SA’ner sterf op Everest

Maria Strydom (Foto: Monash Universiteit)

Maria Strydom (Foto: Monash University)

Eric Arnold (35) van Nederland en dr. Maria Strydom (34) van Suid-Afrika wat in Australië gewoon het, het op Everest gesterf kort nadat hulle die kruin bereik het.

Dit is die eerste sterftes vanjaar op Everest.

Alhoewel Arnold genoeg gebottelde suurstof by hom gehad het, en saam met ander klimmers was, het hy Vrydagaand gekla dat hy swak voel en het gesterf voor hy na ʼn laer hoogte bo seevlak kon daal, het Pasang Phurba van die Seven Summit Treks-agentskap in Katmandu, Nepal, gesê.

ʼn Paar uur ná Arnold gesterf het, het Strydom Saterdagmiddag ook tekens van hoogtesiekte getoon voor sy gesterf het.

Albei klimmers was deel van dieselfde ekspedisie. Dit is nog nie duidelik of hul liggame van die berg af gebring sal word nie. Phurba het Sondag gesê die liggame is op 8 000 meter. “Ons wag vir die ekspedisieleier en ander klimmers van die groep om na die basiskamp te kom. Ons sal dan die besluit maak,” het hy gesê.

Strydom was sedert 2006 ʼn finansies-dosent by Monash University in Melbourne. Sy het aan die Hoërskool Garsfontein in Pretoria gematrikuleer.

Haar man, Robert Gropel, het ook op die roete siek geword, maar Australiese owerhede het bevestig hy is veilig.

Phurba het gesê verdere besonderhede is nog nie dadelik beskikbaar nie, weens swak kommunikasie met persone op die berg.

Eric Arnold (Foto: Facebook)

Eric Arnold (Foto: Facebook)

Arnold is oorspronklik van Rotterdam. Hy het Vrydag op Twitter bevestig hy het, ná sy vyfde probeerslag, uiteindelik Everest se kruin bereik.

Strydom en haar man was besig om sewe bergpieke te klim – die hoogste pieke op sewe kontinente. Volgens Monash-sakeskool was die egpaar geïnspireer ná vrae oor hul vegan-dieet. “Dit wil voorkom of mense ʼn verwronge idee het dat persone wat ʼn vegan-dieet volg, ondervoed en swak is,” het Strydom vroeër gesê. “Deur hierdie sewe bergpieke te klim, wil ons bewys dat persone met ʼn vegan-dieet enigiets en selfs meer kan doen.”

Sy het reeds Denali in Alaska, Aconcagua in Argentinië, Ararat in Turkye en Kilimanjaro geklim.

Strydom het gesê sy het goed voorbereid gevoel vir haar poging om Everest te klim, en indien sy die kruin sou bereik, sal sy reeds aan haar volgende avontuur begin dink.

Meer as 330 klimmers het sedert 11 Mei Everest uitgeklim. Die klimseisoen duur van Maart tot Mei waarna die reënseisoen die Himalaja gebergte te gevaarlik maak.

Duisende persone het reeds Everest uitgeklim sedert die Nieu-Seelander Edmund Hillary en Sherpa Tenzing Norgay dit op 29 Mei 1953 vir die eerste keer gedoen het. Meer as 250 persone het egter in hul poging omgekom.

– Associated Press-skrywers Mike Corder in Den Haag, Nederland en Jan M. Olsen in Kopenhagen, Denemarke, het tot die verslag bygedra.

Lees ook: Daily Mail, Sydney Morning Herald, The Guardian

Maria Strydom en haar man, Robert Gropel (Foto: Facebook)

Maria Strydom en haar man, Robert Gropel (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

John ·

Twee mense gelyktydig? Kan dalk ook voedsel-/watervergiftiging wees gekombineer met hoogtestres op die liggaam.

