SA’ner vaar goed VSA-filmbedryf

Two, die kortfilm (Malie Thekiso en Rafael V. De Leon)

Two, die kortfilm (Malie Thekiso en Rafael V. De Leon)

Die Suid-Afrikaans gebore aktrise Malie Thekiso, se debuut kortfilm het nominasies ontvang by twee bekende filmfeeste in Amerika.

Alhoewel Thekiso relatief onbekend is in die Suid-Afrikaanse teater- en filmbedryf, was sy bevoorreg genoeg om by die beste in die bedryf ter wêreld te leer. Sy hoop om die ervaring, wat sy in Amerika opgedoen het, aan te wend om ʼn naam vir haarself te maak op plaaslike bodem.

Two, ʼn kortfilm oor twee persone – ʼn man en ʼn vrou – wat al sedert kinders vriende is. Hul vriendskap word getoets wanneer een van die twee permanent verhuis. Die fliek is in Harlem in New York verfilm.

Thekiso het die rol gekry nadat Tannis Spencer, die fliek se skrywer, regisseur en vervaardiger, haar gekontak het ná hy monoloë van haar op YouTube gesien het. Sy deel die silwerdoek met Rafael V. De Leon.

Die fliek is verlede maand in Amerika vrygestel, maar reeds aandag getrek by die indie-filmbedryf (onafhanklike flieks), en ding mee om die maandelikse en jaarlikse toekennings by Miami Independent Film Festival en Los Angeles Cine Fest.

“Ek is meer as optimisties dat Suid-Afrikaanse gehore een dag dié fliek sal sien,” het Thekiso aan African News Agency (ANA) gesê.

Sedert sy na Suid-Afrika teruggekeer het, het sy reeds twee ooreenkomste onderteken om 30 sekonde-advertensies vir MTV Base te maak en ʼn rol in ʼn televisiereeks, genaamd “The Commune”.

Dié 24-jarige van Ruimsig, wes van Johannesburg, se ouers het gehoop sy sou politiek of ekonomie gaan studeer. Sy het aan ANA gesê sy wou nie eers aan haar ouers noem dat sy in drama belangstel nie, uit vrees dat hulle dit nie sou goedkeur nie. Sy het in 2014 haar BCom in Politiek, Filosofie en Ekonomie aan die Universiteit van Witwatersrand behaal.

Sy is daarna na die New York-filmakademie en het ʼn gedeeltelike beurs gekry wat ongeveer 30% van die koste sou dek. “My arme ouers moes die res van die rekening betaal,” het sy gesê. Haar ouers het haar droom ondersteun toe sy hulle daarvan vertel het.

Op die vraag oor hoe moeilik dit vir haar, as ʼn uitlander, was om ʼn geleentheid te kry in die Amerikaanse bedryf, verduidelik sy sy het haar unieke verkoopspunt, dat sy ʼn uitlander is, tot haar voordeel gebruik. “Toe ek die oudisie vir die filmakademie gedoen het, was die kwessie van immigrante nog nie so groot soos nou nie. Maar, as ʼn uitlander, het ek vinnig geleer en was bereid om ʼn duisend keer harder te werk. Ek het ook my element – dat ek anders is – tot my voordeel gebruik. My aksent was definitief ʼn wenner.”

Besoek Two se Facebook-blad en webwerf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wat-ek-lees ·

En GEEN regstellende aksie maar net harde werk. Jy verdien dit !!

Gwen ·

Wat is “…wat sedert kinders vriende is…” in Afrikaans?

Ek hoop iemand lees dit voordat my kommentaar sonder goeie rede, maar op diskresie van die redaksie, verwyder word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.