SA’ners betaal vanjaar duurder vir brood, begrafnisse – Satistieke SA

Argieffoto (Foto: congerdesign)

Die verbruikerskoersindeks het Woensdag op 3,2% gestaan, ʼn hele persentasiepunt hoër as in Junie. Dít volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA). Dié toename kan glo toegeskryf word aan ʼn toename in die petrolprys, brood en begrafnisdienste.

“Die prys van 95-oktaanpetrol het van R13,40 per liter in Junie tot R15,12 per liter in Julie toegeneem. Die prys vir ʼn liter diesel het van R13,13 tot R14,62 toegeneem,” het SSA gesê. Brandstofpryse is egter steeds veel laer (6,2%) as in Julie verlede jaar.

Afgesien van ʼn toename in petrolpryse die afgelope twee maande het die koste van begrafnisse ook beduidend toegeneem. Volgens SSA is dit omdat begrafnisondernemers aan baie meer gesondheidsmaatreëls as gewoonlik tydens die Covid-19-pandemie moet voldoen. Dit kos Suid-Afrikaners nou 8,7% meer om ʼn geliefde te begrawe as in Julie verlede jaar. Pryse vir grafstene het sedert April met gemiddeld 3% gestyg.

Brood is nou ook duurder. Volgens SSA het die koste van wit en bruin brood tussen Junie en Julie met onderskeidelik 2% en 2,3% toegeneem.

“Munisipale tariewe soos elektrisiteit, water en eiendomsbelasting het egter vanjaar stadiger toegeneem as in 2019, wat verbruikers weer ʼn effense blaaskans gebied het,” het SSA Woensdag gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anel ·

Nou wonder ek wasr betaal die mense minder vir munisipale dienste? By ons het die op gegaan en party mense het buitensporige rekeninge gekry. So ek weet nue wie stel julle statistieke saam nie maar ek vertrou dit nie.

Jaco ·

Die een so dood is die ander een se brood… Maar in die geval word beide mense net uitgebuit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.