SA’ner in Burkina Faso ontvoer

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het gesê hy is ingelig omtrent die ontvoering van ʼn Suid-Afrikaner in Burkina Faso in Wes-Afrika.

Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder van die departement, het gesê die departement werk deur sy sendings in die streek saam met wetstoepassingsagentskappe in verband met die saak.

“Die familie van die ontvoerde Suid-Afrikaner is in kennis gestel.” Geen verdere inligting is in dié stadium bekend nie.

Mabaya het namens die regering Suid-Afrikaners gewaarsku om bedag te wees wanneer hulle reis en hul te vergewis van moontlike veiligheidsrisiko’s in die omgewing waar hulle reis.

“Suid-Afrikaners word ook daaraan herinner om by die betrokke sending of die departement te registreer wanneer hulle in die buiteland werk of reis.”

eNCA het vroeër berig die Suid-Afrikaner is glo een van drie mynwerkers wat in die noorde van Burkina Faso ontvoer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

David ·

Ek reis gereeld na Wes Afrika en het baiemaal probeer registreer op die webwerf. Soos alles onder die Suid Afrikaanse regering se beheer, werk die webwerf registrasieproses nie.

Gelukkig kyk die gasheer-maatskappye mooi na my veiligheid en sal die nodige doen, sou ek ontvoer word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.