SA’ner is wel in Duitsland gehelp, sê departement

Argieffoto

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Woensdag gesê hulle het kontak gemaak met ʼn Suid-Afrikaanse burger wat in Duitsland in nood verkeer, en gesê berigte dat die departement versuim het om te reageer, is misleidend.

Seth Baise, ʼn polisiereservis gebaseer in Johannesburg, beweer die departement het drie dae lank geneem voor hulle reageer het op sy versoek om hulp om sy ma, wat aanvanklik in Duitsland verdwyn het, huis toe te bring.

“Die departement is bewus van die saak wat op Sondag, 12 Augustus, deur mnr. Baise aangemeld is. Ons ambassade in Berlyn het Maandag direkte kontak gemaak met hom. Die nuusberig skep die indruk dat die departement nie op die saak reageer het nie,” aldus ʼn verklaring wat Woensdag uitgereik is.

“Die verklaring deur mnr. Baise wat deur Traveller24 gepubliseer is, is misleidend, aangesien dit blyk dat die departement nie op die klag reageer het nie. Die konsulêre diens is ten volle bewus van die tragiese voorval en het dadelik mnr. Baise bygestaan toe die saak onder ons aandag gebring is.”

Baise het gesê sy ma het nou ʼn geestelike ineenstorting beleef en hy het ʼn emosionele wipwarit gehad om dokters se verslae en magtiging van versekeraars te bekom om haar reis huis toe te reël.

Sy 73-jarige ma, Colleen Crossley, wat in Somerset-Wes in Kaapstad woon, is in Duitsland se lughawe in Frankfurt gevind toe sy doelloos rondgedwaal het. Sy het nie haar besittings of identiteitsdokumente gehad nie. Sy sou ʼn twee weke lange vakansie in Europa onderneem.

Die departement het bygevoeg Baise was al sedert Maandag direk in kontak met die konsulêre diens en die ambassade in Berlyn en die ambassade is in kontak met die plaaslike hospitaal. “Sodra me. Crossley gereed is om te reis, sal die ambassade bystand lewer om noodreisdokumente uit te reik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sê maar net 1 ·

MM
Paragraaf twee: “… die department het drie _____ lank geneem…”?

Phillip ·

Dagsê Sê Maar Net

Jammer vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groete

Phillip Bruwer, nms Maroela Media

Pop ·

Hoekom is sy lleen in Duitsland om mee te begin. Bejaarde mense moet begin verstaan, ons is nie jonk nie en kan nie alleen rondtoer nie. Dis gek. Kinders pas asb julle ouers op.

Krewel ·

Ek weet van 80-plussers wat die wêreld platreis. Enigiemand kan skielik verward raak. Ouderdom is in ons moderne samelewing feilik nooit meer ‘n faktor nie.

Freud ·

Ag asseblief!! Ons is lankal verby 70 en was in een jaar in drie lands en dra nog ons eie tasse en rugsakke ook. Nie almal oor 70 is Oud voor hulle tyd en sit en hekel voor die TV nie!

Lekker lag ek nou ·

Sê hulle oom Freud, sê hulle! #SienOomOpDieLughawe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.