbledon-dubbelspel vir mans deurgedring.

Klaasen en Venus het Donderdag die Deen Frederik Nielsen en die Brit Joe Salisbury 7-6 (8/6), 3-6, 6-3 en 6-4 geklop.

Hulle kom Saterdag 14 Julie teen Mike Bryan en Jack Sock van Amerika in die finaal te staan.

Maroela Media het vroeër berig Kevin Anderson, die eerste Suid-Afrikaner in 35 jaar om die halfeindronde van Wimbledon te haal, sal teen Novak Djokovic of Rafael Nadal in die eindstryd te staan kom indien hy sy halfeindstryd wen.

Die agtste gekeurde Anderson (32) het die eerste gekeurde Roger Federer van Switserland Woensdagaand met 2-6, 6-7(5), 7-5, 6-4, 13-11 geklop.

Venus het verlede jaar die Franse Ope-dubbelspel saam met die Amerikaner Ryan Harrison gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Koos ·

Ek het darem al Raven hier in SA by Davisbeker-tennis sien speel destyds. Meeste Maroela-lesers het geen benul wie hy is nie, maar nou is elke koerant sy beste pel.

Ai tog ·

Ai tog ou Koos, mooi dag vir jou. Hoe sal hul nou van hom geweet het as hy nie nuus gemaak het nie, mens kan mos net berig as jy van iemand weet en dit is alleen as hul titels wen……. so maklike som

nico k ·

Ja dis jammer dat dubbels geen aandag kry nie. Toe Bob Hewitt en Frew Macmillan nog Wimbledon gewen het, was dit ‘n groot ding. Wanneer laas het SA iemand in die dubbels eindronde gehad by Wimbledon?

Jip ·

Jip ek stem en dit is net sooo groot kuns om hier te wen of ten minste semi toe te gaan, dit is ‘n kuns om positioneel te speel, maar ook ” to step up, when needed” as die maat ‘n glips het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.