SA’ners al meer keelvol vir swak dienslewering

Meer as 200 betogings oor munisipale dienslewering is oor die afgelope 12 maande in Suid-Afrika aangeteken. (Argieffoto: Unsplash)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag in sy weeklikse nuusbrief erken Suid-Afrikaners is keelvol vir swak dienslewering, veral wat die voorsiening van krag betref. Dié ontevredenheid het aanleiding gegee tot honderde betogings landswyd die afgelope paar jaar.

Ramaphosa en lede van die ANC het Saterdag ’n vyandige ontvangs tydens ’n besoek aan Soweto gekry, waar inwoners van die Nomzamo-nedersetting onder meer gekla het dat die party net omgee wanneer dit verkiesingstyd is.

Ramaphosa se besoek kom te midde van politieke veldtogte in aanloop tot die munisipale verkiesing wat vanjaar op 1 November plaasvind.

Ramaphosa het in sy nuusbrief gesê hy besef Suid-Afrikaners is gefrustreerd en dat daar nie altyd die nodige kommunikasie van betrokke regeringsdepartemente af is wanneer daar ʼn probleem met dienslewering is nie. Hy het verwys na ʼn artikel van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) wat daarop dui dat 585 betogings oor water en sanitasie tussen Januarie 2013 en April 2021 aangeteken is, waarvan 65% in geweld ontaard het.

Syfers op die ISS se webblad beaam dat gemeenskappe toenemend ontevrede is oor swak dienslewering en betogings deur ontevrede lede van die publiek het ook die afgelope jaar landswyd voorgekom.

Oor die afgelope 12 maande het die ISS minstens 130 betogings oor gebrekkige munisipale dienslewering aangeteken. ʼn Verdere 82 het te doen gehad met gebrekkige elektrisiteitsvoorsiening.

Volgens ’n kaart wat op die instituut se webwerf gepubliseer is, is die meeste van dié betogings in Gauteng en KwaZulu-Natal aangemeld, met toenames tussen Maart en Junie vanjaar.

Lizette Lancaster, navorser by die ISS, sê dit blyk dat elektrisiteitskwessies vanjaar ʼn groot knelpunt onder Suid-Afrikaners is.

“Dit kan onder meer toegeskryf word aan prysverhogings en die sogenaamde vermindering van kragtoevoer aan sommige gebiede weens onwettige kragkoppelings.”

Betogings, sê Lancaster, is egter nie net tot dié kwessie beperk nie.

“Soos mense onder toenemende ekonomiese druk, werkloosheid en ’n toename in alledaagse uitgawes gebuk gaan, neem protesaksie toe.”

Sy meen nóg meer betogings kan in die volgende ses weke in aanloop tot die verkiesing verwag word. “Dit is die tyd wanneer mense dink politici na hulle luister,” sê Lancaster.

Kommunikasie met inwoners

Luidens ʼn artikel wat in Mei vanjaar deur die ISS gepubliseer is, blyk dit dat voldoende kommunikasie en vinnige optrede deur plaaslike regerings, moontlik kan verhoed dat ontevredenheid weens diensleweringsprobleme in gewelddadige betogings ontaard.

Ramaphosa het ook in sy nuusbrief gesê dat voldoende kommunikasie oor die onderbreking van dienste uiters belangrik is.

“ʼn Klomp inwoners in die gemeenskappe wat ons besoek het, sê munisipaliteite reageer traag op probleme en hou gemeenskappe nie op hoogte van die ontwrigting van dienste wat weens wanbetaling gestaak word nie. ”

Hy meen frustrasies en woede onder inwoners kon ook deur deurlopende interaksie rakende kwessies soos onwettige kragkoppelings, die beskadiging van kragstasies en die voordele van voorafbetaalde kragstelsels, vermy word.

“Wanneer mense sonder voldoende verduideliking van basiese dienste ontneem word, verloor hulle vertroue in plaaslike regering.

“Soms dink mense gewelddadige betogings is die enigste manier hoe hulle die aandag kan kry van diegene wat vir die voorsiening van dienste verantwoordelik is.”

Hoewel Ramaphosa toegee dat plaaslike regering ʼn groter aanspreeklikheid vir dié probleme moet aanvaar, het inwoners ook ʼn verantwoordelikheid om nié dienslewering te ondermyn deur skade aan infrastruktuur te berokken of onwettige koppelings te maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Jack ·

Nee wat.Ek glo die klomp sal maar weer vir die ANC stem as die KFC en T hemde uitgehaal word.Dan is almal weer op dieslfde bladsy vir ‘n dag of twee.

Lourens CFG ·

Die betogers is juis die klomp wat vir niks betaal nie, en net wil hê. En die eff’ers por hulle net aan vir stemme.

Sarel ·

Ek begin twyfel of die betogings gaan oor swak
Dienlewering want hulle het gestem vir die Regering maar
Glo ander is verantwoordelik vir die gemors.

Dries ·

” toenemend ontevrede” se Ramaphosa. Dit klink nie te erg nie GATVOL klink beter. Jy slaag daarin om soveel mense te manupuleer met jou mooi woordjies

Anel ·

Dis gin ‘n kommunikasie probleem nie. Dis ‘n probleem van hulle word betaal om ‘n diens te lewer maar geen diens word gelewer nie. En dan kom al die beloftes, want dit is verkiesing en die volgende dag het hulle van die beloftes vregeet. En so gaan dit aan en aan en aan. En dan verdwyn ou rampara en jy hoor nie weer van hom nie. En ons sak net verder in die modder weg!!!

