SA’ners benodig nou visum vir Nieu-Seeland

Argieffoto (initiateimmigration.com)

Argieffoto (initiateimmigration.com)

Alle Suid-Afrikaners wat Nieu-Seeland besoek, gaan vanaf 21 November 2016 ʼn visum moet hê.

Die verandering volg ná ʼn toenemende aantal toeriste toegang tot die land geweier is by die grens in vergelyking met ander lande waar toeriste ook nie ʼn visum nodig het om die land te besoek nie.

Suid-Afrikaners hoef tans nie aansoek te doen vir ʼn visum voor hulle Nieu-Seeland besoek nie. ʼn Visum word met hul aankoms daar uitgereik.

Peter Elms, hoofbestuurder van die Nieu-Seelandse immigrasiekantoor, het gesê hulle wil beslis ʼn stelsel ontwikkel wat besoekers verwelkom en toerisme aanmoedig, maar terselfdertyd ook voorkom dat dié wat nie aan die immigrasievereistes voldoen nie die land binnekom.

“Die verandering bring Nieu-Seeland in ooreenstemming met onder meer Australië, Kanada, die Verenigde Koninkryk en Amerika. Mense wat kaartjies bespreek het voor vandag se aankondiging en wat op 21 November of daarna die land wil besoek, moet op ons webwerf vasstel hoe hulle kan aansoek doen vir ʼn visum,” het Elms gesê.

Besoekers word aangeraai om ses weke voor ʼn beplande reis vir ʼn visum aansoek te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jean ·

Een van die dae gaan ons ‘n visum nodig he om Zim toe te gaan, ons naam word al hoe swakker daar buite ..

Ek voel net dit is tyd dat ons dieselfde beperkings op ANDER lande se mense sit, hoekom mag europeers en engelse die land binnekom sonder visums? Tyd dat SA sy visum vereistes ook bietjie opskerp!

Loeis ·

Daarvan gepraat: daar was so paar jaar terug berigte in die media dat zumpie se vrinne baie vinnig na hul aankoms hier Suid-Afrikaanse paspoorte gekry het. En daarna ‘n skielike stilte daaroor. Kan iemand vir ons wat wat gebeur het?

hans ·

Die ongelukkig situasie het ontstaan aangesien kriminele en buitelanders op onwettige wyse RSA paspoorte bekom het en dit misbruik het. Nou word ons almal gestraf.

Lalla ·

Komaan SA regering, maak dieselfde reels op ander lande se toeriste van toepassing, veral die van die Afrika lande. Maar sommer ook vir almal, aangesien hulle nou dink hulle ou landjies is so wonderlik. Gelukkig het ek absoluut geen behoefte om in die paradys van NZ te gaan bly nie.

Johnny ·

Dilemma is dat niemand deur “red tape” met visums gaan worstel om ‘n land binne te kom waar jy van die lughawe gevolg word en beroof word nie. Gaan ons toerismebedryf keelaf sny.

Merlin ·

Gelukkig wil jy nie na New Zealand toe kom nie… Ek dink dit is beter vir ons hier. Dankie man.

Emile ·

Wat is die oortredings/redes aangevoer waarom SA toeriste toenemend visums by die grens geweier word?

KarooKlong ·

Die NS-landers het toegang gekry tot Maroela nuus en lees/sien nou self wat hier gebeur.

popeye ·

Kortpad na NZ en ons kinders daar….vlieg tot Papau Nieu Guinee en vat van daar af ‘n vissersboot en maak ‘n strand landing na donker….ons land is besig om weer “die Muishond ” te word!!! Weet julle dat naas Sirië het SA die grootste dodetal syfer in die wêreld? Sirië is tans in ‘n burgeroorlog gewikkel….ons nie-amptelik nie!

Vienna ·

So unfair !
I remember as a young girl, we were able to travel
anywhere in Europe ….. visa free.
Now, we had to buy a property in Europe to enable
me to travel freely in the Schengen States.
Married to a Canadian, have a property there, bank
accounts and pay our taxes there, I still need a Visa
(10 years) ? Unless I go and stay there … no thank you. When not in SA our expenses in Jhb for levies,
security, car insurance …. a joke! But I refuse to sell,
pack up and leave for good.
SA is my country and I won’t give them the satisfaction.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.