SA’ner gekies vir Obama Africa-leierskapsprogram

Lesley Williams, uitvoerende hoof van Tshimologong Precinct (Foto verskaf)

Die voormalige Amerikaanse president Barack Obama se stigting het die uitvoerende hoof van Tshimologong Precinct gekies as ʼn lid van sy Afrika-leierskapsprogram.

Dié digitale-innoveringsmaatskappy het gesê Lesley Williams is aangestel as deel van die Obama-stigting se verbintenis om sy wêreldwye netwerk uit te brei van persone wat deur innoverende denke transformasie in hul gemeenskappe bevorder.

Die program is ʼn jaarlange inisiatief om 200 opkomende leiers van oor Afrika heen te inspireer, te bemagtig en hulle van die nodige vaardighede te bedien om verandering teweeg te bring en spesifieke kwessies aan te roer.

Tshimologong, wat “ʼn nuwe begin” beteken, is ʼn projek van die Universiteit van die Witwatersrand en verskaf bystand aan jong maatskappye. Die organisasie ontwikkel ook studente, jong werkende persone en die werklose jeug se digitale vaardighede op ʼn hoë vlak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jaco ·

Is sy swart genoeg en wel teenwoordigheid van die nasionale demografie? Dis nie rassistiese woorde wat ek uit my duim suig nie. Dis woorde wat regtig gebruik word as mense van haar ras werk soek en hulle kry dan niks nie. Ek weet van klomp gevalle.

Abe ·

Wat n pragtige vrou. Ek glo sy is so bekwaam soos haar benoeming mens laat dink. Baie geluk en voorspoed aan haar.

Wha ·

Geen verrassing nie. Nie gedink sy gaan blank wees nie. Dit is mos ‘n sonde om blank te wees of vir enige jongmens om enige voordeel erens oorsee te kry. Jy is mos melaats.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.