SA’ner-ma vas vir moord op drie kinders

facebook-picture-of-gary-clarence

Gary Clarence en sy tweelingseuns Foto: Facebook

ʼn Vrou van Suid-Afrika is in hegtenis geneem nadat drie kinders dood aangetref is in ʼn huis in Londen, het die Britse polisie Woensdag bevestig.

Die Telegraph het die 43-jarige vrou as Tania Clarence uitgeken, maar die polisie wou nie haar naam bekend maak nie. Volgens mediaberigte was sy die ma van die drie kinders. Haar man, Gary, is die hoof van gesondheidsorg by Investec in Londen, het die Telegraph verder berig.

Die polisie is Dinsdagaand omstreeks 21:30 na die huis in New Malden, suid van die hoofstad, ontbied. Die polisie het toe op die kinders se liggame afgekom. Volgens ʼn buurvrou, wat anoniem wou bly, was daar vier kinders in die gesin, waarvan drie aan spinale spierdistrofie gely het. Die buurvrou het gesê die egpaar se driejarige tweelingseuns en ʼn vierjarige sussie was siek, maar die oudste dogter (sewe of agt jaar oud) is gesond. Sy het gesê die gesin het sowat ʼn jaar gelede ingetrek, en bygevoeg hulle is “baie oulike mense”.

Volgens die Telegraph was Gary en sy oudste dogter in Suid-Afrika toe die kinders vermoor is. Gary en sy dogter het intussen teruggekeer na Londen.

Die polisie het gesê niemand anders word in verband met die moorde gesoek nie. Dit is in die stadium nie bekend hoe die kinders vermoor is nie.

Bronne: The Telegraph / SAPA-AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

AmY ·

Nou wonder ek: Het die ma nie meer kans gesien vir die siek kinders nie? Of wou sy hulle verlos van pyn en siekte?

sylvia ·

sulke 2 pragtige seuntjies, dis verskriklik hartseer om te hoor dat hul eie mamma hul vermoor het omdat sy nie meer kans gesien het vir die siek kindertjies nie.

marc ·

Wonder hoekom terwyl die pa en dogter alleen gaan vakansie hou in Suid Afrika.

Marietjie ·

Moenie oordeel as jy nie self in haar skoene was nie. Ek dink nie dis so maklik as om te sê sy het nie meer kans gesien vir hulle nie.

pop ·

n Leeftyd van versorging, dis wat vir haar gewag het. 24/7 Ek kry haar so verskriklk jammer, dit moes n verskriklike besluit gewees het en baie moed gekos het om dit te doen. Hoop en bid haar man verwerp haar nie en staan haar by. En bowenal, as jy een so kind het, hoekom nog kry????

Belinda ·

My hart gaan uit na die ma. Dit moes moeilike tyd vir haar wees.

Nadia ·

Dis tragies, maar feit bly staan dis moord en moord bly moord en kan op geen manier goed gepraat word nie, geen een van ons het die mag om so ‘n besluit neem nie. Daar is ander uitwegte net tragies dat die betrokke partye dit nie altyd raak sien nie…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.