SA’ners aangemoedig om betrokke te raak by begrotingsrede

geld spaar spaarvarkie pensioen

Argieffoto (Foto: Stevepb, Pixabay)

Pravin Gordhan, minister van finansies, sal op 22 Februarie om 14:00 die begrotingsrede aan die parlement en Suid-Afrikaners voorhou.

Die jaarlikse begroting is ʼn belangrike ekonomiese instrument, aangesien dit die toon aangee vir regeringsdienslewering in lyn met die verpligtinge wat pres. Jacob Zuma in sy staatsrede aangekondig het. Dit prioritiseer ook die regering se besteding wat die regering in staat stel om sy doelwitte te bereik.

Donald Liphoko, waarnemende direkteur-generaal van die departement kommunikasie, het gesê die voorlegging van die nasionale begroting is ʼn belangrike deel van ons “oop en verantwoordbare begrotingsproses”. “Dit bied ʼn uiteensetting van die geld wat beskikbaar is om beleidsbesluite te implementeer om maatskaplike en ekonomiese transformasie te bereik,” het Liphoko gesê. “Dit is daarom belangrik vir die publiek om bewus te wees van die regering se begroting en die impak daarvan op die land.”

Die begrotingsrede sal regstreeks op ʼn aantal platforms uitgesaai word, insluitend die SAUK, eNCA, die parlement se YouTube-kanaal en radiostasies. “Dit sal alle Suid-Afrikaners die geleentheid bied om dié belangrike geleentheid te volg, en om deel te neem aan gesprekke oor ons ekonomie en om uiteindelik aktief ʼn rol te speel om ons ekonomie te vorm,” het Liphoko bygevoeg. “Dit sal Suid-Afrikaners ook toegang bied tot noodsaaklike inligting wat hulle benodig om staatsdepartemente aanspreeklik te hou wat besteding en dienslewering betref.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann cb ·

Hy moet my nie vra om te spaar nie – daar is niks wat gespaar kan word nie!

Jan maak n plan ·

En dan wil Stortkop nou wragtig vir Crybaby Molefe minister van finansies maak. Wat n katastrofe.

Begroting? ·

Begroting? Dis iets soos beplanning vir die toekoms wat ook o.a. instandhouding insluit.
Wat ‘n wonderlike idee en wensdenkery in Afrika.

Alida ·

Jacob Zuma moet nie eers daaraan dink om vir Pravin te vervang nie. Het hy nie sy les geleer met Des van Rooyen nie. Dit sal chaos veroorsaak en ek hoop sy raadgewers het genoeg verstand om hom te waarsku. Hy self kan mos nie dink nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.