SA’ners gaan verder les opsê by vulstasies

(Grafiek: pixabay)

Nog ʼn reusebrandstofverhoging tree Woensdag in werking.

Die styging word boonop vererger deur ʼn verhoging in die balansfondsheffing (“slate levy”) wat ook op 1 Desember in werking tree.

Die departement van minerale hulpbronne en energie het Maandag gesê die petrolprys sal Woensdag met 81c per liter styg, terwyl diesel tussen 72,5c per liter en 74,5c per liter duurder sal wees.

In Gauteng en ander provinsies in die binneland sal die prys van petrol nou vir die eerste keer die R20 per liter-kerf verbysteek. Die prys van petrol het reeds in November beduidend gestyg tot om en by R19,50 en die jongste verhoging kom kort voor die Desember-vakansie – slegte nuus vir Suid-Afrikaners wat die pad met vakansie wou vat.

Die prys van paraffien sal met 42,2c per liter styg, terwyl die kleinhandelsprys vir gas vanaf 1 Desember met R1,83 per kg verhoog word.

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, sê ʼn verhoging van 26,30c per liter (van die vorige 15,36c per liter tot 41,66c per liter) sal ook Woensdag in die prysstruktuur van petrol en diesel in werking gestel word.

Die gekombineerde balansfondsheffings van petrol en diesel het aan die einde van Oktober ʼn negatiewe balans van R4,6 miljard beloop. Dié heffing word gebruik om die bedryf vir onderverhalings te vergoed.

Daar is vandeesmaand ook ʼn aanpassing in die jaarlikse verhoging in die gereguleerde winsmarge vir raffinaderye en groothandelaars. Dit is met 17,84c per liter op petrol en 8,20c per liter op diesel sowel as paraffien verhoog.

Mantashe sê egter die jongste brandstofprysstyging word grootliks toegeskryf aan die skerp daling van die rand teenoor die dollar. Die rand het vroeër vandeesmaand op R14,72 teenoor die Amerikaanse geldeenheid verhandel, terwyl die wisselkoers nou op R15,85 teenoor die dollar staan.

Die gemiddelde prys van ruolie het ook van $82,50 per vat tot $83 gestyg.

“Die sleutelaandrywer van die hoër olieprys is die hoër wêreldwye vraag te midde van ʼn swakker aanbod van olieprodusente,” sê hy.

“Daar is ʼn groter vraag na olieprodukte as wat die mark kan voorsien.”

Die VSA en ander groot olieverbruikers werk saam om pryse in bedwang te hou deur olie uit hul strategiese voorraad vry te stel, hoewel olieproduserende lande weier om produksie in reaksie op die hoër aanvraag te verhoog.

Mantashe sê brandstofpryse skiet wêreldwyd die hoogte in.

“Verskeie lande het reeds rekordhoë brandstofpryse die afgelope tyd gesien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Kokerboom ·

Net as ministers en politici wat so op belastingbetaler parisiteer en geen bekommernis het OOK die las voel!

Papsak ·

Stop julle heffings op petrol en hou op ons petrol uit voer ander lande toe ons nie nodig on so duur te betaal nie en stop die staats amptenare sepetrol toelae kyk na die taxis hulle betaal geen belasting nie hoekom moet ons dan so duur betaal skrik wakker

Pieter ·

Ek is bly jy sien dit nou as ‘ n grap. Jy skud seker soos jy lag.

Jack ·

Dis lankal nie meer ‘n grap nie, dis ‘n tragedie. Waar is die dae toe petrol 11c/liter gekos het en my maandelikse petrol begroting ‘n volle R3.00 per maand beloop het.

Micheal ·

Iets wat vir my baie interessant is, is dat die Taxi bedryf glad nie staak oor enige van hierdie petrol verhogings nie! Dit is iets wat direk n invloed op die taxi bedryf behoort te he, Ek wonder maar net ????

Tiptol ·

Dit pla hulle glad nie. Die kliënte betaal net meer. Hulle weet die werkers het nie ‘n ander opsie om by die werk te kom nie

SlinkseKoljander ·

Het jy al ooit `n taxi sien petrol ingooi by n gewone stasie?

Kokerboom ·

Natuurlik sal die kader genot put om dit te kwyt te raak. Hy voel dit NIE aan sy bas. Deregulering van brandstofpryse..o-nee lekker melkkoei vir staat wat tans 38c van elke rand spandeer op brandstof inpalm en mors. Die middelman melkkoei is ernstig besig om op te droog!

Miskien ·

Belaglik. Pryse styg maar salarisse bly dieselfde vir jare aaneen.

Dries ·

Daar is duisende mense se Desember vakansie nou goed opged…. Net ryk mense kan nog Desember vakansies hou

Pieter ·

Moenie kla nie. Dink aan wat ons gaan spaar as ons weer ingeperk word in Desember. Julle anti-vaxers juig seker en tel julle savings.

