SA’ner versprei medisyne vir beseerde diere in Aus

Jamie Joseph (skermgreep uit die video)

Jamie Joseph van Saving the Wild in Suid-Afrika is tans in Australië om heuning te versprei wat vir brandwonde gebruik kan word en infeksie voorkom.

Saving the Wild werk in vennootskap met die Nieu-Seelandse maatskappy Comvita, wat die mānuka-heuning vervaardig. “Ons gebruik mānuka-heuning op diere wat ʼn stropery oorleef,” verduidelik Joseph. “Ek het die buitengewone resultate gesien as veeartse die mānuka-heuning gebruik. Ek het geweet ons sal ʼn groot verskil kan maak as ons dit in Australië kan kry.”

Die verwoestende veldbrande in Australië en die impak wat dit op diere het, het ook Joseph se hart aangegryp en sy is tans in dié land om groot hoeveelhede van die mānuka-heuning gratis te versprei. “Dit is soos vloeibare goud vir diere wat geskroei het.”

Daar is ʼn groot behoefte oor Australië heen en versoeke stroom in. Kerstin Schweth van die Wildlife Rescue South Coast is dankbaar om die produk te kry, wat soms moeilik bekombaar is. “Dit is wonderlik om voorraad te kry.”

Natuurbewaringsentra in Australië kan op Instagram met Jamie kontak maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kangoala ·

Moet absoluut verskriklik wees vir daai diertjies. Waarom moes daar tog diere op aarde wees. Een van die dinge wat ek nooit sal verstaan nie. Jamie jy is ‘n wonderlike mens.

toy ·

Ai shame, die arme diere kan hulle nie self help nie. Mens voel bitter jammer vir hulle.

Griki ·

Wat ‘n wonderlike gebaar. Mag God julle seën, Jamie en Comvita en almal wat op enige manier hulp verleen in Australië om mens, dier en omgewing te help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.