Heinrich ·

Nee Ramaphose, ons nie keelvol vir swak dienslewering nie maar keelvol vol die die ANC en sy kultuur van onprofessionaliteit en onbeholpenheid. Maar moenie worry nie; die konsep van ‘demokrasie’ word nie mooi verduidelik in die onderwysstelsel wat julle ook mooi gestaan en breek het nie, so die sheeples gaan maar weer vir julle stem, en dan weer teen julle betoog, en dan weer vir julle stem, en dan weer teen julle betoog ens.

Skuilnaam ·

Wat verwag julle? Die inboorlinge betaal nie vir dienste nie…

Persheks Adri ·

Plaas aanvaar jy aanspreeklikheid Cyril! Dis “our people” wat betoog en brand en breek. Gaan praat met hulle!

Alet ·

Wonder ek wat bedoel hy met voordele van voorafbetaalde kragstelsels? Stadrade skuld Eskom biljone en enige vooraf betaaldes wat ek van weet is mense met prepaid meters. As hy van hulle praat dink ek nie hy weet wat op voetsoolvlak aangaan nie. Daai krag is ook af as die res se krag af is.

Nie Verbaas ·

Ramaphosa verwys altyd na alles wat hulle ten volle van bewus is, maak beloftes en doen absoluut niks daaraan nie. Hoeveel jaar kla inwoners al oor swak dienslewering? ANC vervang net een onbevoegde ANC kader met n ander wat nog meer hopeloos is. Wanneer gaan ANC besef dat hulle doodeenvoudig nie die die vermoë het om eers n stalletjie op straat te bestuur nie?

Pieter ·

Julle kommuniste bly maar net sleg sal nooit verander nie.

Blikkies ·

Hoe werk die besigheid nou. 1. Die kwaai inwoners erken die party gee net vir hulle om as dit verkiesing tyd is. 2. Die president van die party stem saam met die kwaai inwoners dat hulle mag kwaad word want die party doen nie hulle werk nie. 3. Dan spog die president van die party nog by die kwaai inwoners hoe sleg die party regtig is met die ISS verslag en hoë persentasie syfers van ander ongelukkige inwoners oor dieselfde probleme waar oor die huidige ongelukkiges nou juis kla? So, die leier is heel in sy skik om saam met die klaers te stem oor hulle klagtes, dit so half goed praat, en dan saam te kla dat hulle kla en dan om te draai en te loop en sy eie party die skuld gee. WAT MIS EK…. wat het hy nou eintlik daar gedoen.

Souterig ·

Eskom het nou net weer Soweto se skuld afgeskryf, ek sou se jy moet of betaal of nie die diens verwag nie.
En CR hou op skryf en praat en doen iets vir die land.

Guve ·

Ek wil net vir almal sê,die dorp met die beste munisipaliteit is George in die Weskaap, hul werk dwarsdeur die jaar, nie net in verkiesingstyd nie, stuur die ander dorpe se sitters vir opleiding, mnr.Ramaphosa, maar aan die anderkant, dis n DA-beheerde munisipaliteit, so jul ongelukkige toi-toi
mense, kom by, en stem vir die regte party.

Samuel ·

Met verkiesings om die draai het ALLE politieke partye skielik ‘n teenwoordigheid in gemeenskappe. Nou gee hulle kamstig om en die een party lieg meer as die ander. Wat? Dienslewering? Is dit iets wat jy op jou brood smeer? Vra maar net.

Mariana ·

En dit gaan nie verbeter nie , dit gaan al vir te lank so. Kyk maar mooi waar en wie hierdie munisipaliteite bestuur en beheer……….en as daai kruisies op stemdag getrek word, gaan kyk waar trek hulle hom weer en weer. Die ander een wat nou beloftes maak gaan ook nie beloftes gestand doen nie.

koos10 ·

Cyril, praat is al wat jy doen. Jy is useless as dit by aksie kom. Korupsie het onder jou meer geword. Bly eerder stil. As jy stil bly dan sal niemand agter kom dat jy geen benul het nie. Ekskuus, ek moet myself korrigeer, al aksie wat jy toepas is om ANC lede te help, en dan te pleit dat jy nie geweet het nie. Die keiser is kaal.

Johann ·

Gatvol omdat hulle krag en water af gesny word Maar dankbaar oor die toelaag wat hulle ontvang By stemdag gaan die toelaag die swaartse weeg

Casper ·

Ek hoop die breër publiek sien deur die ANC se planne om hulle te wil omkoop met mooi beloftes.Ek kan julle ‘n brief gee daar gaan van nou af baie min beurtkrag wees indien enige tot na die verkiesing dan … ons weer.Rampie gaan net weer vir André by escom sê sit af die stupid goed se krag laat hulle … of betaal.

Jannie van Niekerk ·

En kom verkiesingsdag dan stem die hele spul ontevredenes ALWEER vir Comrade ANC en Comrade EFF. Ek dink partykeer hulle kastige protesoptrede is net ‘n verskoning om nie te werk nie.

Owlie ·

Dit is altyd die maklikste om die blaam oor te plaas na ander – as leier van
‘n besigheid of ‘n land met al die probleme opsigtelik sedert jou party aan bewind is, is dit regtig nie nodig vir betrokke regerings departemente om te huil of meer te kommunikeer aswat hulle normaalweg doen nie Raak ontsla van die “controll game” en daarmee saam ook van elke staats amptenaar wat in ‘n pos in gedruk is om die raskaart te speel en stel mense aan wat kan lees, skryf, dink en wil werk sodoende sal bedrog ook uit geskakel word. Dienslewering is pateties en weereens sal daar om gekoop word sodat stemme kan instroom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.