SA’ner se skietdood in Hawaii: Polisie se optrede geregverdig  

Lindani Myeni. (Foto: Facebook/ Jaguars RFC)

Die skietdood van Lindani Myeni in Honolulu, Hawaii, was geregverdig en geen klag sal teen die betrokke polisiebeamptes aanhangig gemaak word nie.

Steve Alm, Honolulu se staatsaanklaer, het Woensdag tydens ʼn mediakonferensie gesê polisiebeamptes se optrede was geregverdig aangesien Myeni vreemd opgetree het voor die skietery en dat ander pogings om hom onder beheer te bring nie suksesvol was nie.

Myeni, ʼn voormalige KwaZulu-Natalse rugbyspeler, is op Woensdag 14 April deur polisie in Honolulu doodgeskiet nadat ’n konfrontasie tussen dié partye ontstaan het. Die polisie het op ’n 911-oproep gereageer waarin ’n vrou beweer het dat Myeni by hul huis probeer inbreek het.

Alm het tydens die mediakonferensie onder meer beeldmateriaal van die drie betrokke polisiebeamptes se lyfkameras gewys om te benadruk dat hulle geen ander keuse gehad het as om Myeni te skiet nie.

Volgens Alm het Myeni ook sowat 30 minute voor die voorval waarin hy doodgeskiet is ʼn vreemde interaksie met ander polisiebeamptes gehad. Beamptes was glo besig om ʼn verklaring af te neem rakende ʼn motordiefstal toe Myeni hulle glo genader en self die slagoffer begin ondervra het. Hy het glo ook een van die beamptes vir geld gevra en toe glo ook agter in die polisievoertuig probeer klim.

Daar is verlede maand beeldmateriaal beskikbaar gemaak wat sou wys dat Myeni moontlik na ’n tempel op soek was toe hy per ongeluk by die verkeerde huis ingestap het. In die video kan gesien word hoe Myeni sy skoene uittrek voordat hy die huis, kort op die hakke van twee ander persone, binnegaan. Volgens sy familie strook dit met iemand wat beplan om ’n tempel binne te gaan. Die huis waar Myeni doodgeskiet is, is langs ’n tempel geleë is waarheen mense kan gaan om te mediteer.

Beeldmateriaal wat kort ná die voorval beskikbaar gemaak is, het gewys hoe Myeni die polisiebeamptes eerste aanval en met sy vuiste begin slaan het. Een van die polisiebeamptes het tydens die voorval ernstige beserings opgedoen en is in ʼn hospitaal opgeneem. Volgens Alm is dié beampte steeds nie terug by die werk nie.

Myeni se familie het ’n klag van onregmatige dood teen die Honolulu-polisie ingedien ná sy skietdood.

Jim Bickerton, die Myeni-familie se regsverteenwoordiger, het gesê die siviele saak gaan steeds voort ondanks die bevinding dat die polisie se optrede geregverdig was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

31 Kommentare

jongste oudste gewildste
Heinrich

Klink my hy was besmet met goeie geval van RSA Entitlement

Samuel

So was sekere SA’NERS weer vinnig om die rassekaart te wou voorhou. Die voorval word beslis betreur, maar dit blyk nou die polisie het geen ander keuse gehad nie.

casper

Dit is presies wat ons verwag het !!!!

Die Boerepompie

Daar moet iets meer agert die storie wees dit sal ook nou uot kom

MakersMark

Hy het die polisie aangeval, selfs nadat hy “getazer” was het hy aangehou. Watookal hom na die huis geneem het kon hy verduidelik het in ‘n kalmer, veiliger omgewing. Maar nee, ongelukkig tree hy toe op presies soos hy nie moes nie. Ongelukkig en jammer ja, maar ek stem saam met die polisiehoof.