SA’ner laat Nadal les opsê

Suid-Afrika se Lloyd Harris na sy oorwinning oor Rafael Nadal. (Foto: Mitchell Layton/GETTY IMAGES NORTH AMERICA/Getty Images via AFP)

Suid-Afrika se Lloyd Harris het die tennislegende Rafael Nadal geklop om die kwarteindronde van die Citi-Ope te behaal.

Harris het Nadal, wat 20 Grand Slam-titels agter sy naam het, met 6-4, 1-6 en 6-4 geklop. “Dit was regtig spesiaal,” het Harris, die wêreld se 50ste gekeurde speler, gesê en bygevoeg dat dit die grootste oorwinning nog in sy loopbaan is.

“Ek het al ’n paar groot oorwinnings behaal en ’n paar Grand Slam-kampioene geklop, maar om iemand met 20 Grand Slam-titels voor ’n vol skare en in so ’n ongelooflike atmosfeer te klop, is beslis iets besonders. Ek is net so gelukkig met hoe als uitgedraai het,” het die Kapenaar gesê.

Harris het in Maart vanjaar ook met die Amerikaanse Ope-kampioen Dominic Thiem afgereken.

Harris kom in die kwarteindronde teen Japan se Kei Nishikori te staan. “Ek het vroeër vanjaar teen Lloyd verloor in Dubai; so hy is nie my gunstelingteenstander nie,” het Nishikori gesê. “Maar ons sal sien.”

Die Citi-Ope was Nadal se eerste toernooi in twee maande weens ’n beseerde linkervoet. Die Spanjaard is intussen gefokus op die Amerikaanse Ope wat op 30 Augustus begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jack ·

Ek dink RAFA het die wedstryd vir Lloyd Harris gegee. Die eerste en derde stel het Lloyd net -net gewen (Rafa net-net verloor) maar in stel twee was Rafa oorheersend. Waarom kon RAFA nie die spelpeil van stel twee volhou nie? Ek vermoed hy wou vroeg huis toe gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.