SA’ner se oorskot op pad terug van Hawaii

Lindani en Lindsay Myeni op hulle troudag. (Foto: Facebook)

Die lyk van die Suid-Afrikaner wat onlangs deur polisie in Hawaii doodgeskiet is, sal na verwagting Vrydag in Suid-Afrika aankom.

Maroela Media het vroeër berig dat Lindani Myeni (29), ’n oudinwoner en -rugbyspeler van KwaZulu-Natal, op Woensdag 14 April ná ’n konfrontasie met polisiebeamptes in Honolulu geskiet en later in die hospitaal dood is.

Maroela Media het ook berig dat Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, Myeni se familie ondersteun en help om sy oorskot na Suid-Afrika terug te bring. Die familie het sedert die voorval ’n klag van onregmatige dood teen die polisie in Hawaii ingedien.

Volgens Zikalala sal Myeni se liggaam die VSA op Dinsdag 27 April verlaat en teen Vrydag 30 April in Suid-Afrika wees. Begrafnisreëlings sal glo later bekend gemaak word.

“Ons waardeer die ondersteuning wat die departement van internasionale betrekkinge en samewerking deur die konsul-generaal in die VSA aan die Myeni-familie en ons as regering bied,” het Zikalala gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jaco ·

Ek verstaan nie die ophef, hy was onwettig op n eiendom en het die polisie aangeval en 1 lid ernstig beseer, die polisie het aksie geneem om hulle self te beskerm. Die rassekaart word duidelik gespeel vir iets wat niks daarmee te doen het.

Ook interesant die BLM wat iets gewoonlik te se het is baie stil hieroor.

Danie ·

Die ou was waar hy nie hoort nie. Baklei erg met die Polisie, word geskiet en nou is hy die ‘hero’…..

Di ·

Wens hulle wil SO gretig wees om die duisende onopgeloste moorde insluitende plaas moorde in SA op te los! Het skynbaar persone soontoe gestuur om hierdie saak aan te vat. Dink nie hulle gaan regkom daar nie, dis nie SA nie!

ES ·

Ek het ook die video gesien, vir iemand wat blykbaar “vreedsaam” was en net bloot by die “verkeerde” eiendom was, was hy darem maar vreeslik aggresief.

As jy onskuldig is, of bloot per ongeluk op die verkeerde plek is, gaan jy jou mos nie soos ‘n krimineel gedra nie en rustig me die polisie gesels?

Hierdie lyk vir my meer soos “suicide by cop”. Sy vrou het mos erken hy het iewers heen gery om “sy kop skoon te kry”. Klink vir my soos iemand met geestesgesondheidskwessies.

Francois ·

Tipies. As hulle nie hulle sin kry word die raskaart voorgegooi. Erken eerder hy was verkeerd en laat die lewe voortgaan

Annelize ·

En glo my, sy vrou speel daardie raskaart dat die byle huil op haar FB.

Charmain ·

En die familie kry n huis gesponsor deur die belastingbetaler….

Gerrie ·

Nou wonder ek hoeveel is die staad se bydrae om die oorskot in SA te kry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.