SA’ner wen Comrades-marathon

Edward Mothibi (Foto: Comrades-marathon/Twitter)

Jy kan maar jou marathongeld op ’n Nedbank-drawwer belê, want hulle sal dubbel en dwars op jou belegging uitbetaal!

Nedbank Running Club se Edward Mothibi het die 94ste weergawe van die gewilde (en moordende) Comrades-marathon gewen. Dit was boonop net sy tweede Comrades-probeerslag.

Hy het die afstand van Durban na Pietermaritzburg in ’n spogtyd van 5:31:33 kafgedraf, nie eens ’n minuut vinniger as Bongmusa Mthembu in die tweede plek nie.

Mothibi het gereeld oor sy skouer geloer om te sien waar Mthembu is, maar die voormalige wenner kon nie die Nedbank-atleet betyds inhaal nie.

Hoewel sy tekkies bietjie teen die teerpad begin sleep het, was Mothibi se wentyd ongeveer vyf minute vinniger as die vorige wentyd vir die op-wedloop. Snaaks genoeg was dit die einste Mthembu wat toe met die louere weggestap het.

  • Japan se Nao Kazami is die eerste oorsese drawwer oor die wenstreep. Hy het die wedloop in ’n tyd van 5:39:16 voltooi.
  • Mothibi het verlede jaar vierde in die wedloop geëindig.

Hier is die top-10 manswenners:

  1. Edward Mothibi (Suid-Afrika) (5:31:33)
  2. Bongmusa Mthembu (Suid-Afrika) (5:31:58)
  3. Nao Kazami (Japan) (5:39:16)
  4. Mahlomola Sekhonyana (Suid-Afrika) (5:43:52)
  5. Joseph Manyedi (Suid-Afrika) (5:44:34)
  6. Justin Chesire (Kenia) (5:45:13)
  7. Henri Ansio (Finland) (5:45:29)
  8. Marko Mambo (Zimbabwe) (5:48:30)
  9. Gordon Lesetedi (Suid-Afrika) (5:52:40)
  10. Siya Mqambeli (Suid-Afrika) (5:52:51)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Drieks ·

Fantasties..jy verdien die wen en dat SA weer die wenner is.

risipit ·

for the ladies as it was not mentioned
South Africa’s Gerda Steyn has won the 2019 Comrades Marathon, smashing the up run record in the process.

Steyn stopped the clock in 5:58:53, over 10 minutes faster than than the 6:09:23 of Iena Nurgalieva in 2004.

Alexandra Morozova from Russia finished second in a time of 6:17:40 and Ireland’s Caitriona Jennings third in 6:24:12

kolla ·

Te min wit ouens onder die wenners, te veel kwotas wat nie op meriete deelgeneem het nie.

Gert ·

Die vraag is ook hoeveel van daai groep SA mans is weer vol verbode middels?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.