SA’ner, minstens vier ander in Nigerië ontvoer

Foto: Google Maps

Foto: Google Maps

ʼn Suid-Afrikaner en minstens vier ander mense, onder wie twee Australiërs, is Woensdag in Nigerië op pad werk toe ontvoer.

Punch, ʼn dagblad in Nigerië, berig op sy webtuiste dat ʼn groep mense, insluitend die Suid-Afrikaner, Australiërs, ʼn Nieu-Seelandse burger en Nigeriërs, wat vir ʼn Australiese maatskappy in Nigerië werk, omstreeks 06:00 op pad werk toe was toe hulle oorval is.

Volgens die berig is die groep deur vier gewapende polisiebeamptes vergesel toe hulle by die Idundu-brug in Calabar in die Cross River-staat deur gewapende mans oorval is. Een van die bestuurders is glo doodgeskiet terwyl twee mense glo daarin kon slaag om te ontsnap.

ʼn Ooggetuie het aan die dagblad gesê die ontvoerders het in ʼn boot op die rivier vir die groep gewag.

Die polisie het aan Punch bevestig dat ʼn Suid-Afrikaner, twee Australiërs en twee Nigeriërs ontvoer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Selfsorg ·

Australie moet maar self hier sorg. As jy regtig in Nigerie wil werk, rofste mense en land, ek voel SA het geen verpligting, hierdie man bring geen inkomste of ontwikkeling vir SA in nie, Australie moet maar ontferm.

Bietjie ·

Nee my maat
Probeer jouself in dieselfde situasie indink
Ek gun dit vir niemand
Nie eers ñ vyand moet dit mee gebeur
Vra Jesus om asb daardie mense te red
Laat die liefde van God hulle genadig wees
Dalk werk hulle daar omdat daar geen ander geleentheid is om vir hulle vrou en kinders te sorg !
Prys God 3 Enig vir Sy genade oor daardie mense sowel as oor jou en my ook !
Groete

Schalk ·

Selfsorg. Dink voor jy jou mond uitspoel. Ek self werk in dele van Afrika agv SA se regstellende aksie. @Bietjie, dankie vir jou insig.

JoeV ·

Self twee jaar in Nigerië gewerk, nee, die die rofste land of mense nie, baie selde rasistiese aanvalle daar gehad soos wat mens in SA kry in swart gebiede.
Calabar is toevallig ook een van die skoonste plekke op die aarde!!! Daar is wel onlus oor al die olie maatskapye in die “Niger Rivier Delta” wat die mense “uit-byt” en die onvoering is heel waarskynlik in verband met dit.
Verder die rustigheid vanself, al Nigerië se kriminele bly in Suid Afrika! .

jennefer ·

En wat as jou man in die land nie werk kry nie!!, hier op die platteland is ons verskeie vroue wat alleen moet aangaan, HIER IS NIE WERK NIE!

Teleurgesteld ·

Selfsorg-Dit is nou heeltemal ongevraagd. Jy weet nie eers wat aangaan daar nie.

monique ·

@selfsorg, dis seker hoekom jou naam self-sorg is. Deur Kwotas, BBBEE en regstellende aksie word Hardwekende SA mans en pappas gedwing om werk in die buiteland te soek! dink my ou maat voor jy jou mond uitspoel! SA soos dinge nou staan lyk nie so blink soos wat jy jouself verbeel nie.

Melissa ·

En sal SA dan sorg vir die Suid Afrikaners en Kiwi land vir die Kiwi?

wanda ·

Selfsorg, dink jy rerig ons mans wil in die buiteland werk???? My man het soos veel ander geen keuse nie, omrede hier geen werk vir hulle is nie! Ek sit soos baie ander vrouens alleen op n plaas omrede my man geld gaan verdien in somali, en ja dink jy ons land gaan n vinger lig, om daai persoon te help, glad nie! Bid eerder vir sy familie, ek weet hoe dit voel om in vrees te lewe dat so iets jou man dalk kan oorkom. Sterkte vir almal wat in die buitelande kontrak werk doen, ek bid elke dag vir almal daar.

Daenerys Targaryen ·

Hoeveel keer het ek nie al gewens die buiteland wil ingryp en ons help met die dinge wat aangaan hier in Suid-Afrika nie…… as dit enigsins in my vermoëns was het ek almal van hulle gehelp, Kiwi of the not – dis mense en hulle verkeer in nood.

Mariette Hammann ·

Baie sterkte aan die familie. Baie Suid-Afrikaners word gedwing om in ander lande te werk as gevolg van rassediskriminasie teen die Blankes. Ek bid dat hulle veilig sal wees.

beaver ·

Ek werk reeds 22 jaar in Afrika en is die afgelope jaar in Nigeria. Ek voel veiliger hier as by my huis in Pretoria. En ja, my vrou bly ook alleen in SA agter.

neelsie ·

SELFSORG.
Wie jy ook al is .jy weet nie waarvan jy praat nie !
Doen self ondesoek en los ander uit!!
Almal kry nie werk in Rsa nie!
As jy jou mond wil uitspoel ,dink aan iets beter.

Boerseun ·

Selfs or jou ignoramus! Al die geld wat ons in die buiteland verdien word in ons SA rekeninge inbetaal. Als word in SA gespandeer. As jy nie werk in SA kry nie sal jy enigiets doen om kos op die tafel te sit…insluitend vir maande van die huis af wees! Dit was nou ‘n patetiese opmerking.passop vir karma.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.