SA’ners bestuur al slegter – studie

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Dan Gold/Unsplash)

Die landwye inperking is dalk een van die grootste faktore as dit kom by motoriste se slegte bestuursgewoontes en die verontagsaming van padreëls in Suid-Afrika.

Dialdirect het die bestuursgewoontes van duisende motoriste vanaf 2019 tot vanjaar vergelyk en bevind dat die persentasie mense wat tydens die streng inperkingstydperk bo die spoedgrens gery het, byna verdubbel het sedert 2019. Die meeste van dié oortreders is mans.

Volgens Anneli Retief, hoof van Dialdirect, is hierdie behoefte aan spoed moontlik te wyte aan die feit dat daar minder motors op die pad was tydens die inperking, wat diegene agter die stuur vrye teuels gegee het om hul voet neer te sit.

“Motoriste is 80% meer geneig om in ʼn ongeluk betrokke te wees as die spoedgrens verontagsaam word,” sê sy.

Tydens die inperking is die alombekende gevare van die gebruik van ʼn selfoon terwyl jy bestuur klaarblyklik ook geïgnoreer.

Retief sê motoriste het twee keer meer gereeld hul toestelle gebruik terwyl hul bestuur as voor die inperking. Dit kan moontlik toegeskryf word aan die toename in aanlyn vergaderings gedurende hierdie tyd.

Motoriste onder die ouderdom van 30 jaar is ook ongeveer twee keer meer geneig om hul fone te gebruik as diegene ouer as 30 jaar.

“Ongeag motoriste se ouderdom, dui die data daarop dat diegene wat hul fone gebruik en bestuur se kanse om in ʼn ongeluk betrokke te wees, dubbel soveel is as die motoriste wat nie hul fone gebruik nie.”

Ingevolge die verslag het die streng aandklokreël ook geen impak op motoriste se geneigdheid om in die aand te bestuur, gehad nie.

“Hierdie tendens is kommerwekkend omdat die kanse vir ʼn noodlottige ongeluk met 60% in die aand verhoog,” sê Retief.

Dit lyk egter nou asof al hoe minder mense op die pad gaan wees weens die voortslepende uitwerking van die pandemie en die vermoë om van ʼn afstand te werk en leer.

“Desnieteenstaande is dit belangrik dat motoriste bewus is van die gevare wat hul bestuursgewoontes vir hulself en diegene om hulle inhou, veral omdat die Suid-Afrikaanse paaie van die gevaarlikste ter wêreld is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Johanna ·

Kyk hulle ooit na ongelukke wat veroorsaak word wanneer sper-strepe verontagsaam word. Daar is geen respek vir sperstrepe nie en dit bly n grpoot gevaar vir kop aan kop ongelukke.

Tiptol ·

Party mense bestuur presies soos die regering die land bestuur.

WILLEM ·

Verskeie misbruike van padreels word gereeld gesien.
1) Rooiligte by Robots word geignoreer
2) Stoptekens word geignoreer
3) Volgafstande word nie gehou nie.
4) Spoed beperkings word geignoreer.
5) Bestuurders se ingesteldheid word betreur.
HOEKOM:
1) Geen sigbare verkeers/Munisipale polisie is sigbaar nie.
2) Publieke hulp bestaan nie – dis gevaarlik – moord is te maklik deesdae.
3) Geen wetstoepassing word gedoen nie.

Leatitia ·

Presies net so. Wette beteken niks as daar nie iemand is wat dit toepas nie

Dahlia ·

Kan nie onthou wanneer laas ek verkeerspolisie op die paaie gesien het nie.

Johan ·

Waar is die wets toepassers?In my dorp verontagsaam selfs die wetstoepassers alle padreëls,en ingoneer ook die ander motoriste wat nie die padveiligheids reëls nakom nie.Ons was n maand terug op n toer van 9000km en het net oppad terug huistoe in die Vrystaat verkeers beamptes teëgekom.
Wanneer jy as wetsgehoorsame landsburger met die wetstoepassers wat self die reëls oortree praat oor hul aksies dan is die antwoord wat jy toegesnou word “we are the law”!?
Toegegee,dit is nie almal wat wette oortree nie maar die wat dit wel doen stel die voorbeeld,en dit is reeds hulle wat raakgesien word.

Chris dupreez ·

Jy sal die wetstoepassers in die koelte onder die bome kry n uiltjie knip , of naby die Kentucky.

Nie Verbaas ·

Korrek, as jy nie uit jou pad uit gaan om by n Kentucky en omliggende bome verby te ry nie kan jy hulle met gemak misry.

Chris dupreez ·

Ons bestuur nie slegter nie , dit is sekere motoriste wat nie omgee vir wet en orde, en sekeres wat hulle lisensies op bedrieglike wyse bekom het , wat nie omgee vir ander, wat die oorsaak van al hierdie goed is.

Anoniem ·

Die grootste probleem is bakkies met snorkels en so veel as moontlik tupperware

KB ·

Miskien op die platteland…
Jy vergeet van die vragmotors, busse en mini-midibus taxis!

Brett ·

Koos jy ry waarskynlik ‘n GWM….. Jaloesie is ‘n bitter pil hoor…… Jy kry after market parte vir hulle ook…..

