SA’ners ‘dodelik gekant’ teen grondonteiening, sê IRR

Sihle Ngobese, hoof van strategiese bedrywighede by die IRR (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

Die Instituut vir Rassebetrekkinge (IRR) het Woensdag bokse by die Uniegebou in Pretoria afgelewer met die name van ongeveer 160 000 Suid-Afrikaners wat gekant is teen onteiening sonder vergoeding.

“Vandag is ʼn baie spesiale dag. Ons het Suid-Afrikaners, gewone mense oor die land heen, sedert Mei verlede jaar gevra om ons petisie te onderteken. Dié petisie is baie eenvoudig: sê vir [president] Cyril [Ramaphosa] wat jy van onteiening sonder vergoeding dink. In die meerderheid van gevalle is mense dodelik gekant teen onteiening sonder vergoeding,” het Sihle Ngobese, hoof van strategiese bedrywighede by die IRR, aan verslaggewers gesê.

“Hoekom? Want mense verstaan wat dit beteken. Dit beteken in effek dat ons die mag aan politici gee om eiendom te konfiskeer, om goedere van ons te konfiskeer. Wanneer ons oor eiendom praat, beteken dit nie net grond nie. Onteiening sonder vergoeding en ander beleidsvoorstelle sal aan politici die mag gee om eiendom van gewone, hardwerkende mense soos ek en jy te konfiskeer – boonop sonder enige vergoeding.”

Ngobese het gesê die 160 000 handtekeninge verteenwoordig gewone Suid-Afrikaners uit alle lewensfere. “Ons is gekant teen onteiening sonder vergoeding en ons bring die mense se stemme na die Uniegebou.”

Die IRR is van mening die parlement se landswye openbare konsultasiegesprekke oor die onderwerp was ʼn klug. “Verskeie belangegroepe, nie noodwendig gewone mense nie, hoofsaaklik politieke partye, het dié verrigtinge gedomineer. Geskrewe voorleggings is versoek en die meerderheid was gekant teen onteiening sonder vergoeding. Tog is dit nie wat mens van politici hoor nie. Hoekom? Want hulle het ʼn vooropgestelde idee gehad van dit wat hulle vir ons, die publiek, wou sê.”

Die IRR het gewaarsku dat verswakte eiendomsreg in Suid-Afrika deur onteiening sonder vergoeding ʼn beduidende nadelige impak sal hê op die land se ekonomiese vooruitsig en belangrike en noodsaaklike pogings om grondeienaarskap in stedelike en landelike gebiede ondermyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Christiaan ·

Ek gaan nie stem nie, maar ek gaan verseker my gewig ingooi by instellings wat werklik ñ verskik maak in ons toekoms. Hoekom, want hier doen ons dit self. Geen leë beloftes nie. Dankie IRR! Ek sal sommer almal vra om by julle aan te sluit. Veg die geveg van alle kante. Ondersteun hulle ook asb. SMS jou naam na hulle SMS nommer by 32823. Die grond geveg begin nou eers.

Jaosn ·

Dis hartseer dat jy nie stem nie.
Elke stem wat ons verloor beteken die kommunistiese partye soos EFF en BLF en ANC kry dan ‘n voorsprong

Dries du Toit ·

Christiaan ons benodig ook n stem in die parlement wat die IRR kan help. Stem vir jou eie mense. VF+

Gerard ·

Christiaan,
My gewig ingooi – ha-ha-ha. As jy regtig jou gewig wil ingooi by instellings wat werklik n verskil gaan maak in ons toekoms, dan moet jy stem! – elke stem is een minder vir die regerende party (al stem jy vir enige klein party). Onthou net dat as jy nie stem nie, dan het jy basies geen se in jou eie land nie. Gaan “google’ gerus USAF en registreer. Word asseblief wakker en sien wat om jou aangaan

aj ·

Christiaan

Jy hoef nie te kies tussen STEM of AKTIVISME nie.

Doen beide!

Maklik!

Jy kan nie ‘n passifis EN ‘n aktivis tegelyk wees nie.