Piet parys ·

En slap g soos jy het geen benul waarmee jy vrywillig ingeent is nie . Jy s nou die slaaf van die staat en het geen regte nie so vat .maar jou opvolg inspuitings vir die res van jou lewe.

Eden ·

Ek moes nou die dag van Bloem na Pretoria reis. Die brandstof het R1000 gekos vir ongeveer 480km. As jy see toe reis die vakansie gebruik maar jou bonus vir brandstof.

Jr ·

This I tell you now is nothing more than a so called “legal” way to fund all the Sassa grants. and fund their workers at Lefooli house ‘s wages. This govt are nothing more than criminals

Hardekwas ·

Hoe dan nou anders met ons piesang republiek geld. Selfs monopoly geld sal eersdaags meer werd wees.

Barend ·

Beskuldig maar vir Biden ook wat ‘n klomp van hul eie infrastruktuur ook gestop het.

Vrijburger ·

Jip, die Amerikaners is ook boos oor die styging in brandstofpryse.
The Green New Deal regerings gaan nog vir erge pryspyne moet pa-staan. (Oa Europa gaan bars hierdie winter.)

Delia ·

Ek het n vraag. Hoekom staak die taxi bedryf en geen unies oor die brandstofprys.
Ek sien ook weinig Dat taxis volmaak waar motoriste volmaak.
Wat kry hulle as aansporing om nie te staak.

Misky ·

My man het nou die dag dieselfde opgemerk en ek maak nou punt daarvan om te kyk of ek enige taxis by vulstasies sien. En ek doen nie, nie een nie!!!! Iets erens aan die gang en hulle is te stil oor al die stygings.

Debbie ·

Wat die hel wil hulle met ons mense doen. Ons is al feitlik op ons kniee, kan net net n bestaan maak. Almal gaan swaar trek

H.A. ·

Daar is darem nog een goeie oplossing- terug na perde en donkie karre.

Anoniem ·

Jy sal eers ‘n permit moet kry dat jou perd in die pad mag sky….

Pierre ·

duidelik soos Michael hieronder meld dat die taxi eienaars niks doen nie. Die klomp wat altyd groot bohaai opgeskop het met enige geringe verhoging. Laat mens wonder…

Prontuit ·

ek weet eerlik waar nie hoe ‘n mens moet bybly nie! dis verskriklik die armes word net armer – ek kry die minderbevoorregtes eerlik uit my hart uit jammer mens kan net nie wen nie

Yolandie ·

Ek het geweet dit is net ‘n kwessie van tyd voordat die belasting betaler of gewone wets getroude mense, gaan moet opdok vir die Julie onluste, wel hier is hy nou!!

annie ·

Alle putte is nou leeg geskep. Al wat oorbly is diegene wat moet ry om te kan bly leef. Highjacking ten beste: Pay to go. En ons kla oor e-tol.

Perdeby ·

Kom koop by ons Eleksa vir julle n elektriese klein motor om werk toe en huis toe te pendel, en kinders by die skool af te laai. Jy kan sommer die CityBug by jou huis laai in die aand.

Dirk Mostert ·

Die olie-en gassoektog word gedurig gedwarsboom deur groen aktiviste. Duur energie is ons voorland.

Swerwer ·

Ja nee, iewer moet geld gevind word om hierdie bankrot sukkelende Regering weer ‘n hup stoot te gee vir hul laaste skof.

Nico ·

Die korrupte ANC regering het weer geld nodig, daar is hopeloos te veel heffings. Die korrupte ANC se president, sy ministers en ajunk ministers betaal nie ver petrol nie, die verbruiker moet vir die brandstof betaal. Weens onoordeelkundigheid gaan die landse ekonomie af in die rioolpype

Frans ·

Meer as 50% van petrol prys bestaan uit belastings.In November 2011 was die olieptys R103 per vat maar die Rand was R8 teenoor die dollar.Teen die wisselkoers sou ons vandag R16 per liter betaal het.
Ons boer agteruit sedert die ANC aanbewind gekom het.

david ·

Daar gaan ‘n dag kom dat Jan Alleman net nie meer kan gaan werk nie. Daar is behalwe vir Taxis geen openbare vervoer meer nie. Die Spoorwee is verwoes…die Busbestuurders staak gedurig….die Boere moet die trekkers op ‘n manier aan die gang hou….Mielies gaan nie meer geplant word nie..dus geen pap meer nie, koring moet ook geplant word en dit gaan diesel neem….dis maar net ‘n paar voedselsoorte…maar dan soos ‘n sekere ANC voulike minister beeer het..”ons is nie bekommerd nie. ons kopp alles wat ons wil he by Checkers….
Siener van Rensburg het mos gese” ek sien die karre staan teen die bulte–daar is nie meer Petrol nie.!”
Wil die ANC dalkies op hierdie manier hulle groot rewolusie ontketen ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.