Papsak ·

Ek stem ons bestuur nie swakker nie kyk liewers hoeveel drywers op ons paaie het hulle lisensies gekoop en bestuur dan so kyk daarna en ja lisensies wat elke jaar hoer op gesit word en sper strepe wat verontag saam word kyk daarna asb en baie ongelukke sal nie plaas vind nie

KB ·

Die tragedie begin HEELBO (lei deur die voorbeeld)
Minister Mbalula saam met Cele het nie ‘n benul van orde nie, watwo nog bestuur daarvan.

Dup ·

Wat sê Dialdirect oor die gebrek aan sigbare verkeersbeheer……..?

Nie Verbaas ·

Suid Afrikaners bestuur nie slegter nie. Dit is n sekere groep motoriste wat in besit is van ongeldige lisensies, deurgesit is as hulle gedruip het of doodeenvoudig die onvermoë besit om hulle IK te gebruik. Dan is daar nog die arrogantes ook wat glo dat dit hulle reg is om soos idiote te bestuur. Hulle dink nie verder as wat hulle neuse lank is nie. Verder is daar die groep met die swart Mercedes of Porche Cayenne wat glo dit is deel van status om permanent op n selfoon te sit wanneer hulle bestuur.

KB ·

Die gebrek aan spoed en krag met die verbysteek van verkeer eerder.

AW ·

Daardie Cell Foon,

Het juis van oggend, my motor se toetter gedruk vir die voertuig voor my, waar die bestuurder duidelik besig was met haar cell Foon.

En die Middke Vinger is vir my gewys..

Daarnet weer besef, van hoe twee gesig die mens in SA, is!!

DieKriek ·

Suid Afrikaners? Sê liewers mense in Suid Afrika want ek is oortuig daar is meer onwettige immigrante as gebore Suid Afrikaners. Die persoon wat die bestuursafleidings gemaak het, het duidelik ook geen benul wat op die paaie aangaan nie.

Sarel ·

Mabalula….Lisensies word vrylik verkoop en wettige
Bedtuurders betasl daarvoor

Owlie ·

Werklik moet die in perking die skuld huervoor kry? Mense bestuur al slegter omdat al hoe meer mense sonder lisensies rond ry, omdat die wat ongelukke veroorsaak en ander se lewens verwoes steeds agter n stuurwiel I klim, omdat paaie lyk sos vark krale, omdat waar daar wel teerpasie is fate met laslappie aksies reg gemaak word en tree ondigbaar is, robots werk net sekere tye en met die liewe loadshedding is selfs hoof robot te af en saam met dit alles het ons nie meer verkeerspolisie wat die voorbeeld stel of op hul poste sigbaar is nie Dis nie nodig vir geld mors op her uitpasering of punte stelsels nie, dis nodig om personeel te hê wat werklik die kennis het om wetgewing te bevorder, personnel aan te stel, op te lei en die werk te kan doen en daarmee saam werklike foute raak te sien en daaraan te werk nie n oorsaak vir n men’s gemaakte probleem te vind nie

Pietertjie ·

Dit gebeur omdat oortreders wegkom daarmee. Dis deel van die prys wat ons betaal vir regstellende aksie. Gaan kyk maar wat gebeur in plekke soos Australië met wetsoortreders. In plekke soos Swede is dit vir die landsburgers ‘n persoonlike vernedering om oneerlik te wees. Dís hoekom hulle is waar hulle is, en óns sit waar ons sit…

Andries ·

Ras tel by indiensneming – mag mens nou wonder oor die ras van oortreders?

Pieter9 ·

Niksseggend, behalwe dat daar meer ongelukke ens is; segmenteer en sodoende kan ons bepaal WIE die oortreders is. ‘n Veralgemening dien geen basis vir bepaling van waar en wat die eintlike probleem is. MAAR die ANC regering sal dit nie toelaat nie.

Brett ·

You get the service you accept…. Se die Engels man. Omkoop van verkeer beamptes moet trafbaar hanteer word. Vwerkeers wet oortree der moet vervolg en gestraf word.
Enige bestuurder wat ‘n rooi lig of stop teken minag moet aangekla word vir poging tot moord. Hy gebruik ‘n gevaarlike wapen/woorwerp om wetenlik om mense se lewens in gevaar te stel. Kop aan kop botsings moet oor die selfde kam geskeur word.
Verkeers beamptes, 99% is medepligtiges. Vicarious liability is where someone is held responsible for the actions or omissions of another.
Ek salueer die een persent wat nog jul werk met trots doen julle maak ‘n verskil soos die broers wat die N1 Kroonstad tot Bloemfontein patrolleer julle is puik.
Hul laat wetenlik bestuurders toe om te oortree. Hulle doen dan niks of aanvaar omkoop geld. So hul moet aan gekla word…… Punt en klaar. In Secunda staan hulle en KFC eet 7 blink motors onder ‘n boom terwyl een n kamera beman met sy hoender vet gesmeerde gesiggie.

George ·

Entitlement mentaliteit op alle vlakke van samelewing. En orals hou dit negatiewe gevolge vir ALMAL in. Skuldig en onskuldig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.