Koud EN warm?

huh…uh

Eben ·

Hier is ‘n opsie om die “grond geveg” na ‘n ander vlak te neem: selfbeskikking. As jy jou eie land vir jouself, jou familie, en jou mense wil hê kan jy gerus Front Nasionaal stem. Die VF+ sit al vir 25 jaar in die parlement en kon nog nie ‘n enkele stukkie diskriminerende wetgewing stop *of* verwyder nie. Ons getalle is te min so ons het geen sê in die parlement nie. Maar ons getalle is oorgenoeg vir selfbeskikking. Jou mense het jou stem nodig. Na 8 Mei is die politieke opsie daarmee heen. Dink asseblief mooi oor die alternatief.

Heksie ·

Christiaan, elke stem help!!!
Ek hoop regtig dat jy jou besluit sal heroorweeg en gaan stem vir ons mense!

Penellope Jones ·

Probleem is net, as mens nie stem nie, kan mens ook nie te veel se na die tyd nie.

GP ·

Enigste se wat jy het is by die stembus nie op enige petisie nie. Jy versterk net die oposisie en help ons niks.

Andreas ·

Arme Cyril moes iets nader hark om aan sy volgelinge te verkoop, al het hulle self gewonder wat hulle na die tyd daarmee moet maak, ‘n wortel vir ‘n donkie? En hulle het nie eens ‘n donkie nie. Maar vir Cyril het dit net gegaan om ‘n uur of twee aanmekaar by byeenkomste te praat. Gaats, hy kan mos nou nie daar niks staan en sê nie.

Ja Nee ·

Wie gaan luister na 160 000 mense wat teen grond onteining is as daar miljoene mense pro onteining is.

Staan saam ·

Die 160 000 is 160 000 meer as 0. Dis n begin. Hoe meer druk en lig ons op die situasie plaas hoe beter sal ons kanse word. In plaas van sit en negatief wees, teken eerder die dokument. Ek is bly ek het!

WDF ·

“@JA Nee”
Uhhmmmm 160 000 mense, minus een persoon (Jy) veg vir grond. Word betrokke en Google assb USAF en registreer en word deel van jou nasie se voortbestaan assb. Tensy jy alklaar jou rug op jou volk gedraai het natuurlik?

Skerpioen ·

Ek wonder nou net Ja nee… het jy darem aan die petisie deelgeneem. Ek het! Gewoontlik is dit mense wat nie deelneem nie wat eerste klae. Christiaan wat nie wil stem nie, sal sekerlik ook kla oor hoe dit gaan na die verkiesing. Ons stemme gaan meer word as elke draadsitter ophou met klae en hulle basse lig en stem en aan petisies deelneem.

Eben ·

Ek het maar my petisie ingestuur aan die begin toe ons kon maar ek stem saam met jou. Ons word eenvoudig geignoreer en maar net verdra. Nou moet miljoene mense wat geen eiendom besit nie stem oor eindom wat aan ander besit. Natuurlik gaan die massas stem om ander se eiendom te ontein. Dit is waarom ons selfbeskikking nodig het. Die alternatief is absolute chaos in hierdie land wat ons eerder moet probeer vryspring.

Oujongvrou ·

Gaan al daai bokse na herwinning vir toilet papier stuur. Om hulle agterente aan af te vee

B-man ·

Dan sal dit darem een goeie doel dien. Ek dink nie eers hulle weet van herwinning nie…ons kan maar net hoop, dalk word van die petisies dan gelees – so op die troon.

Sê maar net ·

Uiteindelik iemand wat sien of ‘n organisasie wat sien waaroor dit eintlik gaan. Die gronddonteiening van blanke boere na swart hande is ‘n foefie, rookskerm om die meerderheid swart mense se stemme te kry. Daarna behoort alle grond aan die staat – net die top fat cats sal hierin baat soos in alle kommunistiese lande. Ook Zimbabwe.
Net jammer dat die diegene met verstand altyd in die minderheid is en die wat met hul opgesweepte emosies dink in die meerderheid is.

Awie Opperman ·

Die regering weet dit alreeds, dis hoekom hulle nie ‘n referendum uitroep nie. Hierdie regime tree nie in die beste belang van SA op nie, asof hulle probeer om die land te verwoes. Die vrae is net, wie word bevoordeel en hoe?

Andre Visagie ·

Dit is n logiese feit dat onteiening n reeds beskaafde volk sielkundig sal demoraliseer. Want dit beteken blatante diefstal op onskuldige landsburgers wat se libido en trots en waardigheid sal skend!!!

