SA’ners dalk geraak deur ineenstortings in Nigerië

Foto: @jidesalu op Twitter.

Foto: @jidesalu op Twitter.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking was teen laat Maandagaand nog onseker of enige Suid-Afrikaners geraak word deur die ineenstorting van geboue in Lagos, Nigerië wat tot die dood van meer as 40 mense gelei het.

“Ons weet van minstens vyf Suid-Afrikaanse kerktoergroepe wat by die sinagoge was tydens die ineenstorting,” het Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement, gesê. “Dit is egter onduidelik hoeveel Suid-Afrikaners hierdeur geraak word.”

Die Associated Press het berig dat minstens 46 mense dood is nadat ʼn winkelsentrum en gastehuis by die Synagogue Church of All Nations ineengestort het.

Kgwete sê die departement is in kontak met toerorganiseerders en Suid-Afrikaanse beamptes in Lagos om te probeer vasstel of enige Suid-Afrikaners deur die voorval geraak is.

Die departement het ʼn 24 uur noodlyn beskikbaar gemaak vir die publiek om vas te stel of hul familielede geraak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.