SA’ner in DRK skiet meisie, homself

Argieffoto

ʼn Lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gebaseer in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) het probeer om homself om die lewe te bring nadat hy na bewering sy meisie, ook ʼn lid van die SANW, geskiet het.

Die vrou het aan haar bewerings beswyk met haar aankoms by ʼn hospitaal in Goma ná die skietery omstreeks 20:45 Vrydagaand, het brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die SANW, Saterdag gesê. “Die man is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal. Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie.”

Die naam van die oorledene sal eers bekend gemaak word sodra haar naasbestaandes formeel in kennis gestel is.

Minister van verdediging Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sekretaris van verdediging Sam Gulube, en hoof van die weermag lt.genl. Solly Shoke het hul medelye betoon aan die vrou se familie, vriende en geliefdes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.