SA’ner nou hoof van Woolworths

Roy Bagattini (Foto: Levi Strauss & Company)

’n Suid-Afrikaner is as die nuwe uitvoerende hoof van die Woolworths-groep aangewys.

Roy Bagattini sal middel Februarie by Ian Moir oorneem wanneer Moir ná sowat nege jaar as uitvoerende hoof van die groep sal uittree. Moir sal nou as die waarnemende hoof van die groep se Australiese afdelingswinkel David Jones optree.

Luidens ’n verklaring was Bagattini voorheen by Levi Strauss & Company waar hy die uitvoerende visepresident en president van die Noord- en Suid-Amerikaanse takke was. In dié hoedanigheid was Bagattini aan die stuur van die maatskappy se grootste kommersiële bedrywighede, waaronder ʼn beduidende netwerk van kleinhandelwinkels wat oor die VSA, Kanada, Mexiko, Brasilië en Latyns-Amerika strek.

Hubert Brody, voorsitter van die Woolworths-groep, sê Bagattini het uitgebreide bedryfs-, bestuurs- en omkeervaring in die wêreldwye verbruikers- en kleinhandelmarkte.

“Dit is ʼn groot voorreg om die geleentheid te kry om hierdie ikoniese onderneming op hierdie belangrike stadium in sy geskiedenis te lei. Ek is opgewonde oor die geweldige potensiaal van die groep en sien daarna uit om saam met ons talentvolle en passievolle mense ons handelsmerke te bevorder en nouer bande met ons kliënte te vorm,” sê Bagattini in reaksie op sy aanstelling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

adriana ·

Hoop hy stel ook WIT Suid-Afrikaners aan om daar te werk – anders is hy ook maar deel van die korrupte anc regime.

Inkwisador ·

Wie Gaan nou modder op hom hoop? Soos die nuwe Eskom CEO te berde geval het. Gelukkig n internasionale aanstelling?

Heksie ·

Miskien skrik hy wakker en stel bietjie weer blankes aan in Woolies, dan sal ek dalk ook oorweeg om weer by hulle te koop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.