SA’ner wil Kaïro-na-Kaapstad-rekord verbeter

Andrew Russell (2015) Foto: Facebook

Die avontuurlustige Suid-Afrikaanse reisiger Andrew Russell wil die Afrika-kontinent, van Kaïro na Kaapstad, oorsteek en met ʼn motorfiets binne nege dae agt lande oorsteek om die huidige rekord van 13 dae 23 uur vir die meer as 11 000 km te verbeter.

Russell se reis strek deur Egipte, Soedan, Etiopië, Kenia, Tanzanië, Zambië en Botswana voor hy uiteindelik in Kaapstad sal aankom.

Russell het Dinsdag in Kaïro, die hoofstad van Egipte, aangekom, en reis tans deur Kaïro en talle toeriste-aantreklikhede voor sy reis Sondagoggend om 03:00 begin.

Hy sal na verwagting dieselfde dag nog by die grens tussen Egipte en Soedan aankom en die eerste been van sy reis afhandel.

Ayman Walash, pers-attaché in Egipte, het gesê ʼn oplewing in die roete tussen Kaïro en Kaapstad sal voordelig wees vir albei lande, aangesien die roete streeksintegrasie, vervoer, intra-Afrika-handel en toerisme sal bevorder.

Russell verduidelik in ʼn plasing op Facebook dat hy gaan mik om die afstand binne ses en ʼn half dae af te lê, maar dit sal slegs moontlik wees indien niks skeefloop nie. Hy het in 2015 die roete van Kaapstad na Kaïro aangedurf, maar moes op 31 Desember 2015 sy planne laat vaar toe sy paspoort gesteel is. Sy paspoort het op die grens tussen Kenia en Ethiopië verdwyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Etienne ·

Wil graag weet. Wie is die huidige rekord houer. In beide rigtings?

Leeg ·

Met respek, maar is dit REGTIG nog ‘n uitdaging in 2017? Soos Voetspore en ander ons gewys het, le Afrika oop en die grootste tydvermorsers is 10@1 grensposte, maar die res is op paaie wat daagliks in gebruik is.
Wat van al die verrykende besienswaardighede wat misgeloop, err gery word? – Ek verstaan dis nie die doelwit, maar ja.
Indien so iets op bv ‘n fiets aangepak sou word is dit meer van ‘n uitdaging. Sien bv https://johancycleafrica.wordpress.com/2016/06/24/beplande-roete-agulhas-na-kairo-2016/
Nietemin – voorspoed in elk geval.

Lousie ·

Is Everest dan ook werklik n uitdaging nog? met Sherpas en klim roete wat elke dag deur die klim seisoen gebruik word.

Marianne ·

WELL DONE!!!! Jou sitvlak sê seker dankie dis verby….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.