Cobus ·

Christian jy gaan stem want as jy nie stem nie stem jy vir die ANC

Andreas ·

Maroela, ek sien julle stoor eers my kommentaar in my ‘browser’ se geskiedenis voor julle dit plaas. So beterken dit nou as ek my geskiedenis uitvee voor julle die kommentaar by julle geplaas het, dat dit ook daar by julle verlore gaan?

Andreas ·

Na ek die kommentaar geplaas het wys dit op jul webwerf, maar as ek nou uit jul webwerf gaan en ek kom terug, dan is dit nog nie daar nie. Gaan ek na die inskrywing op my ‘growser’ se geskiedenis en ek klik daarop, dan sien ek my kommentaar geplaas. Gaan ek uit jy webwerf en kom terug, is dit nog nie daar nie, maar eers na bv ‘n halfuur of so.

Jaco ·

Ek kan net sowel vir ANC stem want al stem jy vir iemand anders help dit nie. Daai belaglike gedagte “as jy stem kan jy kla en as jy nie stem kan jy nie kla” wat het kla sedert 1994 gehelp? Die beste is om maar vir die ANC te stem want dan kan hulle die land vinniger opvoeter en dan hopelik kan daar n opstand kom om die land terug te kry in kundige hande. 160000 mense teken die petisie dus n grap wonder of hierdie IRR weet hoeveel mense in die land is, wonder of hulle weet hoeveel mense vir die EFF stem. Dodelik gekant ai siestog , weet julle hoeveel is dodelik vir kyk maar net na die optogte. Moet asb nie woorde gebruik as julle nie verstaan wat dit beteken.

Alwyn ·

Jaco,
Moet assb nie sulke snert kwytraak nie. Jy het duidelik geen benul waarvan jy praat nie. E k dink jy is die enigste persoon wat nie “Sulke woorde’ verstaan nie. Weet jy nie hoe die stem proses werk nie? Kyk assb na die volgende video “Stem as jy n verskil wil maak” op ‘youtube’ . Jy is seker ‘anti’-Steve Hofmeyer en Afrikaans ook – ek se maar net

Gemaskerde Sopbeen ·

Ai ou Jaco….shame man…..dink jy werklik ‘n “opstand” gaan die land “terug kry in kundige hande”? Hoe jou redenasie daaromtrent werk sal seker net jy weet……….want ek het nog nooit in die geskiedenis van Afrika ‘n Afrika land gesien wat deur opstand in kundige hande terug geval het nie!!!

GP ·

Jaco dit gaan nie oor die reg om te mag kla of nie. Dit gaan oor of jy bereid is om ons as volk te help of nie. Ons is ook nie net 10 blankes in SA nie en kan n verskil in enige party maak. Ek dink vir jou gaan dit eintlik oor gaan ek braai of in n tou staan en dan maar verskoning uitdink om eerder te braai. Dink aan ons kinders ook man.

George ·

Gerard / Alwyn,
Stem volkome saam. DIt maak net sin vir ons ouer gaarde wat nie wiellietjie wiskunde op skool gehad het nie.

Jaco ·

Alwyn, Stem as jy n verskil wil maak regtig, besef jy hoe baie ons al Verloor het sedert 1994, almal gaan als Verloor inelkgeval stem of nie.

ALwyn ·

Jaco,
Ja my maat ek besef hoeveel ons al verloor het, ek was ten minste daar om te veg vir ons land. Maar beteken dit dat ons nou moet totaal en al oorgee? As ons jare terug moed opgegee het sou ons al lankal n ander taal gepraat en was Afrikaans vergete. Ons moet sekerlik nog n bietjie veg oorhe in ons as Afrikaners?

GP ·

Jaco en Christiaan en al jul nie stem maatjies gaan braai en gaan sit op n ashoop erens. Die res van ons sal doen wat ons kan om dinge te verbeter so ver ons kan.

Siener van Melbourne ·

Politici het teveel mag. Hulle word ingestem om mense te verteenwoordig maar eien dan hulself onbeperkte mag toe. Ontkenning van privaat eienaarskap is die oop deur tot n land se finansieële vernietiging. En sodra hulle dit die eerste keer regkry is dit hulle toegang tot rampokkery. Vra maar vir Squirrel Rampokker, dis waarnatoe hy mik.

