Die Demokratiese Alliansie het gesê die sperdatum vir Suid-Afrikaners om te reageer op Eskom se voorgestelde tariefverhogings vir 2019/2022, sluit reeds Maandagaand om 23:59.
Ghaleb Cachalia, DA-LP en skaduminister van openbare ondernemings, het gesê die party maan Suid-Afrikaners om hul reg uit te oefen om hul besware teen die tariefverhogings baie dringend in te dien by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa).
“Eskom daag tans die verhogings wat vroeër deur Nersa goedgekeur is vir die periode 2019 tot 2022. Eskom wil hê verbruikers moet aanvanklik 10%-12% meer betaal vir elektrisiteit, en daarna sal die kragvoorsiener in staat wees om nog vier aansoeke in te dien, wat beteken dat elektrisiteittariewe oor die volgende paar jaar met tot 50% kan styg.”
Nersa het die publiek versoek om kommentaar te lewer en sal dan Eskom se aansoek oorweeg. “Massa- publieke deelname is dus noodsaaklik om Nersa se besluit te beïnvloed. Die publiek het slegs tot 20 Januarie 2020 kans om te reageer,” het Cachalia gesê.
Eskom het in sy hofaansoek aangevoer die tariefverhoging wat Nersa goedgekeur het, is nie voldoende nie en kan tot “katastrofiese gevolge” lei – nie net vir die kragvoorsiener nie, maar ook vir die land.
Cachalia het bygevoeg die DA het lankal aangedui dat die regering nie verder Eskom en ander staatsinstansies kan finansier nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
40 Kommentare
Wil meer geld he en minder diens neee neee neee
Dit is nie dat ons die verhoging nie wíl hê nie ons kan dit nie bekostig nie .
Elke jaar staan ons verhogings tee met protes;stemme daarteen en gedetailde uiteensettings van Eskom se vermorsing ens ens…en elke jaar keur Nersa die verhogings goed.Ons mors ons tyd.
NEE NEE NEE – fire al die rugryers en stel mense met ondervinding aan
Kannie die rede insien dat die publiek moet opdok vir hul onbevoegdheid nie. Betaal nog duurder en word beloon met kragonderbrekings. Dit maak nie sin, n bose kringloop.