SA’ner sterf in Zambië: Ondersoek begin na helikopterongeluk

Geotech Aviation South Africa het bevestig dat ʼn ondersoek van stapel gestuur is na die helikopterongeluk, waartydens die Suid-Afrikaanse polisievlieënier Mike O’Donnell dood is.

Die helikopter het Donderdag oos van Mazabuka in Zambië neergestort.

Craig Siepman, uitvoerende hoof van Geotech SA, het bevestig die ses sitplek helikopter is heeltemal vernietig in die ongeluk. “Die helikopter, met registrasienommer ZS-HTS van Geotech Aviation, met een persoon aan boord, was van Zambië onderweg na Suid-Afrika toe dit op pad na Livingston neergestort het,” het Siepman gesê. “Die helikopter het op ʼn plaas neergestort en aan die brand geslaan.”

Die Zambiese departement van burgerlike lugvaart ondersoek die ongeluk saam met die Suid-Afrikaanse burgerlike lugvaartowerheid.

Michael O'Donnell (links) en sy vriend, Frans Haasbroek Foto: Frans Haasbroek (verskaf aan News24) via Webmail

Michael O’Donnell (links) en sy vriend, Frans Haasbroek Foto: Frans Haasbroek (verskaf aan News24) via Webmail

“Geotech Aviation betuig sy meegevoel en bid vir die slagoffer se familie en vriende,” het hy gesê.

Hy het nie uitgewei oor die oorsaak van die ongeluk nie en het gesê verdere besonderhede sal later bekend gemaak word.

Phindiwe Gwebu, woordvoerder van die burgerlike lugvaartowerheid, het gesê hul Zambiese eweknieë het beheer oor die ongelukstoneel, maar kan bystand versoek indien nodig.

O’Donnell se vriende en kollegas het Vrydag by die polisie se Air Wing-basis in Durban bymekaargekom om hulde te bring aan die gevalle vlieënier.

Bron: Jeff Wicks, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.