MissDemeanor ·

Dis nie so ongewoon dat twee mense kort na mekaar sterf op Everest nie. Omdat die weer meestal sleg is probeer baie mense die piek bereik wanneer daar ‘n venster periode van goeie weer is. Daarom is almal van hulle min of meer gelyk blootgestel aan n groot risiko vir hoogtesiekte, fratsongelukke of weersomstandighede wat skielik draai. Die piek is in ‘n “death zone”, die suurstof druk is daar te laag vir mens om te kan asem haal. Party mense is meer vatbaar vir hoogtesiekte as ander (dit kan as gevolg van genetiese faktore wees asook hoe goed hul geaklimatiseer het). Die “odds” is redelik sterk teen mens as jy jouself op Everest bevind, dit is nie snaaks as klomp mense op een slag daar doodgaan nie.

Gesiggie ·

Dit is baie hartseer , hul het amper die kruin bereik.. 8000 meter.is hoog… .Sterkte aan die 2 vrouens se Gesin en Familie… so jammer vir jul verlies.

Alet ·

Wil die mense nie maar ophou om daar te klim nie?? Te veel mense verloor hulle lewens daar en hulle mede klimmers sit met die sielkundige letsels wanneer iemand in die groep sterf!

Jolandi ·

As dit jou tyd is is dit jou tyd. Baie jammer vir die res van die gesin, maar die twee mense het gedoen waarvoor hulle lief was. Ek en my gesin is self baie lief vir avontuur. My kinders van 4 en 6 klim rots, maar ek weet daar is gevare in die sport maar net so is dit gevaarlik om vandag my kind by die skool te los, hulle in ‘n kar te laai. Ons kan nie ons self in ‘n karton boksie toe draai nie.

Paul ·

Mag mense nie maar vir hulself besluit wat hulle wil doen nie? Niemand word geforseer om die berg uit te klim nie. Dis grootmense wat vir hulself kan besluit.

Theunis ·

Ten minste was hulle besig om te doen waarvoor hulle lief was. Daar is slegter maniere on jou “chips in the cash” ek is seker daarvan.

Cindy ·

Ek eet nie vleis nie, maar wel suiwelprodukte. Moet se ek het nie krag om so iets aan te pak nie. Weet nie hoe kan Vegans dit regkry nie.

Kiepie ·

Miskien is dit die suiwel wat jou so swak laat voel Cindy.

SkarrelKind ·

Ek het maar so min as 3 maande terug geleer dat ‘n goeie hoeveelheid vet, veral dierevette, by mens se dieët, mense se energievlakke regtig merkbaar lig. Dis is helaas onmoontlik as mens die nie vleis eet nie. Ek dink dis moet so vreeslik uitputtende vir die 2 gewees het. Foeitog. Sterkte aan hulle mense en wel gedaan – julle het die kans gewaag omdat dit is waarvoor julle life was. RIV.

Flippie ·

Dit is tragies en hartseer. Maar die troos is dat hulle besig was met iets waaroor hulle passievol was.

Karma ·

Sy sou op die kruin van Everest reeds begin dink aan haar volgende projek …. Ironies, jou volgende ‘projek’ sou jy òf vanuit jou kis óf van onder ‘n hoop sneeu moes bedink … Onnodige risiko’s word geneem deur fanatici soos hierdie mense – wat wil hulle deur hul optrede bereik of bewys?

Maar, soos Flippie sê: ten minste het hulle gesterf terwyl hulle iets gedoen het waaroor hulle passievol was. RIV, mense – sterkte aan die families en vriende van die oorledenes.

Wat-ek-lees ·

Daardie berg word geklim omdat hy daar is om geklim te word.

Nefie ·

Dis so hartseer, ek hou van avontuur, maar Everest het nog altyd vir my aan belaglik gegrens.
En dan, wonder ek of hulle nou die teenoorgestelde vir “vegans” bewys het? Dat jy WEL dierprodukte in jou lyf nodig het. Ons voorouers van duisende jare terug het diere gejag en geeet, hoekom moet ons dit nou opgee?

Lieze ·

Marisa het nie die Summit bereik nie. Sy het omgedraai omdat sy sleg begin voel het. Dit is my suster se dogter dus het ek die korrekte informasie

Landi Slatter ·

Dagsê Lieze

Ons is so jammer om te hoor van julle verlies. Dankie dat jy ons in kennis gestel het, ons dra die inligting oor aan ons nuusredakteur. Baie sterkte.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.