SA’ners gewaarsku oor malaria tydens Paasnaweek

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het Dinsdag gewaarsku dat malariagevalle na verwagting sal toeneem, as gevolg van reis tydens Paasnaweek.

Reën oor groot dele van suidelike Afrika verhoog die bedreiging. Poele stilstaande water is die perfekte teelaarde vir muskiete wat die dodelike siekte versprei.

Sinenhlanhla Jimoh, woordvoerder vir die instituut, het gesê malaria duur voort in Suid-Afrika en buurlande. “Reisigers en inwoners wat malariagebiede in Suid-Afrika besoek, insluitend die noordoostelike dele van Limpopo (Mopani en Vhembe) en westelike dele van die Waterberg-distrik (Thabazimbi en Lephalale) bly ʼn groot risiko,” het Jimoh gewaarsku.

Ander dele wat ook ʼn hoë malariarisiko het, is die Laeveld van Mpumalanga insluitend die Krugerwildtuin en omgewing, en noordelike KwaZulu-Natal/Mosambiek-grens.

Reisigers word gemaan om voorsorgmaatreëls te tref om nie deur muskiete gebyt te word nie soos insekweerder, om kaal liggaamsdele met klere te bedek ná donker indien buite, om van insekskerms op deure en vensters gebruik te maak en om waaiers en lugversorgers te gebruik.

Reisigers word ook gemaan om hul dokters, klinieke of apteke te besoek om anti-malaria-medikasie te bekom. “Alhoewel hierdie medisyne malaria kan voorkom, is dit nie 100% doeltreffend nie,” het Jimoh bygevoeg. “Alle reisigers word aangeraai om op te let na simptome soos koors, hoofpyn, naarheid, lyfseer en algemene ongesteldheid en om dadelik ʼn dokter te spreek indien jy vermoed dat jy malaria opgedoen het, selfs al het jy bogenoemde voorsorgmaatreëls toegepas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Duitser ·

Wie vrees nou malaria ons bly in suid afrika waar n moord elke 3 ure plaasvind 1 boer n dag word aangeval ,waar jy nie eers seker van jou lewe is in die veiligheid van jou huis nie , en deur dit alles het ons ook nie polisie nie .Nou wat is die gevaar met malaria?

Troepie ·

Jy is reg Duitser maar ons het darem nog ‘n maljoor in die weermag wat oorlog veroorsaak. Dis seker al 30 jaar gelede wat ek laas gesien het dat ‘n munisipaliteit staande water soos vleilande bespuit teen muskiete. Daardie jare het munisipale amptenare gewone karretjies gery en was die geld beskikbaar hiervoor. Nou se dae . . . ja, julle weet die toedrag van sake . . .

Muggie ·

Janee wragtie ek stem Duitser . die verskil is net mens kan ten minste die muskiete afweer met Doom en Tabard, aan die plaasaanvallers kan jy niks doen nie want tot die polisie staan handjies gevou ..

SjN ·

Dit is n breukdeel van n persentasie, ongewenste elemente is die grootste oorsaak.

Buitestanded ·

Malaria voorkoming laat medisie net sukkel om siekte op te spoor.
Om cqunne soos i n tonic water te drink is beter. Dit maak jou bloed bitter en muskiette steek jou nie.

Oom Kalahari ·

Malaria is gevaarlik en ook in watter fase dit is, maar word deur ongewenste vreemdelinge die land ingebring.

Hanna ·

Ek wonder nou sommer wat het van die Pa en dogter geword wat so n paar maande gelede malaria opgedoen het? Hoop dit gaan beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.