SA’ner wen wéér Comrades-marathon

Bongmusa Mthembu (Skermgreep van die regstreekse uitsending)

Die Suid-Afrikaner Bongmusa Mthembu (34) het Sondagoggend vir die derde keer weggestap as die manswenner van die Comrades-marathon.

Mthembu was in 2017 en 2014 ook eerste oor die wenstreep. Hy is die eerste manlike Suid-Afrikaner sedert Bruce Fordyce wat die wedloop twee jaar ná mekaar kon wen. Frith van der Merwe het dit in 1988 en 1989 vir die vroue reggekry.

Hy het die uitmergelende wedloop van Pietermaritzburg na Durban (90.184 km) in ʼn tyd van vyf ure, 26 minute en 37 sekondes voltooi.

Dit is Mthembu se 12de Comrades-marathon en sewende goue medalje.

Die Suid-Afrikaner Joseph Mphuthi is tweede oor die wenstreep ná vyf ure, 35 minute en 14 sekondes. Steven Way van Engeland is in die derde plek met ʼn tyd van vyf ure, 35 minute en 31 sekondes.

David Gatebe van Suid-Afrika is die huidige rekordhouer met vyf ure, 18 minute en 19 sekondes.

Alexandra Morozova van Rusland is tans in die eerste plek in die vroueresies.

Ongeveer 21 000 mense neem vanjaar deel aan die wêreldbekende wedloop. Die atlete het reeds om 05:30 in Pietermaritzburg weggespring.

Volg die wedloop regstreeks:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ver links ·

Excellent and congratulations Bongmusa, the SA and people is very proud of you. Our Springbok Captain Mr Kolisi has also made us so proud yesterday against England.

Oom Kalahari ·

There is 09 out of 10 wins for Africans from Africa under the first ten participants and is proven that they can compare with the best in the world to uplift the Image of the African region. Well done guys.

Abe ·

Oom Kalahari,
Ek verstaan nie waarna hierdie kommentaar verwys nie.

Oom Kalahari ·

@ Abe, daar was ‘n ander skrywe wat verwys het na kwota stelsel en lyk of dit weldra intussen verwyder is. Hoop dit verklaar jou navraag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.