Skerpioen ·

Ek wonder nou net Ja nee… het jy darem aan die petisie deelgeneem. Ek het! Gewoontlik is dit mense wat nie deelneem nie wat eerste klae. Christiaan wat nie wil stem nie, sal sekerlik ook kla oor hoe dit gaan na die verkiesing. Ons stemme gaan meer word as elke draadsitter ophou met klae en hulle basse lig en stem en aan petisies deelneem.

Elna ·

@Jaco en Alwyn. Ons almal moet gaan stem ja. Ons almal wil n beter toekoms he in die land ja. Ons het almal baie verloor sedert 1994 ja. Niemand neem in ag dat daar elke jaar met die verkiesing alreeds stem bokse vol ANC stemme reg staan om omgeruil te word met die regte stem bokse nie dis hoe die ANC nog elke verkiesing wen! Al vir 25 jaar lank nou.Dit sal NOOIT n regverdige verkiesing wees in Suid Afrika nie dis waarom soveel mense nie wil gaan stem nie want dit gaan geen verskil maak nie. Ons almal is geregtig op ons eie opinies. Ons sal maar die reg in eie hande moet neem en saam staan en opstandig raak teenoor al die onheil in hierdie land om iewers te kom in hierdie land.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Maak maar eers “copies” voor julle dit aflaai….daai bokse papiere word verkoop vir recycling voor die middag om is….
.
.

Heksie ·

ek waardeer wat hy en die IRR probeer doen, maar 160,000 stemme is bietjie aan die min kant. 16,000,000 sou dalk beter gewees het!

Melt Olckers ·

Die oplossing is eenvoudig en kan in een woord beskryf word: Bemagtiging. Bemagtig mense om te kan boer deur middel van opleiding. Indien daar wel gevalle is waar grond onregmatig afgeneem is, gee die persoon ‘n keuse van grond of geld, maar slegs grond indien hy kan boer. In stedelike gebiede, indien moontlik, herstel grondregte of vergoed deur geld te gee of grond van gelyke waarde waar dit vir hom die gemaklikste sal wees om te woon. Grondbeleid moet glad nie Voedselsekuriteit oorskadu nie.

Eerner ·

Net soos dit niks gehelp het toe VF die BLF hot toe gevat het nie gaan hierdie ook niks help nie en jy bluf jouself deur te dink jou stem gaan help die verkiessing is maar net n manier om die paddas in die pot gelukkig te hou terwyl hulle net maak wat hulle wil ons sal na ander alternatiewe moet kyk as ons wil oorleef daarin stem ek ook nie ek laat my nie aan die slaap Sus nie

Willie ·

Interesante wêreld: Indie u graag wil weet wat aangaan, lees bietjie wat oom Langenhoven 100 jaar terug geskryf/gesê het oor die staking/betogings/grondgryp ens, dan sal u agterkom die hele spul het niks te doen met politiek nie, dit is net doodgewone logika. Die politiek gebruik die nou vir persoonlike gewin. U sal dan ook ‘sien’ dit maak nie ‘n vaalkol saak vir watter party u stem nie, die selfde ding gaan gebeur na die verkiesing. As u belangstel is dit in volume 10 van die versameldewerk (van Langenhoven) onder die opskrif “Belangstelling”

Minora ·

160 000 uit 50 miljoen is gekant. Nou dit gaan n verskil maak.

Attie. ·

Dit moet mode word om te stem. As iemand nie stem nie moet hy/sy so uit voel dat hulle skoon skaam kry. As jy teen die Afrikaner is stem dan DA. EK sal my een stem duidelik vir VF+ gee want as die laaste blanke uit die parlement padgee dan wag daar ‘n kwade dag vir ons ou volkie. Al verkies ons om ons besighede Engelse name te gee en praat ons jeug deesdae Afriels. Ons moet wakker word…dis al.

Boerin ·

Hulle moet maar kom probeer om my grond te vat, ek gaan dit nie maklik maak nie hoor !
Dis belangrik om te gaan stem en verseker gaan my stem hierdie jaar om die VF+ sterker temaak…al is daar net een wit gesig in die parlement ! Hulle moet altyd bewus wees van ons.Die draadsitters kan maar die nutteloosheid van stem versprei,maar dit is seker een vd belangrikste goed wat jy kan doen. Stem dan vir jou kinders se onthalwe,of kleinkinders maar asb moet nie gaan sit en suip en braai nie!

Nita ·

VF+ kry my stem. Indien ons almal vir hulle stem, kry hulle nog n setel in die parlement.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.